Kerneels Breytenbach

Gebore in Johannesburg, word groot in Alberton en matrikuleer aan Hoërskool Alberton 1969. Ná kortstondige argitektuur-studie (Univ. Natal, Durban) spandeer ek 'n jaar in Volkskas voordat ek na Stellenbosch gaan. Verwerf MA in 1976. Daarna verslaggewer by Beeld en Die Burger, waarvan die laaste sewe jaar as Kunsredakteur by DB. Boekeredakteur van 1981 tot 1984. Sluit in 1989 by Human & Rousseau aan, hoofbestuurder van 1995 af tot met samevoeging van H&R en Tafelberg in 2001, waarna ek dien as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers tot met aftrede in 2009. Skryf van 1977 tot 1994 vir Huisgenoot (later ook YOU) oor popmusiek, en oor restaurante onder skuilnaam Braam Kleinhans in Die Burger. Het ook 'n restaurant-rubriek vir Insig behartig. Verwerk Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland in romanvorm. Voorsitter: PEN Afrikaans.

Publikasies:

1992 Morsdood van die honger, Human & Rousseau
1993 Glimlag, Human & Rousseau
2001 Die skoon grapboek, Human & Rousseau
2005 Die lekkerste lekker, Human & Rousseau
2009 Die ding tussen man en vrou, Human & Rousseau
2010 7de Laan Kookboek (skrywer) Human & Rousseau
2011 Piekniek by Hangklip, Human & Rousseau
2011 Blou Maandag (samesteller)
2012 Hartland (verwerker)
2013 Donkerland (verwerker)

Bekronings:

CNA-debuutprys (1993) – Morsdood van die honger

Het die Afrikaanse kortverhaal Apartheid oorleef?

Kerneels Breytenbach 2014-04-29 Bestudeer mens die parabool wat die kortverhaal in Afrikaans tot op hede beskryf het, is dit moeilik om nie tot die gevolgtrekking te kom dat die kortverhaal as genre in Afrikaans nou ’n kritieke punt bereik het nie.

PEN Afrikaans: Nuusbrief – Februarie 2014

Kerneels Breytenbach 2014-02-07 Nuus aan PEN Afrikaans se lede: Ontmoeting by US Woordfees 2014, die opskorting van die M-Net Literêre Toekennings, PEN Afrikaans se registrasie, en die belastingheffing op boeke

In Memoriam: Pete Seeger

Kerneels Breytenbach 2014-02-04 “Pete Seeger is die vader van protesmusiek. Sy loopbaan het ‘n patroon van aanvaarding en verwerping, aanvaarding en verwerping gevolg, en ten laaste vredige aanvaarding deur die publiek. Dit het ‘n patroon geskep wat dikwels herhaal is in die ontwikkeling van moderne musiek ...”

PEN Afrikaans: Nuusbrief – Desember 2013

Kerneels Breytenbach 2013-12-19 Namens die bestuur van PEN Afrikaans ons seënwense vir die Kersgety, en die hoop dat 2014 ’n jaar sal wees waarin die lede van PEN Afrikaans elkeen groot bydraes maak tot die uitbou en groei van die Afrikaanse geskrewe woord.

Nelson Mandela: 'n Herinnering

Kerneels Breytenbach 2013-12-09 Niemand het my vooraf gewaarsku dat president Mandela so lank is nie – ek is ses voet, en hy het bo my uitgetroon.

Persverklaring: Afskaling van Afrikaans by Universiteit van Kwazulu-Natal

Kerneels Breytenbach 2013-11-01 PEN Afrikaans neem met groot kommer kennis van die Universiteit van Kwazulu-Natal se voorneme om die doseer van Afrikaans as taal af te skaal tot eerstejaarsvak.

Beenaf

Kerneels Breytenbach 2013-06-05 "Dit het wel meegebring dat ek meer musiek die afgelope ruk geluister het as in baie jare, en ek plaas hier onder ’n lys van die albums, sonder enige spesifieke voorkeure."

Pink Floyd se The Great Gig in Böblingen

Kerneels Breytenbach 2013-05-02 "Dit is die heel beste roofopname van 'n Floyd-konsert wat ek nog gehoor het."

RIV Kevin Ayers

Kerneels Breytenbach 2013-03-27 "’n Mens bou soms onredelike vooroordele op teen kunstenaars. Ek het jare lank verseg om na Ayers se musiek te luister, weens sy gedrag voor die opnames van die konsertalbum June 1, 1974 saam met John Cale, Nico, Brian Eno en Mike Oldfield ..."

Tandyn Almer en "Along comes Mary"

Kerneels Breytenbach 2013-02-26 "Die liedjie se goeie eienskappe is deur niemand minder nie as Leonard Bernstein voorgehou as een van die redes hoekom hy gedink het popmusiek meer opwindende dinge doen as die indertydse klassieke avant-garde."

Nuwe Stories 2013-onderhoud: Kerneels Breytenbach

Gerdus Senekal, Kerneels Breytenbach 2013-02-13 Kerneels Breytenbach gesels oor die kuns van kortverhale skryf.

Top 12 2012: Internasionale albums

Kerneels Breytenbach 2012-12-14 "My eie Top 12 vir die jaar lyk anders, en, durf ek dit ontken, laat die jaarringe wys."

The Rolling Stones – GRRR!

Kerneels Breytenbach 2012-12-12 "Van die drie CD’s is die eerste vir my die bevredigendste – al is dit net omdat die CD die musiek bevat van ’n groep wat nog hard gesoek het na ’n eie styl en so na aan die Amerikaanse blues probeer bly het as moontlik."

LitNet Akademies-resensie-essay: Onse vaders deur Karin Brynard: ’n nuwe aangesig vir betrokke literatuur

Kerneels Breytenbach 2012-11-21 "Brynard het die luukse om in ’n polities gemarginaliseerde taal veel meer aandag aan karakterisering te gee. Sy is daarom nie, soos Nicol, aangewese op papkamerade nie, en die tekstuur van haar skryfwerk dring daarom sterker deur tot die kern van die daaglikse lewe waar ou rassisme en nuwe naasteliefde skouers skuur."

Gelukwense aan SALA-pryswenners

Kerneels Breytenbach 2012-11-14 Namens die bestuur en lede van PEN Afrikaans wens ons ons voorsitter, Sonja Loots, hartlik geluk met die toekenning van die K Sello Duiker-gedenkprys aan haar vir haar roman, Sirkusboere.
Top