Kerneels Breytenbach

Gebore in Johannesburg, word groot in Alberton en matrikuleer aan Hoërskool Alberton 1969. Ná kortstondige argitektuur-studie (Univ. Natal, Durban) spandeer ek 'n jaar in Volkskas voordat ek na Stellenbosch gaan. Verwerf MA in 1976. Daarna verslaggewer by Beeld en Die Burger, waarvan die laaste sewe jaar as Kunsredakteur by DB. Boekeredakteur van 1981 tot 1984. Sluit in 1989 by Human & Rousseau aan, hoofbestuurder van 1995 af tot met samevoeging van H&R en Tafelberg in 2001, waarna ek dien as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers tot met aftrede in 2009. Skryf van 1977 tot 1994 vir Huisgenoot (later ook YOU) oor popmusiek, en oor restaurante onder skuilnaam Braam Kleinhans in Die Burger. Het ook 'n restaurant-rubriek vir Insig behartig. Verwerk Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland in romanvorm. Voorsitter: PEN Afrikaans.

Publikasies:

1992 Morsdood van die honger, Human & Rousseau
1993 Glimlag, Human & Rousseau
2001 Die skoon grapboek, Human & Rousseau
2005 Die lekkerste lekker, Human & Rousseau
2009 Die ding tussen man en vrou, Human & Rousseau
2010 7de Laan Kookboek (skrywer) Human & Rousseau
2011 Piekniek by Hangklip, Human & Rousseau
2011 Blou Maandag (samesteller)
2012 Hartland (verwerker)
2013 Donkerland (verwerker)

Bekronings:

CNA-debuutprys (1993) – Morsdood van die honger

PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2016

Kerneels Breytenbach PEN Afrikaans 2016-08-25

PEN Afrikaans se jaarvergadering het op Saterdag 20 Augustus in Lynnwood, Pretoria plaasgevind.  Lees die voorsittersverslag.

'n Terugblik op #FeesMustFall en stellingnames deur PEN Afrikaans

Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard PEN Afrikaans 2015-11-06

"As woordkunstenaars en intellektuele, is dit ons morele verantwoordelikheid om by te dra tot die openbare diskoers wat help bou aan ’n meer gesonde Suid-Afrikaanse demokrasie."

PEN Afrikaans: Voorsittersverslag by die Algemene Jaarvergadering 2015

Kerneels Breytenbach PEN Afrikaans 2015-09-23

Kerneels Breytenbach het in die voorsittersverslag van PEN Afrikaans aktuele kwessies soos die Open Stellenbosch-debat en die voorgestelde wysigings aan die kopieregwetgewing  aangespreek.

PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2015

Kerneels Breytenbach PEN Afrikaans 2015-06-19

Ons AJV word gehou op 19 September, om 12:00, by die Breytenbach Sentrum op Wellington tydens vanjaar se Tuin van die Digters-fees.

Resensie: Die helder dae deur Danie Botha

Kerneels Breytenbach 2015-03-16 "Ek het só aan Bob Dylan se 'Desolation Row' gedink terwyl ek Danie Botha se Die helder dae lees. Telkens oor my skouer gekyk, waar kom die grrts-grrts vandaan? O, dis my geheue."

Huldeblyk: PEN Afrikaans oor André P Brink

Kerneels Breytenbach 2015-02-08 "Brink was 'n skrywer wat alles in die stryd gewerp het vir sy mede-skrywers, 'n meer regverdige, nie-rassige Suid-Afrikaanse samelewing en die reg op vrye uitdrukking."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Desember 2014

Kerneels Breytenbach 2014-12-16  Oor: Die PEN-kongres van Afrika-PEN-sentrums; mediavryheid in Turkye; Marthie Momberg deur Israeli-regering verbied om ’n internasionale konferensie in Bethlehem by te woon

Foto-onderhoud met Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach, Lien Botha 2014-11-26 "Jare van toegewyde studies in die skool van die lewe. En ek vermoed baie mense sal my siening deel, dat ongeag hoe gelukkig jy met die sake van die hart en vlees is, jy steeds saam met Leonard Cohen sing dat iemand tog jou tong van die verlange moet kom verlos."

PEN Afrikaans Nuusbrief: Oktober 2014

Kerneels Breytenbach 2014-11-04 Oor: PEN Afrikaans Bestuurder aangestel; die invloed van die poskantoorstaking op Afrikaanse boekverkope; nuwe Afrikaanse publikasies.

Resensie: Witwatersrand deur Wilbur Smith

Kerneels Breytenbach 2014-10-28 "Skynbaar het die uitgewer die teks uitvoerig laat hersien, en al die seks en dinge laat terugplaas. Hierdie roman het Wilbur Smith se internasionale loopbaan geloods, en dinge wat hom by soveel lesers laat aanklank vind het, is in oorvloed hier teenwoordig."

Verklaring oor voorgestelde een-teksboek-beleid

Kerneels Breytenbach 2014-10-17 PEN Afrikaans spreek namens alle Afrikaanse skrywers sy diepste kommer uit oor die regering se sentraliseringsplanne vir die onderwys.

PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2014

Kerneels Breytenbach 2014-10-08  Oor: Aardklop 2014; reaksie op die Augustus-nuusbrief; PEN Afrikaans se eerste boekprojek; die TuksAmumni Laureaat-toekenning; nuwe Afrikaanse publikasies.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Augustus 2014

Kerneels Breytenbach 2014-08-29 Oor: Die registrasie van joernaliste; Steve Hofmeyr en die Namakwafees; PEN Afrikaans se eerste boekprojek; die Raakvlakke-kongres.

PEN Afrikaans: Nuusbrief – Junie 2014

Kerneels Breytenbach 2014-06-27 Voorsitter Kerneels Breytenbach oor die Kunsblad van Beeld en PEN Afrikaans se vooruitsigte.
Top