Joline Blignaut

Joline Blignaut behaal in 2007 die graad BDram aan die Universiteit Stellenbosch met Afrikaans en Nederlands en teaterwetenskap as hoofvakke. In 2008 verwerf sy die Nagraadse Onderwyssertifikaat aan dieselfde universiteit. Sy is Afrikaansonderwyser by Hoërskool Zwaanswyk in Retreat, Kaapstad, en studeer deeltyds honneurs in Afrikaans aan Unisa, met spesialisering in die Afrikaanse taalkunde.

 

Opgedateer/Updated: 2011-11-10

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

YouTube-onderhoud: Joline Blignaut

Joline Blignaut 2012-03-26 Joline Blignaut gesels oor die gebruik en waarde van Tienerkaaps in gedrukte advertensies. Sy fokus veral op die persepsies van Kaapse Afrikaanssprekende tieners oor die gebruik van hul Tienerkaaps in die gedrukte media.

“Moetie rai gammattaal gebrykie”: Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies

Elvis Saal, Joline Blignaut Academic research 2011-11-10

Adam Small het met sy gebruik van Kaaps in sy dramas en digbundels daarin geslaag om Kaapse Afrikaans as literêre skryftaal te vestig. In hierdie studie word aan die hand van Howard Giles se sogenaamde Kommunikasie-akkommodasieteorie ...

Top