Johan Botha
Johan Botha het sowat 48 jaar gelede by die destydse TRUK begin as akteur na sy skoolopleiding op Lydenburg, ’n draai by die Goudstadse Onderwyskollege en Springbok Radio. Hy speel deur die jare in baie toneelstukke en toer die hele land vol. Hy word in die vroeë sewentigerjare die eerste hoof van toneel by SWARUK in Namibië en kort na sy terugkeer na Suid-Afrika begin hy vryskutwerk doen in Johannesburg by veral die SAUK. Hier volg talle TV-produksies, soos Nommer Asseblief, Suidpunt Hotel, Ou Grote, Moord op die lug, Sand, Hagenheim streng Privaat en baie ander. Hy doen ook stemwerk en regie vir oorklanking en word gereeld in radioverhale gehoor. Sowat vier jaar gelede keer hy terug na sy ou liefde, die verhoog, en speel sedertdien onder andere in Faan se Trein en Festen. Hy en sy vrou, Lida Botha, toer tans die land vol met Leon Kruger se tweemanstuk, Oupa en Ouma sit op die stoep.
Opgedateer/Updated: 2009-11-03
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za