Die ongetemde stemme van Afrikaanse musiek
2021-10-05"Die dokumentêre film Die ongetemde stem wat tydens vanjaar se virtuele Woordfees op DStv bekendgestel is, gee ’n stem aan tientalle van daardie Afrikaanse kunstenaars wie se stemme nie na waarde geskat word en volgens verdienste op ons markpleine gehoor word nie."
In memoriam: Abel Pienaar
2021-07-02"Hy het daarin geslaag om die skanse van die eens onaantasbare dogmas wat as die absolute waarheid voorgehou is, te bevraagteken en af te breek sonder om te verwag dat mens moet saamstem met alles wat hy sê."
Griefskrif met sewe eise vir Afrikaans aan US oorhandig
2021-04-09"’n Griefskrif waarin geëis word dat Afrikaans steeds as volwaardige akademiese taal by die Universiteit Stellenbosch (US) aangewend word, is vandag (Vrydag 9 April) tydens ’n protesoptog aan die universiteit oorhandig. Die griefskrif met sewe eise vir Afrikaans is tydens ’n optog onder die vaandel van die DAK Netwerk ook aan die deure van die universiteit se hoofgebou vasgeplak."
Strate toe vir Afrikaans by US: 9 April
2021-04-08Danie van Wyk van DAK Netwerk: "Ons het niks teen Engels nie en is ook nie gekant teen transformasie nie. Bruin mense is die groep wat die meeste ly onder die universiteit se huidige taalbeleid. Die universiteit skuld bruin mense ’n verskoning vir die wyse waarop hulle ons in die verlede op grond van ras uitgesluit het en nou weer op grond van taal." Jean Oosthuizen lewer verslag.
Afrikaans: Rollende massa-aksie by US, 9 April
2021-03-31"Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat ’n optog van hierdie omvang vanuit hoofsaaklik bruin geledere geloods word om protes aan te teken teen die groeiende miskenning van Afrikaans aan die universiteit."
Studenteprotes: ’n tydbom wat gewag het om te ontplof
2021-03-12"Die dood van die 35-jarige Mthokozisi Ntumba wat onskuldig in die skermutseling tussen die polisie en studente doodgeskiet is, is ’n vingerwysing na ’n veel groter probleem as studentebetogings en polisiebrutaliteit. Die vinger wys direk na die ANC wat die armes oor die jare heen heuning om die mond smeer met valse en onuitvoerbare beloftes."
Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor God Is daar ’n ander antwoord?
2020-12-11"Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulleself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie; diegene wat godsdiens reeds agtergelaat het, maar wat te bang is om ‘uit die kas te kom’ daarmee, veral teenoor hulle nabye familie en vriende; diegene wat ervaar dat woorde hulle ontbreek om aan hulle gevoel of standpunt uitdrukking te gee."
Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing
2020-07-02"Hierdie nuwe gees om meertaligheid te dryf moet volgens Steenkamp verwelkom word. Hy sê mense moet besef Afrikaans is ook ’n inheemse taal en nie ’n oorblyfsel van kolonialisme nie."
Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid
2020-06-23"Suid-Afrikaners moet hul meerderwaardigheid oor Afrika eenkant toe vee. Daar is genoeg rede om realisties-optimisties te wees. COVID-19 bring groot stremming, maar bied ook geleentheid om nuut te dink en te doen. Dit vra waagmoedige leierskap."
Ek en Jeanne Goosen: Jean Oosthuizen se inskrywing
2020-06-11"As blougat nat-agter-die-ore-joernalis het my mond, soos wat op die foto gesien kan word, letterlik oopgehang om saam met haar te werk. Sy was vreesloos uitgesproke en het vir geen duiwel, gees of spook gestuit nie."
Plaatjies van Huffel se dood laat VGK arm agter
2020-05-21"Sy was teologies uitermate goed geskool en ek het haar dikwels genader vir kommentaar as ek ’n artikel vir ’n koerant of LitNet moes skryf. Oor die Belydenis van Belhar het sy reguit gesê dit is nie moontlik om van kerkhereniging te praat sonder om die Belhar-belydenis vierkant in die gesprek te plaas nie."
Elders gesien: Bybelstudie 101 met inagneming van die werklikhede
2020-04-28"So bietjie Bybelstudie 101 is nie ’n slegte idee nie. Doen dit net met inagneming van die werklikhede om jou byvoorbeeld: Het God toe al die pous geantwoord toe hy hom nou die dag gevra het om die koronavirus te stop?"
Elders gesien: Grendeldag 8
2020-04-06"Ek weet nie hoe om vandag te beskryf nie. Dit het eerie gevoel. Weird. Soort van somber. Surrealisties en asof ek myself in ’n apokaliptiese rolprent bevind. Die winkelsentrum het ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan sedert my laaste besoek."
Toyota US Woordfees 2020-verslag: Pedofiele skuil dikwels in die kerk
2020-03-25“Kerke wil nie hê die instelling moet skade ly nie, omdat dit dikwels vir hulle meer oor die instelling self gaan as oor die mense wat seerkry. Daarom word dit toegesmeer.”
Die man wat die wêreld leer hande was het
2020-03-25"In hierdie dae, waar die dodelike koronavirus die belangrikheid van handewas opnuut onder almal se aandag gebring het, is dit gepas om hulde te bring aan die man wat die wêreld laat besef het hoe belangrik hierdie alledaagse gewoonte is."