Jan van Tonder

Jan van Tonder het sy eerste tydskrifverhaal in die tronk geskryf. Sedertdien het hy 'n bundel kortverhale oor daardie skemerwêreld die lig laat sien, asook vier romans, 'n koffietafelboek oor die Klein Karoo, verskeie tydskrifverhale, sketse en radiodramas. Sy roman Is Sagie was twee jaar agtereenvolgens naaswenner van die ATKV-prys, terwyl Die Kind vir die M-Net-prys benoem en met die ATKV- en FAK-pryse bekroon is. Van Tonder se jongste werk, Roepman, het reeds sy derde druk beleef. Die skrywer woon op Oudtshoorn, maar tot wanneer toe weet hy self nie.

Die wêreld van Sagie | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Jan van Tonder Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-02

In hierdie lesing by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 praat Jan van Tonder oor die wêreld van Sagie en hy vertel hoe hy Sagie "ontmoet" het.

Grootgeluk: ’n onderhoud met Jan van Tonder

Naomi Meyer, Jan van Tonder Skrywersonderhoude 2022-02-17

"In ’n stadium het Jenny vir my gesê ek moet onthou dis nie ’n biografie wat ek skryf nie: 'Vertel die stórie.' Dit het my baie gehelp. Ek kon net die essensie van die werklikheid gebruik waar dit nodig was en sodoende by die waarheid van my verhaal bly."

Korona-kortverhaalfees: Jan van Tonder oor “Pa, Ma en die liefde”

Jan van Tonder, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2020-05-12

"Skryf is my allesoorheersende liefde. Die genre wissel. Die afgelope jare hou ek meer van romans, maar ek word soms verlei om iets anders aan te pak – aandagafleibaarheid synde een van my vele tekortkomings."

Pa, Ma en die liefde

Jan van Tonder Fiksie 2020-05-12

"Dawie maak keel skoon. 'Ek het ’n aankondiging.' Hy kyk elkeen van ons om die beurt in die oë om die oomblik so lank hy kan uit te rek."

Jan van Tonder vertel vir Madri Victor van Is weer Sagie

Jan van Tonder, Madri Victor 2014-01-14 "Ek het besluit om in die wagpos op die tronkmuur waarheen ek verban is om my stil te kry, ‘n storie te skryf – my heel eerste poging. Ek wou ‘n mens skep wat sonder kwaad is."
Top