Jacques de Viljee

Jacques de Viljee is ’n skrywersnaam wat tussen 2003 en 2011 gestalte gevind het in die verbeelding van ’n jong seun. Hierdie selfde verbeelding het van ’n afstand gesien hoe die briljantste seuns en dogters van sy generasie deur waansin verwoes is – honger, histeries en naak. Fokofpolisiekar en Etienne Leroux het hom eweneens geïnspireer om ’n stem aan hierdie skrywersnaam te gee, en in 2015 het hy vir ’n maand in hulle asbesfamiliestrandhuis in die Suid-Kaap gaan werk aan ’n bundel kortverhale, toe al getiteld die laaste dae van alleen wees. Hy het vir meer as twee jaar probeer om die manuskrip, wat gedurende hierdie tyd van wag bly groei het, gepubliseer te kry. Sedertdien het hy sy verhale aan fisiese en aanlyn publikasies gestuur, en hulle het al in New Contrast en op LitNet, Books Live en Klyntji.com verskyn. Hy verwerk tans hierdie verhale in ’n roman.

Hy is gebore in Swellendam, getoë in Stellenbosch en woon tans (einde 2017) in Kaapstad.

Foto: Pieter Coetzee; Instagram: @pietskietfilm

Spoor van ’n droom

Jacques de Viljee Fiksie 2017-11-09

"'Ons lakens is geskeurde vlerke,' het hy gesê-fluister en langs my kom lê. Ek het hom gesoen, my hare uit my oë gevee. Daar was ’n borrelrigheid voor my oë; my gedagtes het gevoel soos gekraakte ruite."

30 Junie 2016

Jacques de Viljee Fiksie 2017-08-22

"Sy sal terugkom. Sy sal uitvind en terugkom. Sy sal weet dit was ek, hoe ook al sy uitvind. Sy moet net uitvind. En as sy uitvind sal sy weet ek is nou wat sy wou gehad het. Ek moet net seker maak sy vind uit. En dan sal sy terugkom."

#jesuisceque

Jacques de Viljee Fiksie 2016-09-06

"Dan hoor hulle die gille, wat skreiend deur die aandlug weergalm, uit ‘n ander wêreld opgeroep, deur elke straat en mensehart, wat nou onheilspellend stiller klop."

Top