Jacobus Carnow

Jacobus Carnow is ’n pastoor in die Redeemed African Metodiste Kerk (RAMK), waar hy betrokke is by die welsyn van ouer lidmate. Hy verwerf ’n BA-graad (cum laude) in Bybelse grondtale, ’n BTh-graad en ’n honneursgraad in Bybelkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy verwerf daarna aan die Universiteit Stellenbosch ’n honneursgraad in sielkunde, ’n MTh-graad (cum laude) en ’n PhD-graad met die fokus op die menswaardigheid van veral kwesbare groepe in die samelewing. Tans is hy ’n nadoktorale genoot in die teologiese fakulteit van die Universiteit Stellenbosch waar sy navorsing fokus op die menswaardigheid van arm bruin ouer persone wat afhanklik is van staatspensioen vir hul lewensonderhoud. Hy is ook ’n navorsingsgenoot in die Departement van Praktiese Teologie en Missiologie aan die Universiteit Stellenbosch en werk ook aan ’n moontlike publikasie oor die menswaardigheid van, onder andere, dwelmverslaafdes, bendelede en gevangenes. Sy belangstelling is nie beperk tot die waardigheid van mense alleen nie, maar sluit die waardigheid van die hele geskape werklikheid in.

An investigation concerning the human dignity of brown state pensioners

Jacobus Carnow, Christo Thesnaar Academic research 2017-09-29

"Through preaching, Bible study, programmes and other methods, the Church could use the values of reciprocity and responsibility to assert that one should do to older people what you would like done to you."

Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse

Jacobus Carnow, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-09-27

"In hierdie bydrae is die teologiese grondslag van menswaardigheid aangewend om die menswaardigheid van ’n groep bruin staatspensioenarisse binne hul sosio-ekonomiese situasie te help interpreteer."

Top