Irene Brand

Irene Brand is ’n postdoktorale navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy ook in 2015 ’n PhD in algemene taalwetenskap verwerf het. Sy het tevore, nadat sy twee jaar lank aan die Hoërskool Laingsburg taalonderwys gegee het, ’n MPhil in hipermedia vir taalonderrig verwerf. Haar PhD-navorsing het gehandel oor geletterdheidspraktyke van leerders in ’n landelike gebied met Afrikaans as huistaal, waar die gemeenskapstaal ander taalnorme gevestig het (en dus ook ’n ander soort taalbewussyn by leerders ontwikkel het) as wat tipies in die skoolomgewing verwag word. Haar hoofnavorsingsbelangstelling is in die gebruik van narratief in die ontwikkeling van geletterdheid, alternatiewe opvoedkundige modelle as ondersteuning van die openbare-onderwysstelsel, asook ’n onderrigbenadering wat die hele persoon, en nie net akademiese prestasie nie, ontwikkel.

Hoe om 'n graad 3-leerder in staat te stel om beter en vinniger te leer

Irene Brand, Christine Anthonissen, Estelle Kruger Onderhoude 2017-09-06

"Die een beginsel wat hier ondersteun word, is dat leerders wat lees-, skryf- en narratiefwerk geniet, meer en vinniger sal leer. ‘n Tweede beginsel is dat minder aandag aan 'taalfoute' en meer aandag aan die proses van skeppend vertel en skryf op die lange duur ook die formele aspekte van taal beter gaan help ontwikkel, omdat leerders nie geïnhibeer word deur vrees vir 'foute maak' nie."

Language awareness as a component of literacy: investigating narrative skills development of grade 3 learners

Irene Brand, Christine Anthonissen Academic research 2017-08-04

"A person who exhibits a good understanding of the rules and conventions of language use, both on a grammatical and on a communicative level, is said to have a well-developed language awareness. This ability extends beyond awareness of a speaker’s own first language to include other languages he/she may know."

Taalbewussyn as komponent van geletterdheidsvaardigheid: ’n ondersoek na narratiefvaardigheidontwikkeling by Graad 3-leerders

Irene Brand, Christine Anthonissen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-02

"Kuns is ’n medium wat baie beskrywende taalgebruik ontlok, wat nuttig is in die ontwikkeling van narratiewe. Kuns kan dus benut word om mondelinge storievertelvermoëns te ontwikkel en vas te lê om sodoende ook taalbewussyn te bevorder."

Top