Ingrid Brunkhorst Hurrell
Ingrid Brunkhorst Hurrell se spore loop wyd. Kindweesdae vereenselwig sy met verbeeldingryke speeltye in die dennebosse van Ahrens en Hermannsburg, die Duitse gemeenskap waar sy grootgeword het. Dan kring dit uit na Hibberdene, waar sy ure alleen strandlangs of in piesangplantasies gespeel het. Sy behaal haar graad in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Pretoria in die vroeë tagtigs. Tans woon sy in Kanada met ‘n passie vir fotografie, Afrikaans en perde. Ingrid het in 2009 ‘n digbundel, Maplantas, gepubliseer (Red Maple Publishing) wat handel oor die wroeging en uitdagings wat sy as Suid-Afrikaanse expat deurgegaan het, die pyn oor dit wat agtergelaat word.