IM Rautenbach

I.M. Rautenbach is op 8 Mei 1943 in Bethlehem gebore en het in die Vrede-distrik grootgeword. Na sy skoolopleiding op Vrede het hy die grade BA (Regte) en LLB in onderskeidelik 1993 en 1995 aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy verwerf die LLD in 1975 aan UNISA en sy proefskrif het gehandel oor die reg op bewegingsvryheid. Vanaf 1965 tot 1969 het hy aan die Regsfakulteit van die Universiteit van Fort Hare doseer en sedert 1970 aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou Universiteit Johannesburg), met ’n onderbreking tussen 1980 en 1984 toe hy by die Departement van Staatkundige Ontwikkeling en Beplanning werksaam was. Sy oorsese navorsing word hoofsaaklik gedoen by die Universiteit van Michigan in Ann Arbor, VSA, en die Max-Planck-Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Heidelberg, Duitsland. Hy is die skrywer van talle artikels oor die staatsreg, in die besonder oor die handves van regte, en is mede-outeur (saam met E.F.J. Malherbe) van ’n staatsreghandboek wat sedert 1993 in Afrikaans en Engels verskyn en waarvan die sesde uitgawe tans voorberei word. In 1992 was hy lid van ’n staatkundige werkgroep by KODESA. Hy was ook lid van die Kommissie vir die Afbakening van Provinsies in 1994 en ’n adviseur van die Temakomitee: Handves van Regte van die Grondwetlike Vergadering in 1995 en 1996.


Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase

IM Rautenbach LitNet Akademies (Regte) 2017-10-11

"Die Konstitusionele Hof beslis in Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) dat okkupeerders ingevolge die Verblyfregwet die reg het om sonder toestemming van die eienaar van die grond of die persoon in beheer daarvan hul huise te verbeter om dit menswaardige huisvesting te maak."

Vonnisbespreking: Teenmaatreëls vir die uitvoerende gesag se kaping van wetgewende kontrolefunksies in ’n parlementêre uitvoerende stelsel

IM Rautenbach LitNet Akademies (Regte) 2016-09-22

"Die uitspraak in die EFF-saak is ’n illustrasie van hoe die howe met hul vertolking en toepassing van die Grondwet daaroor kontrole uitoefen."

The application of the common-law in duplum rule during litigation, constitutional proportionality and the separation of powers

IM Rautenbach Academic research 2015-09-22

"The right affected by the suspension of the rule during litigation was the right of debtors to raise defences freely. The majority held that there are alternative ways in which delaying tactics of creditors who raise fictitious defences could be dealt with."

Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte

IM Rautenbach LitNet Akademies (Regte) 2015-09-22

"Wanneer daar selfs op so ’n hoë vlak meningsverskille tussen regters bestaan sonder dat feite aangebied word om die standpunte te staaf, word aanbeveel dat die standpunt van appèlregter Willis in die hoogste hof van appèl in die Paulsen-saak gevolg word, naamlik dat die hof ’n diskresie behoort te hê om die in duplum-reël in gepaste omstandighede gedurende gedingvoering te laat geld of nie te laat geld nie."

Vonnisbespreking: Grondwetlike aspekte van die registrasie van huisbouers en die billikheid van private arbitrasiebeslissings

IM Rautenbach 2014-11-11 Ingevolge die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers 95 van 1998 kan aanspraak op vergoeding vir brouwerk deur bouers slegs gemaak word indien die bouer geregistreer is.

Vonnisbespreking: Rasionaliteit – die president se eie administratiefreg?

IM Rautenbach 2013-04-30 "Dit is duidelik dat die howe besig is om ’n parallelle administratiefreg vir die president te ontwikkel. Dit is ’n proses wat sy loop neem soos wat howe die een na die ander geval oorweeg waarin optrede van die president ter sprake is."

Riglyne om die reg op gelykheid toe te pas

IM Rautenbach 2012-08-13 "Ongelykheid wat in wette verorden en deur die staat afgedwing is, was die mees uitstaande kenmerk van alle Suid-Afrikaanse staatkundige bedelings wat die oorgangsgrondwet van 1994 vooraf gegaan het."
Top