Ilse van der Merwe

Ilse van der Merwe is 'n "kosliefhebber, kosmaker, kosskrywer en kosprater". Sy doen resepontwikkeling, skryf inhoud vir sosialemediaplatforms, bied kookklasse aan en skryf haar gewilde kosblog genaamd www.thefoodfox.com. Nadat sy haar graad in Verbruikerswetenskap in 2000 aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het, het sy vir jare 'n besprekingsagentskap in die musiekwêreld bedryf, waarna sy besluit het om haar passie vir kos en skryfwerk na te volg. Ilse is tans voltyds in die kosbedryf betrokke, waar sy ook aan ’n TV-reeks, 'n produkreeks en 'n kosfees vir 2013 werk.

Internasionale erkenning vir kosblogger Ilse van der Merwe

Remona Voges, Ilse van der Merwe Kos en wyn 2019-12-12

"Alles, van pizza en pasta tot geroosterde groente, en tapas en mezze, en tzatziki en olyfolie, en focaccias en charcuterie, en goeie kaas ─ daai soort kos maak my grensloos gelukkig!"

Klankbord op die TV-spyskaart: ’n onderhoud met Ilse van der Merwe

Naomi Meyer, Ilse van der Merwe Onderhoude 2019-01-29

"Die reeks is 'n samekoms van twee kreatiewe wêrelde: musiek ('klank') en kos ('bord')."

Boerekos met ’n twist deur Annelien Pienaar: ’n resensie

Ilse van der Merwe Resensies 2017-10-18

"Boerekos met ’n twist is ’n volledige handleiding vir enigiemand wat met ’n arsenaal van bekende gunstelinge wil onthaal, maar met ’n moderne baadjie aan."

For Friends & Family deur Nicky Stubbs: ’n resensie

Ilse van der Merwe Resensies 2017-03-22

"Familiefoto’s uit haar kinderdae verleen ’n ekstra skeut nostalgie en jy kan die onopgesmukte samesyn sien – dis ware familieresepte vir hegte familietye om tafels oraloor."

Boekresensie: De Vette Mossel deur Niël du Bois

Ilse van der Merwe Resensies 2016-12-05

"Die staaltjies sal jou laat glimlag en die gedeelde kennis sal vir seker enigiemand meer behendig agter die seekospotte maak."

Resensie: Winterkos in Provence deur Marita van der Vyver

Ilse van der Merwe 2014-10-15 "Jy gaan keer op keer na hierdie boek wil terugkeer, nie net vir die resepte en foto’s nie, maar grootliks vir die pragtige stories."

Ilse van der Merwe gesels oor Jan Braai se Vuurwarm

Ilse van der Merwe, Naomi Meyer 2013-09-11 In Jan Braai se jongste boek, Vuurwarm, staan daar by die erkennings: "Ilse van der Merwe het aangebied om te help en sy was reg!" Maar wie is hierdie Ilse van der Merwe van wie Jan Braai praat?

Markdag: 'n Kwylboek

Ilse van der Merwe 2012-11-21 Markdag is ’n kwylboek. Met eerste oogopslag is die foto’s verruklik, die stilering is vars en hedendaags, en daar is sommer baie resepte wat ek vir seker tuis sal aandurf. Om die waarheid te sê, dis ’n boek wat jou ure lank kan besig hou deur slegs daardeur te blaai – selfs voordat jy jou voorskoot aangesit het.
Top