Herman Strydom

Herman Strydom was van 1972 tot middel-1987 verbonde aan die Departement Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Pretoria, waarna hy by die Skool vir Psigososiale Gesondheid op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangesluit het. Sy belangstelling in vakverband fokus veral op veroudering, MIV en Vigs en navorsingsmetodologie. Hy is die skrywer en medeskrywer van 126 artikels in geakkrediteerde tydskrifte, asook skrywer en medeskrywer  van 44 hoofstukke in verskillende handboeke en verwante publikasies. Hy het alreeds 82 aanbiedinge by nasionale gedoen, en 96 by internasionale konferensies. Onder sy leiding as studieleier/medestudieleier het 46 magisterkandidate afstudeer, terwyl hy al as promotor/medepromotor vir 35 doktorale studente opgetree het. Hy tree ook gereeld op as eksterne eksaminator vir nagraadse studente van die meeste Suid-Afrikaanse universiteite, en as keurder vir ’n aantal binnelandse en buitelandse tydskrifte. Hy het alreeds 108 artikels vir hierdie tydskrifte geëvalueer en is sedert 2001 by die Nasionale Navorsingstigting as navorser gegradeer. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en bestuurslid van die Potchefstroomtak van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Strydom het in 2005 die Stalsprys vir Maatskaplike Werk van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang, asook die Distinguished Educator Award van Asaswei (Association of South African Social Work Education Institutions) in 2013.

An analysis of legislation and existing programmes and services for street children in South Africa

Elzahne Simeon, Alida Herbst, Herman Strydom Academic research 2018-04-12

"Cooperation between all the organisations involved in working with street children is not always coordinated and streamlined, which hinders the endeavours towards the best interest of street children."

Die ontleding van wetgewing en bestaande programme en dienste vir straatkinders in Suid-Afrika

Elzahne Simeon, Alida Herbst, Herman Strydom LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-04-12

"As daar in die beste belang van straatkinders opgetree moet word, sal al die uitdagings op die beste wyse aangepak moet word, ten spyte van nasionale en internasionale finansiële tekorte."

Top