Helena van Coller

LLB, LLM (UFS), LLM (Utrecht), PGDHE (Rhodes) LLD (UJ)

Helena van Coller is op 21 April 1978 in Pietermaritzburg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, alvorens sy by die Suid-Afrika Leërvrouekollege aansluit vir vrywillige militêre diens. Sy behaal haar LLB- en LLM-grade (beide cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n LLM (summa cum laude) aan die Universiteit van Utrecht, Nederland. Sy doseer deeltyds aan die Universiteit van die Vrystaat en is betrokke by die Program in Regeerkunde nadat sy haar magistergraad in regeerkunde en politieke transformasie in 2008 by Kovsies behaal. Sy word in 2004 toegelaat as advokaat van die Hooggeregshof in Suid-Afrika. Sy word in 2005 as dosent by die Fakulteit Regsgeleerdheid van Rhodes Universiteit aangestel, waar sy tans medeprofessor is. Sy doseer administratiefreg en behaal in 2012 haar LLD. Sy is lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die fokus van haar navorsing is publiekreg, met ’n spesiale aandag aan die verhouding tussen godsdiens en die reg en die funksionering van geloofsinstellings in die publiekreg. Sy is besig met ’n boek oor die regulering van godsdiens in Suid-Afrika.

Let the bells ring! Is the ringing of bells a noise nuisance or the legitimate exercising of a religious conviction?

Helena van Coller Academic research 2018-10-24

"In exercising our various rights, whether the right to freedom of religion or the right to enjoyment of property free from a noise nuisance, everyone should aim to act lawfully and ethically in accordance with the principles of tolerance, fairness, openness and accountability."

Laat die klokke lui …! Is die lui van klokke ’n geraasoorlas of bloot die billike uiting van geloofsoortuigings?

Helena van Coller LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-10-23

"’n Reg geld slegs met inagneming van ander se regte en belange. Ten aansien van die lui van klokke moet inwoners wat deur die betrokke praktyk geraak word, se reg om hulle eiendom vry van ’n geraasoorlas te geniet, ook in ag geneem word."

Godsdiens en die reg: aktualiteit van ’n gesprek

Pieter GR de Villiers, Helena van Coller Menings 2018-03-07

"Die aktualiteit van ’n gesprek oor godsdiens en die reg was nog nooit so relevant soos juis nou nie. Met die onlangse skietery by die Ngcobo-polisiekantoor in die Oos-Kaap wat met die Seven Angels Ministry-kerk verband hou, het die soeklig opnuut geval op die verhouding van kerk en staat in Suid-Afrika."

Religious institutions and the review jurisdiction of the courts

Helena van Coller Academic research 2017-12-21

"In relation to the applicability of administrative law principles, the South African courts have always been willing to review not only the actions of public bodies but also the decisions of private entities. Judicial review was often limited to the rules of natural justice, particularly in the context of religious institutions."

Geloofsinstellings en die hersieningsbevoegdheid van die howe

Helena van Coller LitNet Akademies (Regte) 2017-12-21

"In Suid-Afrika word die staat ook deur die beginsel van nie-inmenging in leerstellige kwessies daarvan weerhou om inbreuk te maak op die kerk of geloofsinstellings se 'outonome sfeer'. Geloofsinstellings geniet dus ’n gebied van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede wat daaruit kan voortspruit."

Legal disputes and what the Church can learn from the case of Fortuin v Church of Christ Mission of the Republic of South Africa and Others

Helena van Coller Academic research 2017-11-30

"Although it is widely accepted that courts, and even the state, should not force religious associations to exercise their religion in a particular way, they are not automatically exempt from procedural constitutional and other legislative provisions and measures."

Regsgeskille en die kerk: lesse te leer uit die saak van Johannes Fortuin en die Church of Christ Mission

Helena van Coller LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-11-30

"Hoewel daar algemeen aanvaar word dat die staat en selfs die howe nie ’n geloofsinstelling kan dwing om ’n sekere standpunt in te neem in die uitoefening van sy geloof nie, beteken dit nie dat geloofsinstellings gevrywaar word van prosedurele reëls of selfs die bepalings van die Grondwet en ander wetgewing nie."

Onderhoudend: Helena van Coller

Helena van Coller, Laurie Gaum 2014-03-12 Laurie Gaum stel ’n paar vrae aan Helena van Coller na aanleiding van haar onlangse LitNet Akademies-artikel getiteld "Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma".

Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma

Helena van Coller 2013-09-11 "Die kwessie van homoseksuele predikante, gay-huwelike en gay-legitimasie is van die enkele komplekse juridiese en morele vraagstukke wat die pluralistiese Suid-Afrikaanse samelewing konfronteer."
Top