Heinrich Matthee

Heinrich Matthee is ’n senior lektor en navorser aan die Internasionale Sakeskool, Hanze Universiteit vir Toegepaste Wetenskappe, Groningen, Nederland, ’n nieresidensiële navorser aan die Emirate-beleidsentrum, Abu Dhabi, Verenigde Arabiese Emirate, en ’n buitengewone professor aan die Skool vir Regeringstudies, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika. Hy het ’n BA LLB (US), ’n honneursgraad in strategiese studies (Unisa), ’n meestersgraad in internasionale studies (Birmingham-universiteit, VK) en ’n DPhil (politieke wetenskap) (magna cum laude) van Marburg-universiteit, Duitsland. Hy is die skrywer van Muslim identities and political strategies (2008) en etlike hoofstukke en artikels in akademiese publikasies. Sy navorsingsgebiede is geopolitiek, konflikstudies en identiteitspolitiek in die Midde-Ooste en Europa.

Groepsportret met heer: In gesprek met Willem Otterspeer

Heinrich Matthee, Willem Otterspeer Onderhoude 2022-11-11

Moet ’n standbeeld opgerig word vir afwykende menings? Wat is die verband tussen estetika en geskiedenis? Vertoon lees en skrywerskap totalitêre trekke? Wat is die impak van krom Engels en studentemassas by Nederlandse universiteite? En wat is die rol van humor ook in oorlogstyd? Hierdie kwessies en vele ander behandel Willem Otterspeer in ’n vraesessie met Heinrich Matthee. Otterspeer is emeritus hoogleraar universiteitsgeskiedenis aan die Universiteit van Leiden, die oudste universiteit van Nederland wat in 1575 opgerig is. Vir sy werk, wat etlike biografieë van skrywers en denkers insluit, het Otterspeer etlike skrywerspryse gekry.  

Persian poetry and politics in Iran: The thinking of Supreme Leader Ali Hosseini Khamenei

Heinrich Matthee Academic research 2022-10-24

"Poetry forms part of Iran’s soft power and wider identity complex in its neighbouring regions, which serves as a counter to Western cultural and political influence. Khamenei has expressly stated the wish that Persian as a language of wisdom and science, and Iran as a Shia nation, thus command a leadership role in the Islamic world."

Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei

Heinrich Matthee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-24

"Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis."

Unieke lewens en aktuele biografie: ’n Onderhoud met Hans Renders

Heinrich Matthee, Hans Renders Onderhoude 2021-05-25

"Nou, punt een zou ik willen opmerken, low biography en high biography heeft niets met ethiek te maken. Ik bedoel daarmee; high biography kan over iedereen gaan, ook over iemand uit low culture, maar is high research. Dus dat gaat om de werkwijze. Bronnenonderzoek, serieus onderzoek naar de context. En low biography kan best over een hermetisch dichter gaan, maar kan slecht onderzocht zijn. Dus dat levert slechte biografieën op."

’n Vonds: Hennie Aucamp skryf oor die Visrivier-canyon

Heinrich Matthee, Hennie Aucamp Reis 2021-02-19

Dit lyk asof [Hennie Aucamp se] 'Klippe en sand' nie voorheen gepubliseer is nie. Die digter Johann de Lange, die eksekuteur van Aucamp se literêre erfenis, het toestemming gegee dat dit eenmalig op LitNet gepubliseer word.

Westerse ontnugtering en die Nederlandse parlementsbesluit

Heinrich Matthee Menings 2019-09-26

"Die Nederlandse parlementsbesluit sluit ook aan by ’n wyer tendens waarin Westerse media, ontleders en regerings die ANC meer krities beoordeel. In watter mate sal ander Europese, Australiese en Amerikaanse politieke rolspelers vorentoe druk op die ANC-regering plaas oor skendings van burgerregte en menseregte?"

Vulkaaneiland

Heinrich Matthee Poësie 2018-08-02

"Snags lê die eie lande nou verskeur, 
die vure en die sterre het verskuif:
soms bly ons iewers bymekaar
en iewers bly ons skepe vaar."

Tierneefkop

Heinrich Matthee Poësie 2017-08-31

"Ons dans en ons sing by die tierneefkop,
die bier en die grappe is tuisgebrou ..."

Oop gesprek op Stellenbosch

Heinrich Matthee Poësie 2017-08-31

"Daar mors ’n wynvlek op die rand
van deug en skoonheid se verband."

Ope brief aan Jonathan Jansen: Bedanking as navorsingsgenoot

Heinrich Matthee Universiteitseminaar | University Seminar 2016-03-14

"Die nuwe taalbeleid is ’n duidelike voetval voor die eenpartydominante politiek van die dag. Akademiese outonomie en ’n klem op goeie opvoeding en navorsing moes hier almal tweede viool speel."

Universiteitsbestuur lewer akademie en Afrikaans uit aan die wolwe

Heinrich Matthee Seminare en essays 2015-11-13

"So 'n taalbeleid vernietig eintlik 'n hele kulturele ekosisteem wat oor dekades en eeue in die Wes-Kaap gegroei het."

Top