Fred Slippers

Ek is gebore in Kempton Park en het grootgeword in Bethlehem, waar ek laer- en hoërskool voltooi het.  Verskeie puik onderwysers het ’n belangrike rol in my ontwikkeling gespeel.  Meneer Arrie Steyn, wat ’n liefde vir Afrikaans in my aangewakker het, het ’n gesegde gehad wat min of meer soos volg lui: "Afrikaans is een van die min tale, waar jy ’n honderd woorde kan gebruik om iemand sleg te sê, sonder om een te herhaal, of ’n swetswoord te gebruik." Dan sou hy gewoonlik paar voorbeelde uiter ...

Na skool het ek aangesluit by die brandweer in Bloemfontein en het brandweertegnologie aan die Technikon OVS studeer. My studies is voltooi in Pretoria en ek het ’n Nasionale Diploma in Brandweertegnologie daar verwerf. Ek was vir 19 jaar in verskeie brandwere voor ek by privaat nood mediese dienste aangesluit het.

In 2010 het ek begin werk vir ’n maatskappy wat daarin spesialiseer om mediese dienste in afgeleë streke te vestig. Ek werk op rotasiebasis ’n jaar in Afghanistan, waar ek my gedigte vir die eerste keer begin neerskryf het. Vanaf 2011 is ek werksaam in Irak.

My passies sluit in lees, skubaduik, warmlugballonvlieg, fotografie en koffie drink. Ek is getroud, het twee kinders en woon tans, wanneer ek nie werk nie, in Bethlehem.

Alleen is nie eensaam

Fred Slippers Poësie 2017-12-06

"die donker maak my bang
want dit raak gemaklik"

Top