Fransjohan Pretorius

Fransjohan Pretorius is professor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria.

Hy het aan die Universiteit van Pretoria (MA), die Rijksuniversiteit van Leiden (Drs Litt) en Unisa (DLitt et Phil) gestudeer.

Hy is die skrywer van verskeie boeke oor die Anglo-Boereoorlog. Hiervan is Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog met drie toekennings vir nie-fiksie bekroon, en was die Engelse uitgawe, Life on commando during the Anglo-Boer War, die naaswenner van die Sunday Times Alan Paton-toekenning. Die boek, Verskroeide aarde (en sy Engelse uitgawe Scorched earth) waarvan Pretorius die redakteur is, het groot belangstelling gewek, soos ook The great escape of the Boer Pimpernel: Christiaan de Wet, wat ’n vertaling is van sy boek getiteld Die eerste dryfjag op hoofkmdt CR de Wet. ’n Populêre werk getiteld De la Rey: Die Leeu van Wes-Transvaal het in 2007 verskyn. Historical Dictionary of the Anglo-Boer War, het in 2009 by Scarecrow Press in die VSA verskyn. Sy topverkoper Verskroeide Aarde is in ’n gewilde televisiedokumentêr omskep en in 2017 heruitgegee.

In 1998 is die Stals-prys vir Historiese Wetenskappe aan hom toegeken,  en in 2001 het hy die FAK Prestige-prys en in 2002 die Presidentstoekenning van die Rapportryers ontvang vir sy bevordering van kennis oor die Anglo-Boereoorlog.

 

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n lesersindruk

Fransjohan Pretorius Lesersindrukke 2018-02-27

"Hierdie is ’n kragtoer. Nie alleen was dit ’n skitterende idee om in die Hervormingjaar 500 op die spoor van Luther en andere soos Calvyn sy reise te boek te stel nie, maar die beplanning en besinning oor waarheen die skrywer wil reis, is briljant."

Verskroeide aarde: ’n onderhoud met Fransjohan Pretorius

Fransjohan Pretorius, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-08-14

"Ek dink ons almal se ervaring is egter dat soos ons ouer word, die geskiedenis vir ons belangriker word. Ek weet dat baie Afrikaanse ouers vir hul kinders van die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe vertel en wil vertel."

Top