Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, deur Naledi gepubliseer.

Trompie ’n chauvinis?

Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen Onderhoude 2022-07-14

Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

Ronel van Oort, Estelle Kruger Onderhoude 2022-06-22

"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – ’n afdraaipad na interkulturele onderwys

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-10

"Ek het by beide die kontak- en afstandsonderrig studente aangemoedig om Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot te lees omdat dit ’n gebruikersvriendelike aanslag het en hulle eweknie in Drum en You gevind kon word om te help met leesbegrip en hulle aanleer van Afrikaans. Tog jammer dat daar nie toe reeds 7de Laan (wat eers in 2000 verskyn het) op die televisie was nie."

’n Heilige oomblik

Estelle Kruger Poësie 2022-06-01

"wanneer
jy by die strandmeer
’n engel ontmoet
terwyl sy honde
heen en weer hol"

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-03

"Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die 'landstaal' onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is."

Elders gesien: “Waar is weg, Mamma?”

Estelle Kruger Elders gesien 2021-12-22

"Vandag het ek die molshoop-masurka gedans. Gewapen met tuinhandskoene en plastieksakke was my weeklikse pilates-oefeninge om op-en-af te buk, gemors te pluk."

Losprys in Parys, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-12-20

"Die byna humoristiese aanslag van die verhaal relativeer die spanning en die gevare waaraan sy blootgestel is. Die storielyn vloei lekker en dit kan tieners bewus maak van die gevaar daarvan om iemand té maklik te vertrou."

’n Klein bietjie magic, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-26

"Die verhaal handel uiteindelik oor Janke se ontwikkelende vriendskap met Stefan, wat belangstel in en kennis het aangaande sterre – hy wil ’n sterrekundige word. Hy en Adriaan en hulle pa woon in McDougallsbaai en gee vroeg in die verhaal te kenne dat hulle ’n ruimteskip gesien het en dit geheim hou."

Op die maat van Maya, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-22

"Die titel is meerduidig – dit kan handel oor musiekritme (maat), en ook oor Maya se vriende (maats)."

Verkleurmannetjie deur François Bloemhof, ’n lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-10-20

"Omdat die roman baie slim geskryf (gekonstrueer) is, wil ek die skrywer salueer deur dit so deeglik as moontlik te bespreek."

Tyd om te skaats deur Jacolet van den Berg, ’n lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-10-18

"Hannah se kreatiewe taalgebruik deur middel van vars vergelykings en metafore in beskrywing van haar gedagtes en gevoelens kan die leser se verbeelding stimuleer om só opnuut bewus te raak van die kreatiewe krag van taal en hoe dit ’n ewewig skep en moralisering voorkom."

’n Boekgesprek met Anna Emm

Estelle Kruger, Anna Emm Skrywersonderhoude 2021-10-01

"Stephen King het dit een keer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar."

Wat Werner doen met sy drie miljoen deur Tertius Janse van Rensburg, ’n resensie

Estelle Kruger Resensies 2021-09-22

"Nou begin die groot uitdaging: Sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?"

Tao van wakker word deur Abel Pienaar: ’n Persoonlike indruk en huldeblyk

Estelle Kruger Boeke en skrywers 2021-09-22

"Hierdie stuk is nie ’n resensie nie, maar ’n essay met my gewaarwordinge van wakker word rondom die boek en my eie ervaring van ’n spirituele reis saam met Abel Pienaar terwyl ons per e-pos die gesprek vir LitNet beplan het. Ek bied in hierdie huldeblyk ’n (langasem) oorsig oor die inhoud van hierdie boek en verwys telkens na enkele verbandhoudende tekste."

COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Estelle Kruger Skole 2021-07-28

"Wat vir my uitstaan in onderrig – behalwe die vakinhoud – is kreatiwiteit, humor en pret."

Top