Ernst Kotzé

Ernst Kotzé is emeritus professor van die NMMU en navorsingsgenoot en nagraadse dosent aan NWU. Hy studeer aan UK (BA en BA (Hons)) en Wits (MA en PhD). Hy gee onderrig aan Wits, Unizul, UPE en NMMU. Hy publiseer in Afrikaans, Nederlands, Engels, Duits, Frans en Japannees 43 boeke en hoofstukke in boeke, 49 artikels in geakkrediteerde tydskrifte en 5 internetpublikasies, en lewer 39 referate by kongresse. Sy navorsingsgebiede sluit in: algemene en vergelykende taalwetenskap, sosiolinguistiek, leksikografie, taalbeplanning en -beleid, historiese taalkunde, vertaalkunde, forensiese linguistiek.

Aktiwiteite waarby hy betrokke is, sluit in:

  • Wetenskaplike redakteur van SA Tydskrif vir Taalkunde (1995−98)
  • Medevoorsitter, Forum vir Grammatikamodelle, Internasionale Germanistevereniging (5-jaar-periode) en beoordelaar van referate vir Vyfjaarlikse Kongres in Vancouver (1995)
  • Ondervoorsitter Taalkommissie en voorsitter vanaf 2003 tot 2012
  • Lid Provinsiale Taalraad Oos-Kaap, NTLA (PanSAT), Nasionale Pleknaamkomitee, en Elisabeth Eybers-keurkomitee, Raadslid Afrikaanse Taalmuseum
  • Lid van die redaksionele komitees van Literator, Lexikos, Tydskrif vir Taalonderrig, SA Tydskrif vir Taalkunde, SALALS, Werkwinkel (Poznan, Pole), Tydskrif vir Geesteswetenskappe
  • Assessor: RGN en NNS (NRF)
  • Sameroeper van NNS (NRF) se Spesialistekomitee Tale en Linguistiek en lid van die Graderingspaneel vir Navorsers in die Sosiale en Menswetenskappe (2002–5)
  • Eksterne eksaminator van tesisse aan RU, UK, UWK, Wits, Unisa, UOVS, RAU/UJ, UP, Unizul, UKZN, NWU.

Hy ontvang onder ander die volgende toekennings:

  • Alexander von Humboldt (1988–89), Münster
  • Senior navorserstoekenning RGN (1988–89), UPE (2000)
  • Besoekende professor Tokiose Universiteit van Buitelandse Studies (2000) en Universiteit van Kioto (2008–09)
  • CJ Langenhoven-toekenning vir Linguistiek in 2003, CL Engelbrecht-prestasieprys (Taalkundige Navorsing) in 2009 (SA Akademie vir Wetenskap en Kuns)
  • ATKV-toekennings in 2006 vir leksikografie, Afrikoon-toekenning vir bevordering van Afrikaans op akademiese gebied (2005)
  • Marnixring Internationale Toekenning (België) in 2006 vir internasionale bydrae tot ontwikkeling van Nederlands en Afrikaans.


Anonieme skrywers en outeursidentiteit

Ernst Kotzé Menings 2022-11-30

"Forensiese linguistiek behels die toepassing van taalkundige beginsels om kwessies rakende (onder andere) outeursidentifikasie te ondersoek en bewyse te lewer wat juridiese waarde het."

Die 2020-Bybelvertalingsproses as avontuur vir die taalkundige

Ernst Kotzé Seminare en essays 2021-06-09

"’n Belangrike uitdaging was die geleentheid en vereiste om met nuwe oë te kyk na wat die bronteks wil sê en die Afrikaanse kloutjie by die oor te bring, of dit nou Hebreeus, Aramees of Grieks was. In dié opsig was dit ’n strategie om verskille in tyd, kultuur en wêreldbeskouing te weerspieël, maar ook deur die medium van Afrikaans toeganklik te maak."

Afrikaans: die groter prentjie

Menán van Heerden, Ernst Kotzé, Quentin Williams, Elvis Saal Onderhoude 2021-05-05

Hoe kan Gariep-Afrikaans genoegsame blootstelling/eienaarskap geniet? Is daar gemeenskaplike kenmerke / wedersydse invloed tussen variëteite wat maatskaplike en geografiese grense oorskry? Wat behels "algemene Afrikaans"? Is herstandaardisering die antwoord? Waar pas Standaardafrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Hoe praat jongmense in bv Namakwaland vandag Afrikaans? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.

Uit die argief: Is Afrikaans uitheems?

Ernst Kotzé Menings 2021-03-25

Is Afrikaans ’n inheemse taal? Ernst Kotzé stel ondersoek in.

Forensiese linguis analiseer anonieme artikel oor die Trump-administrasie

Ernst Kotzé Seminare en essays 2018-09-20

"Hierdie artikel was uitsonderlik, om twee redes: Eerstens was dit, op versoek van die skrywer, anoniem, iets wat volgens die redakteur ’n uiters seldsame gebeurtenis is; en tweedens is daar aangedui dat die skrywer ’n senior administratiewe beampte van die president is, en dus deel van die binnekring van die administrasie."

Christo van Rensburg (1938–2018)

Ernst Kotzé In memoriam 2018-08-20

"Hy was een van ’n geslag van ikone en uitstaande kenners van die Afrikaanse taalkunde wat ’n mens by wyse van spreke in die eregalery van Afrikaans sal vind."

The decision to declare English as the only language of record in court in South Africa: a reaction

Ernst Kotzé Seminare en essays 2018-07-03

"The question inevitably arises whether the obligation to convert all legal communication to English would have any influence on the ability of many citizens to express themselves efficiently and understand the language of the court (particularly as regards vocabulary), given the fact that English is arguably the third or fourth language of the majority of the population."

The classification of Afrikaans

Ernst Kotzé Opinion 2018-05-29

"Following a geographical point of departure, Afrikaans is an African language that originated here and reflects the name of the continent (the only language in Africa having this characteristic)."

Die klassifikasie van Afrikaans

Ernst Kotzé Menings 2018-04-18

"Terwyl mites en emosies alreeds die houdbaarheid van taalafbakening onder verdenking plaas, is die eerste kenmerk, naamlik norme, wel ’n begrip wat ’n mens in staat stel om ietwat genuanseerd en met ’n mate van objektiwiteit te kyk na hoe tale in die wêreld geklassifiseer word. By die beoordeling van hoe ’n bepaalde taal, soos Afrikaans, of ’n groep tale, soos Germaans, geklassifiseer word, moet die vraag na die norme wat toegepas word, dan voorop staan."

Kaaps en (her)standaardisering

Menán van Heerden, Ernst Kotzé Menings 2018-03-14

"In die ontstaansgeskiedenis van Standaardafrikaans is 'oorleg met alle gebruikers' kennelik ’n leemte wat ’n hoë prioriteit moet wees by die hantering van taalnormering vorentoe."

Afrikaans, Afrika en Japan: Afrikaans-Japannese woordeboek

Menán van Heerden, Ernst Kotzé Onderhoude 2017-08-02

"Die publikasie daarvan is glad nie kommersieel van aard nie, maar in die eerste plek akademies, omdat ’n vertalende woordeboek waarskynlik een van die beste maniere is om die woordeskat, uitspraak en kulturele agtergrond van tale met mekaar te vergelyk."

Enkele woorde oor Henning Snyman

Ernst Kotzé In memoriam 2017-04-07

"’n Opvallende kenmerk was dat hy sy uitstaande intellek met sy geloof kon integreer, en die insigte van die wetenskap as deel van die goddelike openbaring geïnterpreteer het."

In memoriam: Anton Prinsloo

Tom McLachlan, Ernst Kotzé, Frikkie Lombard In memoriam 2016-02-24

"Ek hoop nie ouderdom of Alzheimers ontneem my ooit die herinneringe aan Anton nie, want my lewe is breed verryk deur sy kollegialiteit en kennis, sy vriendskap – trouens, sy hele menswees."

Tel jou woorde voor jy skryf

Jean Oosthuizen, Ernst Kotzé Onderhoude 2015-12-09

Mense wat  dink hulle kan lasterlike sms-boodskappe of haatspraak op sosiale media onder vals profiele die wêreld instuur en daarmee wegkom, kan hulle lelik misgis en hulle rieme in die hof styfloop.

Die mentaliteit van monokultuur

Ernst Kotzé SêNet-briewe 2015-11-26

Die “trots Afrikaanses” van Stellenbosch, die laaste generasie wat in Afrikaans daar verder kon studeer, voel klaarblyklik nou vere vir die volgende geslagte wat nie hierdie voorreg sal hê nie ...

Top