Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Hennie Aucamp (1934–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-01-14

"’n Mens moet leer om ’n afstand tot dinge én mense te behou. So bly dinge en mense vir jou nuut; só bly jy ook vir bekendes nuut." Hennie Aucamp se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Riana Mouton (geboortejaar onbekend)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-11-30

"Ek sien skryf as selfontdekking. Ek het ’n kant van myself ontdek wat ek van hou."

Marié Heese (1942–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-11-23

"As jy die skrywersgeen het, is daar nie uitkomkans nie. Jy skryf jou lewe lank. Al publiseer jy nie noodwendig nie."

PJ Philander (1921–2006)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-11-16

"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son."

JC Steyn (1938–2021)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-10-21

"Taalstryde wat in taalliefde bly vassteek, het geen kans op sukses nie. Die geslaagde taalbewegings is dié waarin die bevordering van die taal gekoppel word aan die bemagtiging en opheffing van die mense wat dit praat."

Steve Hofmeyr (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-09-29

"Máár as ek skielik weggevat word, sal ek nie kan sê dat ek ooit verveeld was nie."

Cor Nortjé (1938–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-31

"Ek glo ’n mens moet jouself gedurig vernuwe. As ek iets aanpak en dit nie voltooi nie, is dit vir my ’n persoonlike nederlaag."

Rosa Smit (1945–2021)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-24

“Ek weet presies hoekom elke woord in elke gedig van my staan.”

Lionel Sheldon (1927–1996)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-18

"Lionel George Sheldon is op 2 Junie 1927 op Malmesbury in die Swartland in die Wes-Kaap gebore."

Carina Diedericks (1977–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-07-22

“Op my tagtigste verjaardag wil ek die tango dans, Veuve Clicquot drink, sushi eet en dink aan wat my gunstelingskrywer, André P Brink, gesê het: ‘Only by dreaming and writing the impossible can life be made possible once again.’”

Martin Steyn (1976–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-07-06

"Die skrywer is maar die koord wat stories aanmekaar bind." Lees oor Martin Steyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Kerneels Breytenbach (1952–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-06-22

"Mens leer gou dat elke boek, ongeag wat dit is, iets besonders is, en ’n spesifieke soort kreatiwiteit vereis. En dat elke skrywer ’n unieke mens is." Lees oor Kerneels Breytenbach se lewe en werk.

Charl-Pierre Naudé (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-06-15

"Ek dink nie ’n roman, net soos met ’n digbundel, hoef te begin met ’n sêbare idee nie. Dis ’n idee wat jy voel. As jy geweet het wat die idee was en dit in een sin kon sê, sou jy waarskynlik nie die boek geskryf het nie." Lees oor Charl-Pierre Naudé se lewe en werk.

Sheila Cussons (1922–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-05-12

"Die poësie gaan nie om vertoon nie. Die proses is ’n misterie. Die skepping of die bevryding van ’n woord in jou."

Clinton V du Plessis (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-04-09

"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

Top