Ena Jansen

Ena Jansen het aan die universiteite van Stellenbosch en Utrecht gestudeer en was 16 jaar lank verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van die Witwatersrand. Tans is sy hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, dosent by die afdeling Literatuur en Samenleving aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en ook Navorsingsgenoot aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het in 1992 by Wits gepromoveer op haar werk oor Elisabeth Eybers, en haar boek oor die digteres, Afstand en verbintenis, het in Suid-Afrika sowel as in Nederland verskyn.

Ander boeke is onder andere Praktiese Nederlands (saam met Gerrit Olivier), twee Blokboeke oor romans van Karel Schoeman, Boer en Brit (‘n bloemlesing met Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Boereoorlog, versamel en ingelei saam met Wilfred Jonckheere; in Afrikaanse en Nederlandse uitgawes,), Briewe uit ou Transvaal (deur die Nederlandse onderwyser Jan Hoogeveen uit die ZAR aan sy vrou op Urk; versamel en ingelei; in Afrikaanse en Nederlandse uitgawes), My ma se ma se ma se ma (saam met Riet de Jong-Goossens en Gerrit Olivier; ’n geredigeerde bundel met lesings uitgespreek toe Ena 5 jaar UvA-hoogleraar was) en Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste (Protea Boekhuis, 2015). ’n Herdruk van Soos familie en die Nederlandse vertaling Bijna familie (Cossee) verskyn in 2016. Anna Barry se Boereoorlogdagboek Ons Japie (met ’n voor- en nawoord deur Ena) verskyn ook in 2016 by Protea.

Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum

Menán van Heerden, Ena Jansen Onderhoude 2024-02-12

Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.

Elders gesien: Vernon February is ook al 21 jaar gelede oorlede

Ena Jansen Elders gesien 2023-11-23

"Môre is Vernon February ook al 21 jaar gelede oorlede. Hy was ’n boorling van Somerset-Wes. Jare lank het hy in Amsterdam se Rivierenbuurt gewoon en altyd vir my soos Rembrandt gelyk met sy baret en groot jas."

Die Eybers-dag – Letterkundetoer 2023

Ena Jansen Boeke en skrywers 2023-08-09

"Dis dag een van die tiendaagse Letterkundetoer deur Marieta Nel en Karin Tomlinson georganiseer. Elisabeth Eybers (1915–2007) is die vanselfsprekende eerste fokuspunt."

"Transition starts at home" – Ena Jansen se toespraak by CAANS 2022

Ena Jansen Seminare en essays 2022-09-22

Kyk hier na Ena Jansen se hooftoespraak (keynote address), getitel "Transition starts at home", via Zoom gelewer en opgeneem tydens die 91ste internasionale kongres vir lettere en wysbegeerte en sosiale wetenskappe (International Congress for the Humanities and Social Sciences) in Kanada.

Geheime van blitsverkopers in Afrikaans

Ena Jansen, Joanita Erasmus-Alt, Hennie van Coller Skrywersonderhoude 2022-03-16

"Reeds in 1979 het ek op ’n dag aan Charles Malan gesê dat as hy my sou sê waar ’n persoon gestudeer het, wie sy vriende (en vyande) is, ens, dan sou ek voorspel wat die beoordeling van sy werk sal wees." – Hennie van Coller oor sy en Joanita Erasmus-Alt se Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking.

Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam

Ena Jansen, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-08-03

"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Ena Jansen se bydrae

Ena Jansen Boeke en skrywers 2020-08-27

"Sy het die gawe gehad om ’n 'plain tale', om alledaagse werklikhede, dwingend te vertel; om swaarkry en onreg, pretensie en harteloosheid, angs en liefde aan haar lesers voor te hou."

"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert oor Spertyd

Ena Jansen Skrywersonderhoude 2020-06-24

"Op 6 November 2017 het ek op versoek van die Stellenbosse Woordfees-organisasie ’n onderhoud met Elsa Joubert in haar woonstel in Berghof, Hofstraat, Kaapstad gevoer."

Elders gesien: In memoriam – Elsa Joubert

Ena Jansen Elders gesien 2020-06-15

"Elsa Joubert (1922–2020) was altyd baie spesifiek oor plek – oor waar sy gestap en gereis het, oor Leeukop wat haar laaste uitsig was. Vanoggend wou ek nêrens anders stap as langs haar Oranjezicht-strate nie. Die eerste 4 foto’s is van haar en Klaas Steytler se huis in Belvederelaan waar sy onder meer Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) geskryf het."

Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen

Ena Jansen Kwarantynketting 2020-04-16

"Ondertussen is die Kaap se strate so goed as tjoepstil, die lugruim leeg; en dieselfde skip lê dae lank alleen in Tafelbaai. Hadedas skater oor die stad en voëls twiet-twiet-twiet onder in die tuin. Die sterre is helder en laasweek se volmaan skitterend. Soggens kan ek nie wag dat die son opkom nie."

COVID-19: Huiswerkers in onrustige tye

Ena Jansen Seminare en essays 2020-04-08

"Wanneer Suid-Afrikaners van onrus praat, is die veronderstelling immers byna vanselfsprekend dat dit polities van aard sal wees. Maar hoe het ons moeilikheid en onrus nie die afgelope tien dae verander nie!"

In hierdie huis

Ena Jansen Elders gesien 2019-02-11

"Die man wat die Koran in Afrikaans vertaal het (gepubliseer in 1961) het sy jeugjare in hierdie huis in Simonstad deurgebring."

’n Stap – en alleen by Dalebrook se getypoel

Ena Jansen Elders gesien 2019-01-22

"’n Salige dag, mede danksy hierdie passasie in Age of Iron wat my altyd so ontroer."

Karel Schoeman (1939–2017) – herinneringe aan die buitestander

Ena Jansen In memoriam 2017-05-17

"Skielik het ek Karel Schoeman diagonaal oor einste daai 'onbeboude blok plus windpomp' aangestap sien kom. Regop en rustig, met ’n wandelstok in sy hand, geklee in ’n kakiebroek met bruin baadjie, serp om en hoed op."

Emily Hobhouse (1860–1926) en haar biograwe: US Woordfees 2017

Ena Jansen Seminare en essays 2017-03-16

"Elke generasie stel nuwe vrae en het ander belange; elke biograaf sal daarom vanuit die kennis en ervaring van ‘n bepaalde eie tyd ‘n ander beeld van daardie persoon ontwerp."

Top