Elvis Saal

Elvis Saal is ’n medeprofessor in die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy doseer Afrikaanse taalkunde op voorgraadse en nagraadse vlak, in die besonder sosiolinguistiek en dokumentontwerp. Sy navorsingsgebiede sluit in sosiolinguistiek en dokumentontwerp, en spesifiek taalverandering en die gebruik van tienertaal in dokumentbemiddelde kommunikasie. Hy het al verskeie artikels hieroor in akademiese tydskrifte gepubliseer en ook hoofstukbydraes in akademiese boeke soos Kontemporêre Afrikaanse taalkunde (2017), Toegepaste taalkunde in Afrikaans (2022) en Fritz Ponelis en die Afrikaanse taalwetenskap (2023) gelewer. Hy het van 2014 tot 2019 as raadslid van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) gedien, en gedurende die tydperk 2017–2019 as voorsitter van die raad. Hy is ’n lid van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.

Grootste projek nog oor Afrikaans se variëteite

Freek Robinson, Elvis Saal, Wannie Carstens Onderhoude 2023-07-19

Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit die eerste keer gepraat? Moet Kaaps gestandaardiseer word? Onderwysers wat insae het in die onderrig van Afrikaans se variëteite, neem asseblief kennis: Die navorsers wil graag van julle hoor!

 

The distinguishing style features of the SMS Afrikaans of Generation X and the contribution of these features to the creation of social meaning

Johan Ferreira, Elvis Saal Academic research 2022-11-29

"The distinguishing features serve as linguistic resources through which the participants create social meaning, which manifests as establishing online social identities and maintaining social relationships."

Enkele onderskeidende stylkenmerke van, en die totstandkoming van sosiale betekenis in, Generasie X se SMS-Afrikaans

Johan Ferreira, Elvis Saal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-29

"Daar is gevolglik betreklik min oor die taalgebruik van ’n generasie bekend wat oënskynlik gedy as die skeppers, ontwikkelaars en gebruikers van al die inligting- en kommunikasietegnologie waarmee 'digitale aangeborenes' grootword."

Afrikaans: die groter prentjie

Menán van Heerden, Ernst Kotzé, Quentin Williams, Elvis Saal Onderhoude 2021-05-05

Hoe kan Gariep-Afrikaans genoegsame blootstelling/eienaarskap geniet? Is daar gemeenskaplike kenmerke / wedersydse invloed tussen variëteite wat maatskaplike en geografiese grense oorskry? Wat behels "algemene Afrikaans"? Is herstandaardisering die antwoord? Waar pas Standaardafrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Hoe praat jongmense in bv Namakwaland vandag Afrikaans? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

Naomi Meyer, Elvis Saal, Cliffordene Norton Skole 2020-08-26

"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat

Elvis Saal SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-07-10

"Dialekte geniet maar nog steeds slegs beperkte aandag in die Afrikaans-klaskamer, en daarmee saam is die sosiale evaluering van dialekte ook nie altyd gunstig nie. Dialekte word dikwels eerder gesien as ’n besoedeling van die standaardvariëteit, eerder as wat dit as ’n hulpbron gesien word wat waarde tot die verwerwing van die standaardvariëteit kan toevoeg."

ATR-komvandaan-seminaar 2019: Van “brokwa” tot “broodgoed” – op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans)

Elvis Saal Universiteitseminaar | University Seminar 2019-11-13

"Veranderinge in taal (en dus by implikasie ook taalgeskiedskrywing) funksioneer nie in isolasie nie, maar is ʼn produk van die sosiopolitieke konteks van sy tyd."

''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners

Elvis Saal, Donovan Lawrence LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-02-07

"Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal."

“Jol”, “antie”, “pelle”: omgangstaal in poniekoerante

Menán van Heerden, Elvis Saal Onderhoude 2017-05-10

"Kodevermenging in poniekoerante dien nie net as ’n aanduider van die veranderinge in die sosiopolitieke dinamika van die Afrikaanse spraakgemeenskap nie, maar het ook die potensiaal om onder lede van die spraakgemeenskap ’n bewustheid van hierdie veranderinge te skep."

Exploring language variation in the Afrikaans tabloids Son and Sondag

Elvis Saal Academic research 2017-04-13

"Writers of tabloids do not attempt to integrate all the features of the relevant social dialect of the target reader, but in their stylisation focus on those distinctive features that the reader could easily recognise and identify with."

’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag

Elvis Saal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-04-13

"Die vernakulêre style soos uitgebeeld in die twee Afrikaanse poniekoerante is nie – soos daar baie keer aangevoer word – slegs ’n verlengstuk van Engels nie, maar het nog die vermoë om met oorspronklike Afrikaanse skeppings vorendag te kom en Afrikaans op dié wyse te voed en te laat groei."

“Moetie rai gammattaal gebrykie”: Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies

Elvis Saal, Joline Blignaut Academic research 2011-11-10

Adam Small het met sy gebruik van Kaaps in sy dramas en digbundels daarin geslaag om Kaapse Afrikaans as literêre skryftaal te vestig. In hierdie studie word aan die hand van Howard Giles se sogenaamde Kommunikasie-akkommodasieteorie ...

Top