Ellen Botha

Ellen Botha (Keet) is gebore en getoë in Senekal. Sy studeer vir vier jaar aan die Universiteit Kaapstad se Musiekkollege met hoofvakke klavier en harp. Daarna gee sy musiek by skole in die Kaap, ook by die Pretoriase Kollege vir Gevorderde Tegniese Onderwys. Sy het heelwat opgetree as klavier-solis met orkeste, asook solo-uitvoerings op beide die harp en die klavier gelewer.

Hoewel geen taalkundige nie, geniet sy dit om met woorde te speel. Twee humoristiese versbundels het uit haar pen verskyn en deesdae het sy heerlike pret met rympieboeke en stories vir die skolemark.

Ellen was getroud met Nick Botha en hul seun Joe is ’n groot vreugde in hul lewe.

 

AD Keet: Die man met die sandale agter "Muskietejag"

Ellen Botha, Rosa Keet, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2021-07-22

AD Keet se "Muskietejag" is een van die bekendste gedigte in Afrikaans. Sy dogters Ellen Botha en Rosa Keet deel herinneringe en foto’s van die digter wat nog nooit voorheen in die openbare domein was nie.

 

Adam Small – só onthou ek een van ons grootste digters

Ellen Botha In memoriam 2016-06-30

"Met hartseer, maar met groot dankbaarheid neem ons afskeid van jou."

Só onthou ek Charles Fryer

Ellen Botha 2014-11-26 "En nou het hy ook 'n bietjie gaan skuinslê. Vir oulaas. Ek is dankbaar vir al die aangename lees- en luisterervarings wat Charles op my pad gebring het."
Top