Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019

Dewald Koen Seminare en essays 2020-01-08

In hierdie LitNet Akademies-resensie-essay skryf Dewald Koen oor drie publikasies deur en oor Breyten Breytenbach: breyten breytenbach – woordenaar woordnar: ’n Huldiging; Rooiborsduif: Gedigte oor die liefde en op weg na kû.

Boekresensie: Grondwoorde 2018 saamgestel deur Wouter J Gildenhuys

Dewald Koen Resensies 2019-12-04

"Die afgelope paar weke het dit my weer eens opgeval hoe die Afrikaanse taal gedurig onder beleg verkeer.  ... Meer projekte van hierdie omvang is nodig om nie alleen Afrikaans as taal te bevorder nie, maar ook om kreatiewe skryfwerk onder ’n nuwe generasie jongmense aan te moedig."

Resensie: Die man van Quatro deur Calvyn van Niekerk

Dewald Koen Resensies 2019-12-04

"Sodra ’n leser dink hier is net nóg ’n nuwe misdaadroman in Afrikaans, word jy aangenaam verras met Van Niekerk se roman wat nie bloot ’n voorspelbare resep van clichés is nie."

Resensie: Gedeeltelik bewolk deur Ruan Kemp

Dewald Koen Resensies 2019-12-02

"Geen skrywer kon tot op hede die trauma wat dienspligtiges tydens die Grensoorlog ervaar het so eerlik oopkloof nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Dewald Koen Resensies 2019-11-12

"Wat Hond se gedagte van ander rugbyromans onderskei, is ongetwyfeld Breytenbach se skerp sin vir humor."

Breyten op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breyten – Dewald Koen en Gerard Scharn

Dewald Koen, Gerard Scharn Boeke en skrywers 2019-09-11

Dewald Koen: "In die gedig “3.14 (Taalstryd)” uit die bundel Lewendood wend die spreker homself tot ironie om die taalstryd ten opsigte van die erkenning en bevordering van Afrikaans binne die politiese sfeer van die gebeure voor en na afloop van die 1976 Soweto-opstande te verwoord". Gerard Scharn: "Welgeluksalig is die kinders van Dimbaza, van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater, zwarte vlekken op een witte kaart. Wist ik veel, ik was er niet geweest om erover mee te kunnen praten of erover te oordelen."

Boekresensie: Ek kom terug deur Adriaan van Dis (vertaal deur Daniel Hugo)

Dewald Koen Resensies 2019-09-10

"Die Nederlandstalige Ik kom terug het in 2014 verskyn en is in 2015 bekroon met die Libris Literatuurprys. Die Afrikaanse vertaling is behendig deur Daniel Hugo behartig."

Boekresensie: Koebesie deur Trienke Laurie

Dewald Koen Resensies 2019-09-10

"Die bundel inkorporeer beide Laurie se voorliefde vir kuns met dié van poësie. Talle van Laurie se tekeninge en skilderye verskyn in die bundel asook op die voorplat."

Boekresensie: Verslag deur Clinton V du Plessis

Dewald Koen Resensies 2019-07-15

"Verslag demonstreer Du Plessis sy fyn aanvoeling vir die menslike psige. Hy is een van die min Afrikaanssprekende digters wat die lot van die gewone man en vrou op toeganklike dog deernisvolle wyse verwoord."

’n Dosent wat die digkuns in die sneeuvlokkie raaksien: Dewald Koen deel sy studente se poësieplakkate

Dewald Koen Skryfwerk 2019-06-13

Dewald Koen, betrokke by die Fakulteit Opvoedkunde  aan die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth (by die afdeling Aanvangsonderwysopleiding), se passie is Afrikaanse letterkunde en poësie. Hy het onlangs vir sy eerstejaarsklas gevra om plakkate van Afrikaanse digters en hul werk te maak.

#SansSouci: ’n Gesprek met ’n oudonderwyser oor wat onderwysers én kinders nodig het

Naomi Meyer, Dewald Koen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2019-02-14

"Kinders benodig meer as net fisiese dinge soos kos, klere en ’n dak oor hul kop. Suid-Afrikaanse kinders smag na emosionele ondersteuning."

Die wêreld van die storie deur Willie Burger

Dewald Koen Resensies 2019-01-09

"In die inleiding skryf Burger dat sy boek ontstaan het 'uit die verwondering daaroor dat mens heeltemal meegevoer kan raak deur ’n storie'. Hy plaas veral klem op die ervaring wat die leser van ’n storie het en op watter wyse daar ’n beleefbare wêreld in die leser se verbeelding tot stand kom."

Studying while black. Race, education and emancipation in South African universities

Dewald Koen Resensies 2018-09-11

"Akademici is te bang om openlik kritiek uit te spreek. Almal skuil onder die radar en hoop maar dat die semester sonder enige voorvalle sal verloop. Die feit is dat Suid-Afrikaanse universiteite op ’n spreekwoordelike tydbom sit."

Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek se winterskool 2018

Dewald Koen NeerlandiNet 2018-07-18

"Vanaf 1 tot 7 Julie het studente verbonde aan agt Suid-Afrikaanse universiteite, asook die Universiteit van Namibië, in Port Elizabeth byeengekom vir vanjaar se winterskool. Altesaam 23 studente het die weeklange kursus in Nederlandse taalverwerwing asook Nederlandse en Vlaamse letterkunde gevolg."

Vandag wil ek my blou skoene dra deur Koos Kombuis: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2018-05-23

"Na twee dekades (en seker baie wyn tydens die bepeinsing oor wat professor doktor Opperman as verruklike poësie sou beskou het) het ’n nuwe digbundel uit Koos se pen verskyn."

Top