Dewald Koen

Dr Dewald Koen is in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) gebore. Hy matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Andrew Rabie. Hy studeer aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) en voltooi ’n BA-, BA Hons (Afrikaans & Nederlands) en NGOS (VOO-fase) kwalifikasie gevolg deur ’n MA-graad in Afrikaans. Sy verhandeling ondersoek die reispoësie van Joan Hambidge in Visums by verstek. Sy DPhil-studie aan die Universiteit van Fort Hare fokus op ’n ekokritiese lees van Marlene van Niekerk se Kaar.

Hy onderrig Afrikaans aan verskeie Oos-Kaapse hoërskole en was tot en met Augustus 2016 Afrikaans departementshoof aan Kingswood College in Makhanda (Grahamstad) waarna hy Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Fort Hare se Oos-Londenkampus doseer. Sedert April 2019 is hy verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse letterkunde doseer. Naas resensies en akademiese artikels skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 

Die Melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2024-01-04

"Die rol van die vrou in die konteks van landbou, grond, oorlog, asook vredemakers en bewakers van die verlede word opnuut belig."

Van toeka af die toekoms in deur Angelique van Niekerk en ander: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2024-01-03

"Alhoewel die toekoms van Afrikaansdepartemente aan talle Suid-Afrikaanse universiteite in die weegskaal verkeer, dui dié publikasie daarop dat die Afrikaansdepartement aan die UV nog lank nie boedel oorgegee het nie."

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-12-06

"Joernaal is ’n toeganklike bundel waarin eietydse maatskaplike uitdagings geopper word en temas soos die ars poëtika, die toekoms van Afrikaans as taal, asook die digterlike outobiografiese kode sterk figureer. Dié bundel het my met ’n gevoel van genoegdoening gelaat."

Ouma Mollie gaan terug skool toe deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-11-27

"Hierdie stoute ouma is pret! Sy maak dalk nie die lekkerste fudge nie en sy verstaan nie priemgetalle nie, maar ’n dag saam met haar sal geen kind ooit vergeet nie."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-10-18

Kammawaarwêreld is ’n roman waarby talle lesers aanklank sal vind. Met die einde van die jaar wat nader kruip, is hierdie die ideale roman om tydens die vakansie te lees en te reflekteer oor die lewe en die betekenis daarvan. Want soms wil elke mens dalk net vir ’n wyle van sy of haar eie “storie” ontsnap en die nagmerrie in ’n sprokie omskep."

Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-10-11

"Op vernuftige wyse bring Jaekel Strauss die verskillende storielyne bymekaar en onderneem Klarissa nie slegs ’n reis op soek na haar familiegeskiedenis nie, maar ontdek sy geheime wat oor landsgrense en eeue heen strek."

Afrikaans Huistaal: Literêrenavorsingstaak – voorbeelde vir graad 9 en graad 11, kwartaal 3

Dewald Koen Skole 2023-08-10

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Dewald Koen verskaf raad en wenke aan leerders, ouers en onderwysers.

Wat moet ons as literatore dan doen?

Dewald Koen, Willie Burger Seminare en essays 2023-07-27

"Is daar dan enigsins ’n nut vir wat ons as literatore doen behalwe om die 'betekenis' van gediggies vir skoolkinders te verduidelik?"

Hulp vir opvoeders: ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming"

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2023-04-13

’n Opvoeder vra vir ’n bespreking van Loftus Marais se "Verkeerswaarneming" as ongesiene gedig en Dewald Koen, opvoedkundige, interpreteer die gedig wat oor meer as net algemene wroemwoede handel.

Bot deur Carien Smith: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-04-04

"Smith draai nie doekies om nie en ontbloot sonder skroom die moontlikheid van ’n toekomstige Suid-Afrika waarin iets soos beurtkrag as onbenullig afgemaak sal word vergeleke met ’n distopiese samelewing wat moontlik ons daaglikse realiteit kan wees."

Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Dewald Koen se mening

Dewald Koen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-01-27

"Moet daar ’n 'resep' wees waarvolgens gedigte, kortverhale en romans wat op skoolvlak voorgeskryf word, gekies word? Is die literêre waarde van die teks nie belangriker as die geslag, gender, seksuele oriëntasie of geloof van die skrywer, of die taalvariëteit wat deur die skrywer gebesig word nie?"

Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes deur Daniël Lötter: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2022-12-27

"Steek gerus die kers aan tydens beurtkrag en geniet Lötter se verkenning van gedaantes en gedoentes."  

Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)

Dewald Koen Skole 2022-08-18

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.

Trompie ’n chauvinis?

Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen Onderhoude 2022-07-14

Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.

Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)

Dewald Koen Resensies 2022-04-06

"Indien ’n leerder se leesvaardighede nie teen die einde van graad 3 op standaard is nie, sal die leerder se toekomstige skolastiese vordering daaronder ly. In dié opsig is Pharos se tweetalige Grondslagfasewoordeboek ’n ideale bron vir ouers/voogde en onderwysers om tuis of in die klaskamer te gebruik."

Top