Deon Vos

Deon Vos het die volgende kwalifikasies behaal: HOD (Potchefstroomse Onderwyskollege 1984); BA (Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys 1988); BEd (cum laude) (Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys 2001); MEd (cum laude) (Noordwes-Universiteit 2005) en PhD (Kategorie A) (Noordwes-Universiteit 2010).

Hy is in 1985 as ʼn onderwyser aangestel, daarna bevorder tot departementshoof in 1992 te Laerskool Stilfontein. In 2000 is hy as adjunkhoof by daardie skool aangestel en in 2004 as skoolhoof van dieselfde skool. In 2016 het hy ’n betrekking as senior lektor in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe se Skool vir Opvoedkundestudies aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) aanvaar, waar hy in 2023 as medeprofessor aangestel is. Sy navorsingsfokus is onderwysbestuur en -leierskap, asook  vergelykende opvoedkunde.

An in-depth analysis of infrastructure’s influence on the quality of education within the BRICS organization

Deon Vos, Louw De Beer Academic research 2024-03-20

"The overarching goal is to discern how the quality of education in these diverse [BRICS] nations is influenced by the state of their respective educational infrastructures. Despite inherent differences in context and development among these countries, the study aims to elucidate valuable lessons that can be gleaned from their approaches to educational infrastructure."

Die invloed van infrastruktuur op die gehalte van onderwys in die BRICS-organisasie

Deon Vos, Louw De Beer, Anzel Claassens LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-03-20

"Die probleem wat in hierdie studie geïdentifiseer is, is dat die gehalte van onderwys in die lidlande van die BRICS-organisasie aansienlik beïnvloed word deur die onderwysinfrastruktuur van die onderskeie onderwysstelsels."

Om al die balle in die lug te hou: 'n Gesprek oor rolkonflik by manlike onderwysers

Estelle Kruger, Deon Vos Onderhoude 2017-05-31

"Hierdie navorsing het bewys dat rolkonflik ’n baie ernstige werklikheid is waarmee rekening gehou moet word. Alle opvoeders beleef rolkonflik tot ’n sekere mate. Dit is uiters belangrik dat persone in gesagsposisies by die werk asook gesinslede toegerus moet word om rolkonflik te begryp en te minimaliseer."

Role conflict in married male educators early in the 21st century

Deon Vos, Philip C van der Westhuizen Academic research 2017-05-11

"The man still fulfils a variety of roles outside the home, including the following: he stands in a career with various roles posing challenges; he needs to develop his career; he needs to generate an income; and it is expected from him to fulfil various roles in the community and society."

Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu

Deon Vos, Philip C van der Westhuizen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-05-11

"Die belewing van beide intrarolkonflik en interrolkonflik het ’n onvermydelike negatiewe uitwerking op die psigiese funksionering van die getroude manlike onderwyser, op sy funksionering as professionele onderwyser, op sy rol as vader en eggenoot, asook op die rol wat hy in die breë samelewing moet vervul."

Top