Deon Erasmus

Deon Erasmus is ’n medeprofessor en die departementshoof van die departement straf- en prosesreg aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth. Hy verwerf die grade B Juris en LLB beide cum laude aan die Universiteit van Port Elizabeth; in 1989 word die LLD-graad deur die Universiteit van die Vrystaat aan hom toegeken. Die titel van sy proefskrif is: Simplification of the South African criminal trial process: A psycholinguistic approach. Hy is die koördineerder en aanbieder van ’n LLM-program in strafregpleging en doseer strafprosesreg en gevorderde strafreg aan voorgraadse studente. Hy tree ook op as studieleier vir meesters- en doktorale studente.

Hy was voorheen ’n staatsaanklaer en staatsadvokaat by die vervolgingsgesag.  Hy is tans ’n toegelate prokureur van die hooggeregshof van Suid-Afrika en praktiseer meestal in strafregpleging.

Hy het verskeie publikasies op die gebied van strafprosesreg en vele referate by nasionale en internasionale kongresse gelewer.

AARTO: Adjudicating of traffic offences or disallowing access to justice? 

Deon Erasmus, Hennie van As Academic research 2020-06-15

"The limitations imposed on the right to a fair trial and access to the courts cannot be justified as reasonable and justifiable in an open and democratic society as envisaged in terms of section 36(1) of the Constitution."

AARTO: Beregtiging van verkeersmisdrywe of ontsegging van toegang tot die reg?

Deon Erasmus, Hennie van As LitNet Akademies (Regte) 2020-06-15

"’n Wet wat toegang tot die howe belet of belemmer, of wat die uitwerking het dat dit die uitvoerende gesag die mag gee om besluite oor regte te neem wat deur die regsprekende gesag geneem behoort te word, is ongrondwetlik."

S v Pistorius: Open justice, media coverage of court proceedings and the elephant in the room

Deon Erasmus Academic research 2016-11-30

"The media argue that they have the duty to provide members of the public with information, which in turn will educate members of the public about the judicial process and promote the principle of open justice."

S v Pistorius: Ope geregtigheidspleging, mediadekking van hofverrigtinge en die olifant in die kamer

Deon Erasmus LitNet Akademies (Regte) 2016-11-30

"Wat die kyker sien, is nie noodwendig dieselfde wat hy of sy sou waarneem in die hofsaal nie, aangesien die uiteindelike produksie wat uitgesaai word deur die voorkeure, vooroordele en ideologiese of politieke oortuiging van die regisseur beïnvloed kan word."

Discharge of the accused at the close of the case for the prosecution: Public opinion and the right to a fair trial in terms of the accusatorial system of criminal procedure

Deon Erasmus Academic research 2015-12-15

"It is concluded that although public opinion plays a role during the interpretation of the Constitution and the application of the law of criminal procedure, public opinion remains subservient to the long-term values which the Constitution endeavours to foster and protect."

Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel

Deon Erasmus LitNet Akademies (Regte) 2015-12-15

"Adjunkregterpresident Traverso het op 8 Desember 2014 die aansoek om ontslag, na sluiting van die vervolgingsaak teen Shrien Dewani, wat aangekla was van sameswering tot ontvoering, roof en moord van sy vrou, Anni, toegestaan. Hierdie beslissing was vir die oorledene se familie en lede van die publiek in die algemeen ’n skok ..."

Top