Dawid de Villiers

Dawid de Villiers is in 1955 in Kaapstad gebore en gaan skool in Pretoria en Stellenbosch. Hy behaal nagraadse kwalifikasies in Afrikaans (MA) en Ou Testament (DTh) aan die Universiteit Stellenbosch en Universiteit van Suid-Afrika, en later ook in menslikehulpbronbestuur (MCom) en regte (LLM Kontraktereg) aan die Universiteit van Pretoria. ’n Boek Lelie van Saron, ’n moderne interpretasie van Hooglied, verskyn uit sy pen, asook enkele tydskrifartikels in verskeie vakgebiede. Hy was eers werksaam as predikant in die NG Kerk, is nou ’n arbeidsprokureur, en gee ook klas in die Departement Handelsreg aan die Universiteit van Pretoria. Hy is getroud met Gerda Cilliers en hulle het twee volwasse seuns, een ’n prokureur en die ander ’n saksofonis.

Die aanslag op my brein 

Dawid de Villiers Fiksie 2019-10-24

“Hy het nie belanggestel in my psigiese kondisie of simptome nie. Net vertel van sy wonderlike operasie wat emosies glo stabiliseer – net twee snytjies op die regter temporale lob.”

Die groep

Dawid de Villiers Fiksie 2019-04-24

"Hulle het baie saamgebid en dan het hy sommer haar klere uitgetrek en haar laat verstaan dat dit God se wil is dat hulle seks het."

 

Katrien

Dawid de Villiers Fiksie 2019-02-22

"Ons kom by haar huis, sy sluit oop en draai om na my toe. Van pure spanning soen ek haar vinnig op die wang en probeer wegkom."

Adéle

Dawid de Villiers Fiksie 2019-01-23

"Wat het verkeerd geloop? Ek was dan so goed in Latyn. In my eerste eksamen in standerd ses 99% gekry. En nou? Ek het toe nog nie besef dat daar iets groots verkeerd was en dat ek my binnekort in ’n dwangbaadjie van donker magteloosheid sou bevind nie."

Alex

Dawid de Villiers Fiksie 2018-05-24

"Maar Alex het nie die see ingestap nie. So sê hulle."

Die sonde van die kinders

Dawid de Villiers Fiksie 2018-04-04

"Daar was 10 studente in my groep en op ’n Vrydag in Januarie was die skedule dat ons Herfsland Psigiatriese Hospitaal om 9-uur sou besoek."

Winter van 1972

Dawid de Villiers Fiksie 2017-05-10

"Die opname in ’n psigiatriese hospitaal was oorweldigend.  Die een oomblik is jy nog besig, hoewel al hoe minder so, om matriek te probeer deurkom, die ander oomblik bevind jy jou tussen mense wat anders siek is as die gewone."

Dit is nie paartyd nie

Dawid de Villiers Fiksie 2017-02-14

"My bed ’n drie by ses, ’n plek van veiligheid sonder eise, maar ook ’n sel van afsondering, futiliteit en toenemende wanhoop."

The new section 145(9) of the Labour Relations Act – unique, but welcome

Dawid de Villiers Academic research 2016-09-05

"It is a big step forward to limit the prejudice to employees caused by their employers and will hopefully lead to a speedier resolution of claims in terms of an award which employees have secured as a result of due process."

Die nuwe artikel 145(9) van die Wet op Arbeidsverhoudinge – uniek, maar welkom

Dawid de Villiers LitNet Akademies (Regte) 2016-09-05

"Werkgewers sal nie meer daarby baat om die hersiening uit te rek nie. Inteendeel, dit kan die monetêre remedie wat ’n werknemer uiteindelik kan kry, drasties vergroot."

'n Vrugtekoek by die huweliksherdenking

Dawid de Villiers Fiksie 2016-08-16

"Met die wag op die aanloopbaan spot ons nog oor die naam Phoenix, wat verwys na ‘n voël wat in vlamme verbrand en sterf – en weer uit die asse hergebore word. Met die opstyg by OR Tambo is ons gewaarsku dat dit ‘n rowwe vlug gaan wees. ‘n Kaap van storms wag ons in."

Arbitrêre gronde vir onbillike diskriminasie en die bewyslas in arbeidsgeskille

Dawid de Villiers LitNet Akademies (Regte) 2014-03-17

Hierdie artikel verken in die eerste plek die geskiedenis oor die wyse waarop onbillike diskriminasie ’n selfstandige eisoorsaak geword het. Die aard van die gelyste en sogenaamde arbitrêre gronde en die verskil tussen hulle het heelwat bespreking uitgelok en is die tweede fokus van hierdie ondersoek.

Top