Danielle du Plessis

Danielle du Plessis is ’n PhD-student in biochemie aan die Universiteit Stellenbosch onder leiding van Eugene Cloete, en is sedert 2004 ’n Matie. Sy het in 2011 haar MSc behaal met navorsing oor waterfiltrasietegnologie, en is sedertdien passievol oor waternavorsing en die ontwikkeling van vernuwende tegnologie om waterverwante probleme op ’n volhoubare manier op te los. Haar PhD-navorsing behels die ontwikkeling van volhoubare tegnologie om industriële afvalwater te behandel. Sy is mede-outeur van twee eweknie-beoordeelde navorsingsartikels en is mede-uitvinder van ‘n patent en ‘n voorlopige patent.  Danielle is in 2012 gekies om haar navorsing as deel van die Youth Water Movement by die 6de Wêreld-Waterforum in Frankryk aan te bied.


Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene Cloete LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-06-08

"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."

Top