Internasionale moedertaaldag 2024 en die belang van moedertaalonderrig
2024-02-21"Die huidige dilemma waarin onderwys hom in Suid-Afrika bevind, is deels toe skryf aan die feit dat daar soveel leerders is wat nie in hul moedertaal onderrig ontvang nie. Dit word nou al hoe meer deur die onderwysowerhede besef en ons hoop dat die kwessie spoedig aangespreek sal word."
Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word?
2023-12-14"Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is ... ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees."
Verslag oor die Hoerikwaggo Indaba: ’n suksesvolle byeenkoms
2023-12-11"Wat ook duidelik na vore gekom het in die gesprekke, is dat bruin mense nie ’n rassegroep is nie, maar wel ’n kultuurgroep binne die Suid-Afrikaanse bevolking. Die verskeidenheid binne bruin geledere moet gevier en omarm word."
Waarom Wolraad Woltemade as held vereer moet word
2023-06-05"Suid-Afrika het nou helde soos Wolraad Woltemade nodig om ons te red uit die put van politieke korrektheid, van werkloosheid, beurtkrag, misdaad, ekonomiese insinking, swak gesondheidsdiens, swak onderwys, swak polisiëring en vele ander wat dringend aandag moet geniet. Dit moet nou die prioriteit wees. Nie kleinlike politiekery wat verder bydra tot ons onbenydenswaardige posisie nie."
Federalisme: ’n oplossing vir Suid-Afrika?
2023-05-10"Daar moet egter harder daaraan gewerk word om die huidige staatsbestel te maak werk. Om ’n alternatiewe staatsbestel te predik is nie haalbaar nie."
Professore Quinot en Liebenberg van die US "eet die brood, spreek die woord"
2023-03-30"Die twee professore laat dit buite rekening dat dit veral bruin, voorheen benadeelde Afrikaanse studente is wat ook net so nadelig geraak was."
DAK Netwerk se reaksie op die ondersoek van die MRK na die taalkwessie van die US
2023-03-16“Die tyd het aangebreek dat die Universiteit Stellenbosch kennis neem van konflik wat ontstaan waar taal en kultuur nie gerespekteer word nie en dit aanleiding gee tot onnodige wantroue onder studente."
Elders gesien: Ainsley Moos – ’n paar gedagtes oor sy heengaan
2023-02-06"Die onverwagse heengaan van Ainsley Moos, 45, het my diep getref ..."
’n Praktiese taalbeleid vir die Wes-Kaap
2023-01-31"Die gebruik van Afrikaans in howe en in plaaslike regerings is afgeskaal tot nul. Dit is asof die DA die plaaslike bevolking ignoreer as dit by Afrikaans en/of isiXhosa kom."
SA se onderwys sal hersien móét word
2023-01-24"’n Ander ramp was die onpraktiese samesmelting van universiteite en universiteite van tegnologie. Dit het nie bygedra tot die ontwikkeling van hoër onderwys nie. Die sluiting van kolleges vir onderwysopleiding het grootliks die krisis in onderwys vererger."
Elders gesien: Matriekuitslae van die klas van 2022 – waar is die balans?
2023-01-20"Ek sou wou sien en hoor dat daar op bruin Afrikaanse leerders in skole wat in minder gegoede woonbuurte geleë is, ook gefokus word – hulle presteer ook. Daar is ’n groot persentasie funksionele skole in ons gemeenskappe wat teen alle ongunstige omstandighede in, die beste lewer."
Elders gesien: Vandag is 1 Desember
2022-12-01"Vandag is 1 Desember. Hierdie dag speel ’n groot rol in die lewens van vele mense van slawe- en Khoi-afkoms. Slawerny is om alle amptelike redes op 1 Desember 1834 afgeskaf en het daarmee ’n ander era in Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelui. Hierdie belangrike gebeurtenis verskyn nêrens op enige kultuurhistoriese kalender in Suid-Afrika nie en word nêrens vermeld nie."
"Gemengdheid": aanvaarbaar of verwerplik? ’n Soeke na ’n versweë bruin identiteit
2022-11-04"Allan Boesak het in sy toespraak getiteld 'Chaos in my bloed' tydens ’n DAK Netwerk-galageleentheid ook verwys na die gemengdheid van bruin mense wat voortgespruit het uit 195 samekomste van bloedlyne en kulture wat ons ’n uitsonderlike groep mense maak. Ons moet hierdie gemengdheid vier en omarm, en dis iets om oor te juig."
Sê nou maar-SA skoleseminaar: Danie van Wyk reageer
2022-09-08"Vir kinders om in hul moedertaal onderrig te word sal nie slegs bydra tot beter akademiese prestasies en vordering nie, maar sal in hulle ook ’n selftrots ontwikkel, want hulle sal nie slegs gemaklik met hulself wees nie, maar sal ervaar dat hulle ’n voorreg het wat hulle te alle tye sal bevoordeel, omdat hul moedertaal deel van hul leefwêreld sal wees."
Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig
2022-09-02“Te veel van die regering se besluite is polities eerder as verstandig. Politieke wil ontbreek op groot skaal om verskeie kwessies van nasionale belang aan te spreek en om met daadwerklike optredes vorendag te kom,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.