Christo Lombard

Christo is “saam met apartheid” in Pretoria gebore, maar het sy skooljare grootliks in Windhoek deurgebring. Op Stellenbosch het hy filosofie onder Johan Degenaar en Hennie Rossouw studeer en teologie onder meer onder Willie Jonker, Nico Smith en Dirk Odendaal (1966–1974). Hy het Bybelkunde gegee by UWK (1975–1983, saam met onder meer Jannie Malan en Pieter Fourie), terwyl hy ook twee jaar verder studeer het in Utrecht en Basel. Hy het sy MTh en DTh (oor die teologie van AA van Ruler) onder Jaap Durand by UWK voltooi.  In die jare 1984–2003 was hy en sy vrou Jean (toe reeds VGK-lidmate) betrokke by die opbou van die Universiteit van Namibië, waar hy die eerste hoof van Religion and Theology was, asook dekaan,  en later direkteur van die Ecumenical Institute for Namibia, terwyl hy geloofsgebaseerde organisasies/aksiegroepe teen apartheid en vir Onafhanklikheid van Namibië, en later ook teen menseregteskendings, geïnisieer het. Ná ’n navorsingsverblyf by Princeton is hy terug na UWK (2005–2013) as professor in teologie en etiek. Ná sy “aftrede” (2013–2018) was hy bevoorreg om die leerstoel ter ere van Desmond Tutu by UWK te help vestig en was hy ook die eerste direkteur van die Desmond Tutu Centre for Spirituality and Society. Tans doseer hy aan die Lutherse Seminarie in Windhoek, Paulinum. Sy lewe is grootliks deur mentors en vriende soos hier bo genoem geïnspireer.

’n Ware profeet het ons ontval – ’n dankbare terugblik op die lewe en werk van JJF (Jaap) Durand

Christo Lombard In memoriam 2022-02-17

"Dit is ook hierdie histories-kontekstuele verstaan van die kerk as die liggaam van God in die wêreld wat eenheid, versoening en geregtigheid moet ‘beliggaam’, wat Durand se dinamiese kyk op die kerk, soos uiteindelik verwoord in die Belydenis van Belhar, bepaal."

Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie

Christo Lombard Resensies 2017-09-07

"Binne die reeds interessante gesprek tussen die teoloog en die letterkundige in hom betrek Van der Merwe die huidige aktuele 'gesprek tussen geloof en wetenskap' ook op ’n besonder deurdagte en stimulerende wyse in die ontwikkeling van sy gedagtes oor die meer omvattende en allesbepalende gesprek tussen God, mens en wêreld. Hierdie belangrikste van alle gesprekke is vir hom 'die gesprek sonder einde'."

Top