Christo Thesnaar

Christo Thesnaar is professor in die Departement Praktiese Teologie en Missiologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy spesialisering in praktiese teologie is in die subdissipline van pastorale sorg en berading. Hy het al verskeie artikels en hoofstukke in boeke plaaslik en internasionaal gepubliseer oor temas soos herinnering, trauma, geregtigheid, genesing en versoening. Hy het ook plaaslik en internasionaal aan ’n aantal navorsingsprojekte deelgeneem, onder andere “Religious identity construction and community building at the intersections of the rural, the urban, and the virtual” en “Trauma, memory, and representations of the past: transforming scholarship in the humanities and the arts”. Hy het ’n besondere belangstelling in navorsing met ʼn transdissiplinêre benadering oor die tema van versoening. Hy lewer gereeld referate by nasionale en internasionale konferensies en word ook gereeld genooi om lesings en werkswinkels by universiteite in die buiteland aan te bied. Hy werk nou saam met die Jena Centre for Reconciliaiton in Duitsland. Verskeie magister- en doktorale studente het reeds onder sy studieleiding hul grade suksesvol verwerf; ander word tans deur hom begelei. Hy is ʼn stigterslid en raadslid van The Institute for the Healing of Memories in Suid-Afrika. In hierdie verband was hy oor dekades betrokke by die aanbieding van werkswinkels oor die genesing van herinneringe

A pastoral approach of hope and compassion: An African perspective on challenges caused by the COVID-19 pandemic 

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar Academic research 2020-10-20

"The article discusses the need to address the debilitating effects of COVID-19 with a pastoral care of hope and compassion that is grounded in principles of koinonia and ubuntu."

’n Pastorale benadering van hoop en deernis: ’n Afrikaïese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-10-20

"Die realiteit van COVID-19 en die impak daarvan herdefinieer ook die rol van die kerk as geloofsgemeenskap en soos reeds aangedui, daag dit die wyse uit waarop pastorale sorg gaan realiseer. In hierdie uitdagende tye is ubuntu van kardinale belang vir COVID-19-geaffekteerde familielede."

Holistic Christian spirituality during times of illness and crisis: a hermeneutical-pastoral perspective

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar Academic research 2019-10-09

“The article investigates holistic spirituality as a basis to reflect upon the role of African spirituality during times of illness and crisis.”

Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis: ’n Pastoraal-hermeneutiese perspektief

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-09

“Die veronderstelling is dat holistiese Christelike spiritualiteit ’n sterk basis van hoop aan Afrika-mense tydens siekte en krisis bied.”

An investigation concerning the human dignity of brown state pensioners

Jacobus Carnow, Christo Thesnaar Academic research 2017-09-29

"Through preaching, Bible study, programmes and other methods, the Church could use the values of reciprocity and responsibility to assert that one should do to older people what you would like done to you."

Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse

Jacobus Carnow, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-09-27

"In hierdie bydrae is die teologiese grondslag van menswaardigheid aangewend om die menswaardigheid van ’n groep bruin staatspensioenarisse binne hul sosio-ekonomiese situasie te help interpreteer."

Top