Christo Lombaard

Christo Lombaard is medeprofessor in Christelike Spiritualiteit aan Unisa. Hy het kommunikasiekunde aan die Universiteit van Johannesburg en die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) gestudeer, en teologie aan die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van Pretoria, en behaal onder andere ’n MA-graad in die joernalistiek onder leiding van wyle Willem de Klerk (UJ), ’n PhD in Religieuse Kommunikasiekunde onder leiding van Johannes Froneman (NWU), en ’n DD in Ou Testamentiese Wetenskap onder leiding van Jurie le Roux (UP). Sy navorsingsbelangstellings sluit in Bybelse spiritualiteit, Pentateugteorie, spiritualiteitsteorie, en seksualiteit en spiritualiteit.


Opgedateer/Updated: 2011-03-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Onderhoudend: Dirk van der Merwe

Dirk van der Merwe, Christo Lombaard 2014-04-08 "In die Bybel word die wonderlikste etiese waarhede en riglyne vir dienooreenkomstige optredes aan lesers gebied."

Om die Skrif tot stilte te bring: Gewaarwordinge oor Afrikaanse Bybelse spiritualiteit

Christo Lombaard 2012-12-10 "’n Negatiewe opvatting van stilte as onderdeel van die spiritualiteit van Afrikaanssprekendes is eintlik te verwagte."

LitNet Akademies: Christo Lombaard gee sy mening oor die Jesus Seminaar

Christo Lombaard, Christo Lombaard 2011-05-31 Christo Lombaard1 reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. Oor Bybelinterpretasie ...

’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport

Christo Lombaard, Johannes Froneman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-03-17

"Godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in die dagblad Beeld en die Sondagkoerant Rapport kom hier aan die orde, omdat sodanige verwysings soms prominent in opskrifte en beriggewing voorkom en dus (waarskynlik onbedoeld) ’n sekere blikpunt bied op gewone (veral Afrikaanse) mense se geloofsreaksies op die traumas wat met misdaad en ongelukke gepaard gaan."

Wie behoort die gespreksgenote te wees van Ou-Testamentiese Etiek as ’n onderafdeling van die Ou-Testamentiese Wetenskap?

Christo Lombaard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-03-09

"Die Ou-Testamentiese Etiek word in hierdie artikel in oënskou geneem vir sover dit die plasing daarvan binne die Ou-Testamentiese Wetenskap en die implisiete gespreksgenote daarvan aangaan."

A braai white season - an exposé of the soft underbelly of the Afrikaner

Christo Lombaard 2011-02-16 Christo Lombaard provides a tongue-in-cheek take on one of Afrikaans culture’s holy cows.  

Avatar: 'n Mitologie vir ons tyd? Christo Lombaard reageer

Christo Lombaard, Christo Lombaard 2010-11-09 Wat mite kan: Christo Lombaard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Die verklaring vir mites is dat hulle verklaar. Mites – ...

Buchan brou

Christo Lombaard, Christo Lombaard 2010-05-26 Om Angus Buchan, volksprediker, te kritiseer, is nie altyd maklik nie. Hy het oor die afgelope jare ’n populêre godsdiens-ikoon geword, en mense ag ikone heilig: eensydig betekenisgewend; bo bevraagtekening verhewe.
Top