Chris Nelson

Chris Nelson is ’n boorling van Namakwaland. In 1962 voltooi hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Namakwaland in Springbok. Die volgende jaar verhuis hy na Bloemfontein, waar hy ’n pos as klerk by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens aanvaar. Hy studeer terselfdertyd buitemuurs aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS, nou UV) en verwerf die grade BA (1968) en BA Honneurs, met lof (1969).

Sy akademiese loopbaan neem in 1970 in aanvang met die aanstelling as dosent in politieke wetenskap in die Fakulteit Krygskunde van die Universiteit Stellenbosch (US) wat aan die Militêre Akademie op Saldanha gesetel is. In 1974 verwerf hy deur middel van afstandsonderrig die graad MA, met lof, aan UOVS. In 1984 word hy aangestel as voorsitter van die Departement Politieke Wetenskap in die Fakulteit Krygskunde. In 1988 verwerf hy die graad D Phil aan die Universiteit Stellenbosch (US). Aan die begin van 1996 word hy tot dekaan van die Fakulteit Krygskunde verkies. Hy beklee hierdie amp tot sy aftrede aan die einde van Junie 1999. Tussen 2006 en 2009 is hy van tyd tot tyd deur die SANW opgeroep om behulpsaam te wees met voor- en nagraadse onderrig in die Departement Politieke Wetenskap, Skool vir Afrika- en Veiligheidstudie in die Fakulteit Krygskunde.

Hy is die skrywer van artikels in akademiese publikasies soos International Affairs Bulletin, Journal for Contemporary History, Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, African Defence Review, Scientia Militaria en LitNet Akademies (Geesteswetenskappe). Gedurende die laat tagtigerjare en vroeë negentigerjare doen hy navorsingsvoorleggings aan die destydse Suid-Afrikaanse Regskommissie en die Departement van Staatkundige Ontwikkeling oor moontlike konstitusionele modelle vir ’n nuwe inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika. Hy was gedurende sy loopbaan ook betrokke by etlike navorsingsprojekte vir die SAW en die SANW. Verder was hy ’n gereelde gasdosent aan die SA Leër-, Vloot- en Lugmagkolleges asook die SA Verdedigingskollege.

 

LitNet Akademies Weerdink: Die ontwrigting en radikalisering van die Amerikaanse demokratiese politieke proses deur Donald Trump

Chris Nelson Seminare en essays 2021-01-26

"Sedert die Amerikaanse burgeroorlog, wat van 1861 tot 1865 geduur het, is die Amerikaanse demokratiese politieke proses aan geen groter ontwrigting en radikalisering blootgestel as gedurende die bewindstermyn van oudpresident Donald John Trump, die 45ste president van die VSA, nie."

Stakings en protesaksie in die Suid-Afrikaanse demokrasie

Chris Nelson Seminare en essays 2020-10-23

Chris Nelson skryf oor die Suid-Afrikaanse demokrasie wat gekenmerk word deur en gebuk gaan onder stakings en burgerlike protesaksie, onder andere die protesaksies in Senekal, met al die emosie en polarisering wat daarmee gepaard gaan.

Waarom die wêreldwye aandrang vir die oorskakeling van aandeelhouer- na belanghebberkapitalisme?

Chris Nelson Seminare en essays 2020-09-07

"Die instelling van omvangryke ingrendelmaatreëls wêreldwyd deur onvoorbereide en paniekbevange regerings op ’n oorhaastige en soms ondeurdagte en irrasionele wyse het sakeondernemings gedwing om tot herbesinning oor te gaan betreffende hulle rol in die samelewing."

LitNet Akademies Weerdink: Brexit

Chris Nelson Seminare en essays 2020-02-05

Op 31 Januarie 2020 om 23:00 het die Verenigde Koninkryk (VK) sy lidmaatskap van die Europese Unie (EU) na 47 jaar beëindig. Wat is die gevolge wat Brexit inhou vir die VK, die EU en ander state?

LitNet Akademies Weerdink: Verklarings vir die bedanking van Mmusi Maimane en ander prominente leiersfigure uit die DA

Chris Nelson Menings 2019-10-30

"Gegewe die gebreke eie aan die kapitalistiese model in die bekamping van ongelykheid, sowel as die bestaan van alternatiewe ekonomiese modelle wat wel ongelykheid, armoede en werkloosheid kan teenwerk en bekamp, was dit onafwendbaar dat skerp ideologiese verskille tussen Maimane en etlike ander leiers in die DA sou ontstaan."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 2: Oorsake en gevolge

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-25

"Die getal politieke leiers wat deur die toepassing van hierdie besondere strategie tot regeerposisies regoor die wêreld verkies is, het tussen 1990 en 2018 vyfvoudig toegeneem, van vier tot 20."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 1: Literatuuroorsig, teoretiese benadering en voorkoms

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-24

"Anders as sy voorganger se sosialistiese en anti-elitistiese retoriek (die plasing van blaam op witmonopoliekapitaal vir die werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing en die regstelling daarvan deur “radikale ekonomiese transformasie”) het Ramaphosa, soos president Bolsonaro van Brasilië, ’n nuwe liberale koers ingeslaan en sy retoriek daarby aangepas."

LitNet Akademies Weerdink: Verkiesing 2019

Menán van Heerden, Chris Nelson Onderhoude 2019-01-25

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2019. Die tweede onderhoud in hierdie reeks hou verband met die 2019-verkiesing. Menán van Heerden gesels met Chris Nelson oor die stand van ons demokrasie.

The role of political parties and elections in consolidating democracy in societies, with special reference to contemporary South Africa

Chris Nelson Academic research 2018-11-25

"The negative experiences by millions of voters in democratic systems worldwide as a result of the actions by political parties during and in the aftermath of elections have also led to an alienation between electorates, parties and elections. This development is also discernible in contemporary South Africa."

Die rol van politieke partye en verkiesings in die konsolidering van demokrasie in samelewings, met spesiale verwysing na eietydse Suid-Afrika

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-11-22

"Soos in demokratiese samelewings regoor die wêreld gebeur het, het politieke partye ook in Suid-Afrika ’n belangrike rol gespeel in nie alleen die ontstaan van die inklusiewe konstitusionele demokrasie in 1994 nie, maar ook in die konsolidering daarvan die afgelope 24 jaar."

Onteiening van grond sonder vergoeding: implikasies vir die definiëring van politiek in Suid-Afrika

Chris Nelson Seminare en essays 2018-04-25

"Sou daar in die toekoms in Suid-Afrika van ’n onderhandelings- en konsensusgebaseerde na ’n magsgebaseerde definisie van politiek beweeg word, bestaan daar drie wesenlike gevare."

Demokrasie en Suid-Afrika in 2017

Menán van Heerden, Chris Nelson Onderhoude 2017-07-19

"Sedert die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in 1994 het ek, soos miljoene mede-Suid-Afrikaners, met die vraag geworstel: Is ’n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika volhoubaar gegewe die traumatiese ervarings wat die samelewing op velerlei terreine gedurende die apartheidsera deurloop het?"

Suid-Afrika se sosio-ekonomiese krisis: is daar oplossings?

Menán van Heerden, Chris Nelson Onderhoude 2017-04-27

Suid-Afrika is 'n ontwikkelende land. Hoe kan dit ekonomies groei?

Does contemporary South Africa meet the requirements pertaining to the implementation of a developmental state strategy?

Chris Nelson Academic research 2016-11-28

"Although the necessity for implementing a developmental state strategy in South Africa is a view shared by politicians and academic scholars alike, no unanimity exists regarding the viability of this particular strategy."

Voldoen eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie?

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-11-17

"Alhoewel politici en akademici oor ’n breë spektrum die inwerkingstelling van ’n ontwikkelingstaatstrategie as ’n moedige en selfs noodsaaklike stap beskou ten einde ekonomiese groei te stimuleer, is daar egter geen eenstemmigheid oor die vraag of eietydse Suid-Afrika aan die vereistes vir die inwerkingstelling van sodanige strategie voldoen nie."

Top