Cas Vos

Cas Vos is met die Andrew Murray-prys en ’n prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon.

Van 2004 tot 2006 was hy president van die internasionale Homiletica Societas.

In 2017 is Die Orde van die Goue Pen vir sy literêre werk aan hom toegeken deur die Cordis Trust. Hy het reeds 11 digbundels die lig laat sien. Daar het ook sy vertalings van Homerus se Ilias en Odusseia uit Grieks verskyn.

In 2017 het hy grepe uit Dante se “La Divina Commedia” uit Italiaans vertaal in sy publikasie Die Goddelike komedie, en in 2018 verskyn sy vertaling van Dante se “Il Paradiso”. Dit is deur Ernst Kotzé met “Magnifico!” begroet.

In 2019 verskyn Cas se 11de digbundel, Vlug van die gees. Johan Myburg, digter en resensent, skryf oor die bundel dat dit “getuig van harmoniese bedrewenheid én van verse wat ontwrigtend lyk en gestroop voorkom van poëtiese eienskappe”. In die vertalings van Dante is “soepel omskrywings waarin sy eie poëtiese hand seëvier”. ’n Nuwe bundel, Onder die vlerke van jou liefde, verskyn binnekort.

Pelgrimspsalms: Opskud, die pad is steil en ver

Cas Vos Seminare en essays 2023-11-07

"In ons dag dui Meseg en Kedar op chaos, wanhoop, kommer, waansin, magteloosheid en korrupsie. ... Op 7 Oktober 2023 het die Palestynse Hamas ’n lewensvernietigende aanval op Israel geloods (Netwerk24)."

Die landskap van die psalms

Cas Vos Seminare en essays 2023-08-22

"'n Besinning oor die landskap van die psalms lei vanself na die vraag van die oorsprong van die psalms. Die verdere vraag wat beantwoord moet word, is watter soort psalms in die landskap voorkom."

Onze Rust deur Pieter Verster: ’n Lesersindruk van ’n boeiende en merkwaardige roman

Cas Vos Lesersindrukke 2023-08-16

"Dit is ’n merkwaardige verhaal. Die verlede word nie net verdoem en die hede verheerlik nie. Uit die verlede kry die leser nuwe perspektiewe op die hede en die toekoms."

Daar is méér deur Daniël Louw, ’n lesersindruk

Cas Vos Lesersindrukke 2023-04-25

"Hoe beïnvloed dit ’n antropologie wat cogito, ergo sum verskuif na: Ek word gedigitaliseer, daarom is ek? Homo religionis word nou gestruktureer deur Homo digitalis. Maar daar is meer aan die bod as net dit."

WJ Henderson se meesterlike vertalings van Latynse gedigte

Cas Vos Boeke en skrywers 2023-03-20

"Neem, tel op en lees! Nuwe opwindende wêrelde sal vir jou oopgaan."

Taal en ver-taal II: Hermeneutiese perspektief op die Inferno

Cas Vos Menings 2023-02-21

"Hermeneutiek is die verskillende sleutels wat toegang tot die Inferno-woning gee."

Besinning oor taal en ver-taal I

Cas Vos Seminare en essays 2023-01-19

"Afrikaans pleit vir meesterwerke om in Afrikaans ver-taal te word totdat dit ver-vel (Breytenbach). Dan kry dit ’n eie, unieke en vars ritme." Lees Cas Vos se besinnings oor ver-taling en transformasie aan die begin van die nuwe jaar.

’n Perspektief op die Inferno – en ’n voorlesing deur Nic de Jager

Cas Vos Boeke en skrywers 2021-08-30

"Dante se gedig vertel die verhaal van ’n man se lewensreis."

Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde: ’n Besinning oor Pieter Verster se baanbrekende boek

Cas Vos Lesersindrukke 2021-03-09

"In ons tyd van vrese, korona en sy bondgenote, onsekerheid, werkloosheid, korrupsie en liefdeloosheid word vrae oor God se bestaan en sy teenwoordigheid in ons wêreld gevra: Waar is God in ons tyd van die oormag van korona?"

Paolo en Francesca se liefdesvlam

Cas Vos Seminare en essays 2021-01-22

"Hierdie artikel is ’n bydrae tot die herdenking van Dante Alighieri se 700ste sterfjaar. Die herdenking word feestelik in Florence en Ravenna gevier. Onthou tog net die maskers en die veilige afstand!"

Beskut teen vrese: ’n onderhoud met Cas Vos

Naomi Meyer, Cas Vos Skrywersonderhoude 2020-11-25

"Dit was nagdonker en ek moes die deur oopmaak. En wie staan daar? Corona met ’n opdrag: skryf oor my en my bondgenote."

Ontnugtering

Cas Vos Poësie 2020-06-23

"Ons soek in harte en gedigte glimpse hoop
in ’n duister wêreld waar boosheid floreer,
Hoop verdwyn soos flou sonstrale"

Kwarantynketting: "Die padda, die muis en …" deur Cas Vos

Cas Vos Kwarantynketting 2020-04-30

"Wat kan ons wel doen? Ons kan binnenshuis met mekaar praat, hartlangs praat en eet en slaap. En ons kan ook nog lees en ons in fabels verlustig. Miskien kan die onwerklike nog werklik word. Ek het aan Esopus die mistieke fabeldigter gedink. In een van sy bekendste fabels praat ’n muis met ’n padda."

Korona

Cas Vos Poësie 2020-03-23

"Sonder visum is Hy Italië toe om haweloses
op te spoor; Hy vind oral kreunende sterwendes
en doodsengele wie se vlerke oor kwylendes flapper"

Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart

Remona Voges, Cas Vos Skrywersonderhoude 2020-02-27

"Die hele digwerk van Job draai om die vraag of daar ’n God is wat hierdie wêreld regverdig bestuur. Dit is ’n vraag wat steeds gestel word, wat alle mense raak en wat van tyd tot tyd elke gelowige se asem laat wegslaan."

Top