Carina America

Carina America is ’n dosent en vakkoördineerder van ekonomiese en bestuurswetenskappe (EBW) in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Sy het al artikels in geakkrediteerde joernale gepubliseer en verskeie referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer. Haar navorsingsfokus is in EBW-onderrig, volhoubare ontwikkeling en kwessies wat verband hou met voor- en in-praktyk-onderwysersopleiding in EBW. Vir die afgelope sewe jaar was sy betrokke in verskeie navorsingsprojekte, onder andere oor kurrikulumontwikkeling en -assessering en het verskeie navorsingsverslae as leier van die Besigheidstudiesgroep vir Umalusi geskryf. Sy begelei nagraadse studente met hul navorsing en is ook ’n eksterne eksamineerder van tesisse.

Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud

Estelle Kruger, Michele van der Merwe, Carina America Onderhoude 2017-03-07

“Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting.”

The role of a multilingual cell phone LSP (language for specific purposes) dictionary in the development of concept literacy for economic and management sciences education students

Carina America, Michele van der Merwe Academic research 2017-03-02

"Technology provides the opportunity to develop academic vocabulary for students because of its accessibility and the wide range of applications, which can assist learners in their studies."

Die rol van ’n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid vir onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe

Carina America, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-03-02

"Vakwoordeboeke word dikwels opgestel met vakkundiges as teikengebruikers en voldoen nie noodwendig in die behoeftes van voorgraadse studente nie."

Top