Candice Jantjies

Candice Jantjies is 19 jaar oud en woon in Kraaifontein, Kaapstad. Sy het pas haar eerste jaar van studie in BA Taal en Kultuur aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het 'n brandende nuuskierigheid en 'n diepgewortelde belangstelling in enigiets mbt taal. Afrikaans & Nederlands en Taalwetenskap is haar gunsteling-modules en sy beoog om haar graad en nagraadse studies daarin te voltooi. Kaaps is baie na aan haar hart, veral omdat dit haar moedertaal is. Die vooruitgang daarvan is dus vir haar baie belangrik, maar so ook is die kwaliteit en volhoubaarheid van daardie vooruitgang.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool: Candice Jantjies se resensie van Boesak (finale weergawe)

Candice Jantjies Slypskole 2024-02-08

"Minnaar neem ons deur Boesak se uitdagende grootwordjare onder apartheid in Noorder Paarl, sy verset teen die apartheidsregime en sy worsteling met die kerk se betrokkenheid daarby, asook met sy geloof as bruin man." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die finale weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van Boesak (weergawe 2)

Candice Jantjies Slypskole 2023-11-21

"Die stuk kort meer perspektiewe as net Boesak s’n. Minnaar kom onseker voor in sy vertolking, senuweeagtig." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van Boesak (weergawe 1)

Candice Jantjies Slypskole 2023-10-25

"Dit staan kunstenaars vry om die kritiek te gebruik om hul werk te verbeter, maar om tweespraak te maak, wil ek sê dit is húl plig teenoor die teaterganger om sonder sentimentaliteit – soos die resensent ook maar moet doen – te gaan besin en juis dit te doen." Hierdie resensie vorm deel van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

Kaaps: deel van die standaard?

Candice Jantjies Seminare en essays 2017-12-01

"Met ons gebrek aan gestandaardiseerde taalnorme en -reëls, hoe kan ons akademies voortbou en Kaaps as onderrigtaal in skole implementeer? As ons kyk na die diverse en invloedryke nalatenskap van hierdie simbiotiese taalvariëteit van Afrikaans, behoort ons onsself vir ons nalatigheid teenoor Kaaps te skaam."

Top