Bibi Slippers

Bibi Slippers is ’n digter en joernalis. Sy het in 2007 BA-grade in Beeldende Kuns en Tale verwerf aan die Universiteit van Pretoria, en in 2015 ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy was voorheen ’n inhoudsbestuurder by LitNet, artikelredakteur by die tydskrifte MyTyd en VISI, en werk in Johannesburg as vryskut-skrywer, -inhoudsregisseur en -aanbieder in die TV-bedryf.

Haar gedigte en stories is opgeneem in verskeie versamelbundels, onder ander Nuwe Stemme 4 en Nuwe Stories 1. Haar debuutbundel Fotostaatmasjien het in November 2016 by Tafelberg verskyn. Sy was die mede-samesteller van Nuwe Stemme 6 (2017). 

  • Foto-erkenning: Wikus du Toit

kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019 vir fiksie

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2019-09-14

Hier is die kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019 vir fiksie. 

Bibi Slippers kook uit The South African Vegan Cookbook deur Leozette Roode

Bibi Slippers Resensies 2018-11-28

"As jy nie ’n groot kosmaakgeesdriftige is nie, koop vir jou The South African Vegan Cookbook net om na die mooi prentjies te kyk ... Maar moenie verbaas wees as die prente jou kombuis toe lok nie ..."

kykNET Fiëstas 2018: Indrukke

Bibi Slippers kykNET Portaal 2018-02-22

"Op hierdie aand het dit nie gevoel of iemand op ’n hardhandige en geforseerde wyse iets opkook wat op die oog af divers lyk nie – dit was Afrikaans soos hy werklik is, in al sy uiteenlopende vorms en geure, wat afgestof, blink gepoets en opgetof is, en vir sy praters en liefhebbers en feesgangers ’n show opgesit het wat niemand vinnig sal vergeet nie."

Commendatio: kykNET-Rapport Boekresensent van die jaar 2017: Fiksie – Danie Marais

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2017-10-03

"Die resensie is ’n skitterende voorbeeld van hoe die gesprek rondom boeke kan uitkring en deel word van die breër diskoers rondom politiek, seksualiteit en identiteit – eintlik enige onderwerp of aktuele kwessie – en lesers bedag kan maak op gebeure en ontwikkelinge in die boekwêreld, maar ook in die breër samelewing."

Commendatio: kykNET-Rapport Boekresensent van die jaar 2017: Niefiksie – Emile Joubert

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2017-10-03

"Hierdie resensie is ’n uitstekende voorbeeld van toeganklikheid, sonder om gehalte prys te gee."

UJ-pryse 2017: Bedankingswoord deur Bibi Slippers

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2017-07-06

"Ek wil my dankwoord begin waar my boek begin, met ’n aanhaling uit Marcus Boon se boek In Praise of Copying: 'But suppose copying is what makes us human. What then?'"

Foto-onderhoud: Bibi Slippers oor Fotostaatmasjien

Bibi Slippers, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-11-09

"Die 'foute' in die fotostate is wat in forensiese ondersoeke gebruik word om die masjien te eien. Dit was vir my ‘n mooi metafoor vir die digter se stem ..."

Nuwe Stemme 6: Onderhoud met Bibi Slippers

Bibi Slippers, Naomi Meyer Onderhoude 2016-11-01

"Maar ek lees gedigte omdat dit emosies ontlok wat kompleks en soms verwarrend en ongemaklik en opwindend is. Asof ek ‘n kitaar is, en digters is mense wat ander akkoorde ken as net die gewone C, F en G."

In die bed met Bibi en Marita

Marita van der Vyver, Bibi Slippers, Naomi Meyer TV 2016-08-25

Bibi Slippers en Marita van der Vyver verklap leesgeheime vanuit die slaapkamer.

Op die swartbord

Bibi Slippers Poësie 2016-06-09

"’n Meisie wat skryf voel te veel,
vol voorgevoelens, so ’n gesukkel."

Dansende Digtersfees 2016: Dans, digters, dans

Bibi Slippers Feeste 2016-05-12

"Soos met die vorige twee feeste is daar in die nadraai van die voorlesings gedans, en alhoewel die luim merkbaar minder uitbundig was as vorige jare ... was die handjievol dansers wat alles ten spyt voete gestamp en lywe geskud het, bewys dat niks die digkuns of die dans sal stuit nie."

Normal

Bibi Slippers 2014-02-25 Een van ses "Instagram-gedigte" van Bibi Slippers

Amaro

Bibi Slippers 2014-02-25 Die tweede van ses "instagram-gedigte" van Bibi Slippers

Hudson

Bibi Slippers 2014-02-25 Derde van ses "instagram-gedigte" van Bibi Slippers

X-Pro II

Bibi Slippers 2014-02-25 Vierdie van ses gedigte van "instagram-gedigte" van Bibi Slippers
Top