Ansie Maritz

Ansie Maritz se navorsingsloopbaan begin in 2012 toe sy die faktore wat ʼn impak op mikrotaalbeplanning het, bestudeer deur die beginsels van die sisteemteorie te gebruik. Sy besoek in 2013 die Universiteit van Antwerpen as deel van die navorsing vir haar meestersgraad in sosiolinguistiek. Binne hiérdie studie het sy op die alternatiewe funksies van Swartafrikaans gefokus. Sy voltooi die graad onder leiding van Jako Olivier aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) in 2014. Sy voltooi ook haar Nagraadse Onderwyssertifikaat in 2014, waarna sy in 2015 met haar doktorale studie in taalwetenskap by die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit onder leiding van Bertus van Rooy begin. In haar PhD-studie fokus sy op die linguistiese kenmerke van propaganda. In 2015 tree Ansie Maritz ook op as tydelike dosent vir taalkunde in die vakgebied Afrikaans en Nederlands.

“Swartafrikaans”: Afrikataalmoedertaalsprekers en Afrikaans?

Menán van Heerden, Ansie Maritz, Jako Olivier Onderhoude 2017-01-18

Navorsers Ansie Maritz en Jako Olivier gesels met Menán van Heerden oor hul artikel "Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans".

Imitated Black Afrikaans: context and perceptions of the alternative use of Black Afrikaans

Ansie Maritz, Jako Olivier Academic research 2016-12-13

"Perceptions surrounding Black Afrikaans have an influence on the time and place speakers are comfortable using Imitated Black Afrikaans or not, and the overall, general context determines the perceptions surrounding Imitated Black Afrikaans."

Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans

Ansie Maritz, Jako Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-12-12

"Die persepsies rondom Swartafrikaans bepaal in watter konteks sprekers gemaklik voel om dit te gebruik, en die oorkoepelende konteks bepaal weer die persepsies rondom die napraat van Swartafrikaans."

Top