Anneke Postma

Anneke Postma (née De Bruyn) het haar studies in 2007 by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) begin, en in 2009 haar BSc in biologiese wetenskappe met lof verwerf.  Sy het haar studies aan die Universiteit Stellenbosch voortgesit en daar haar BSc (Hons) en MSc-grade in mikrobiologie ontvang (2010–2012). In hierdie tydperk het sy navorsing gedoen oor die isolering en identifisering van bakterieë vir die potensiële gebruik in akwakultuur as probiotikum. Na ’n jaar in die voedselbedryf het sy aan US met haar PhD begin (2014). Haar navorsing fokus op die beskrywing van grond mikrobiese gemeenskappe waarin twee ekonomies belangrike fynbosplante, Aspalathus linearis (rooibos)en Cyclopia sp(heuningbos) voorkom. Anneke lewer verkeie bydraes by nasionale en internasionale konferensies. Verder is sy ook mede-uitvinder van ’n voorlopige patent en medeskrywer van ewekniebeoordeelde artikels.

Gedeeltelike beskrywing van bakterieë in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika

Anneke Postma, Karin Jacobs LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2015-06-18

Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes.  Hierdie studie het die bakterieë in die perlemoen se spysverteringskanaal ondersoek om een te identifiseer wat as probiotikum gebruik kan word.

Partial description of bacteria in the gastrointestinal track of Haliotis midae, with the focus on potential probiotics

Anneke Postma, Karin Jacobs Academic research 2015-06-18

The aim of this study was to isolate and identify bacteria in the gastrointestinal track of the South African abalone Haliotis midae and to evaluate the isolates' potential as a probiotic based on existing literature.

Top