Anke Theron

Anke Theron voltooi haar MA in kinder- en jeugliteratuur en psigoanalise aan die Universiteit van Kaapstad (UK) in 2017.

Sy doseer deeltyds kommunikasievaardigheidskursusse in Afrikaans aan die UK.

Sy het ’n groot voorliefde vir kinder- en jeugliteratuur en publiseer in 2020 "Peter Pan as transgressiewe figuur" in die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans.

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek

Anke Theron Seminare en essays 2023-12-07

"Die goue draad al die pad van die sukkelende resultate van leesbegripstudies, Ferdinand de Saussure se linguistieke teorie, tot waar ’n mooi prenteboek ’n verskil kan maak, eindig met ’n baie eenvoudige oplossing. As jy wil hê jou kind moet met begrip kan lees, lees vir hulle kinderboeke voor."

Die sleutel tot die vreugde en plesier van kinderboeke

Anke Theron Boeke en skrywers 2023-07-17

"Gaan gryp ’n kinderboek en verkyk jou aan die prente. Verdiep jou in die storie en karakters. Dit is waar die genot van ’n lekker storie lê. Dit is die aangrypende karakters wat ’n boek met jou laat praat."

Boeke en ouderdomsaanbevelings vir jou kind

Anke Theron Seminare en essays 2023-06-08

"Daar is ’n behoefte by volwassenes, ouers, onderwysers, oumas, oupas en almal wat ’n kinderleser in hul lewe het om ’n aanduiding van kenners (uitgewers, skrywers en spesialiste op die gebied) te kry in verband met wat hulle vir hul kinders aanskaf sonder om self die teks te lees."

Die Groot Sagmoedige Reus (GSR) is onder sensuur

Anke Theron Boeke en skrywers 2023-03-17

"Duidelik is daar selfs onder die kundiges, ervare skrywers en beroemdes nie konsensus of die veranderinge goed of slegs is nie. Waarom dan die groot bohaai?"

Terug na ’n plek van gebed, ’n resensie van Die net is gebreek deur Chris van der Merwe

Anke Theron Resensies 2023-01-17

"Hierdie boek maak die menslike ervarings waarmee ons almal worstel, werklik en verstaanbaar. Verder lei die skrywer die leser stap vir stap aan die hand en volgens die Bybel terug na ’n plek waar gebed weer ’n toevlug kan word."

Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2022-11-21

"Kom ons gesels oor die ooglopende olifant in die vertrek: Dié is die hoeveelste boek oor ’n selfdegeslagverhouding tussen twee meisies in Afrikaans? Presies. Daar is beslis min."

Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2022-10-24

"Dit kan beslis aanbeveel word om hierdie tipe boeke te gebruik as ’n ‘skelm werktuig’ om ’n brug te bou vanaf ’n kind wat lees as huiswerk en vervelig sien, na iets waarvan ’n kind sal hou om te doen."

Miniseminaar: Boeke vir alle kinders in Suid-Afrika

Anke Theron Seminare en essays 2022-10-04

"’n Vlugtige oorsig van Afrikaanse jeugboeke sal beslis toon dat daar ’n tendens was sedert die vroeë 1990’s om meer sogenaamde randfigure in jeugboeke uit te beeld." – Anke Theron in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

Naomi Meyer, Anke Theron Onderhoude 2022-07-14

"Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is dit gewoonlik neusie verby."

Die blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories en Die skool vir ramspoedige talente en ander gelukkige stories, ’n resensie

Anke Theron Resensies 2022-07-13

"Hoe kry jy ’n kind aan die lees? Dit is seker een van die moeilikste vrae in die wêreld om te beantwoord. Hierdie twee boeke is moontlik die sleutel waarna jy soek."

Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2022-05-25

"Jy mag dalk geflous word om te dink hierdie is ’n lekker verbeeldingryke storie wat te goed klink om waar te wees, maar dit is steeds in die werklikheid geanker."

Anderkant die blou deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2022-04-06

"Anderkant die blou is ’n blou konsentraat van ’n jongvolwasseneverhaal wat enige leser sal lus maak vir ’n seevakansie."

Die boekwinkel tussen die wolke deur Jaco Jacobs: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2022-03-15

"Daar is interessante karakters en onverwagse wendings ... Ek het tog ’n bietjie slaap verloor, want ek kon nie die boek neersit nie."

Die draaktemmer en die toekoms, ’n resensie van Thinking the future en Future-proof yourself

Anke Theron Resensies 2021-11-24

"Die twee boeke wat ek bespreek is die moeite werd om te lees, omdat dit insig bied in hoe om oor die toekoms te dink en jou nie dood te bekommer oor dinge wat buite jou beheer is nie."

Wêreldboekedag 2021: Biblioteek tot geheue

Anke Theron Menings 2021-04-23

"Wêreldboekedag is ’n jaarlikse instelling om boeke en die plesiere van lees op 23 April te vier. So behoort dit te wees, maar hierdie jaar wil ek die geleentheid gebruik om al die vergane biblioteke en boeke te herdenk, en hul bydrae tot kennis."

Top