André Wessels

André Wessels het in 1986 ’n doktorsgraad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Nadat hy onder meer as ’n navorser by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing in Pretoria gewerk het, is hy sedert 1988 aan die Departement Geskiedenis by die Universiteit van die Vrystaat verbonde, tans as senior professor. Hy is die skrywer van meer as 100 wetenskaplike artikels in geakkrediteerde akademiese  tydskrifte, asook van ongeveer 75 ander artikels en meer as 120 boekresensies. Verder is hy die skrywer, medeskrywer of redakteur van 10 boeke. Sy jongste boek het in 2017 verskyn en is getiteld Suid-Afrika se vlootmagte 1922–2012. Sedert 2009 is hy ’n besoekende genoot en sedert 2014 ’n besoekende professor aan die University of New South Wales UNSW  by die Australian Defence Force Academy in Canberra.

Die Titan-dompeltuig: ’n gesprek met geskiedenisprofessor en skeepsvaartkundige, André Wessels

Naomi Meyer, André Wessels Onderhoude 2023-06-21

"Staal kan redelik lank onder die water behoue bly, maar die Titanic is stadig maar seker besig om te verweer as gevolg van korrosie en organismes wat dit 'opvreet'."

A history of South Africa: from the distant past to the present day, onder redaksie van Fransjohan Pretorius: ’n resensie

André Wessels Resensies 2022-07-11

"Hierdie omvangryke en goed versorgde publikasie slaag op voortreflike wyse daarin om die komplekse en omstrede geskiedenis van Suid-Afrika in perspektief te plaas."

A century of South African naval history: ’n onderhoud met André Wessels

Naomi Meyer, André Wessels Skrywersonderhoude 2022-05-04

"Vir baie Suid-Afrikaners is die see (behalwe as vakansiehou- en swemplek) ongelukkig steeds ’n 'ander land' (met apologie aan Karel Schoeman, wat ek hier uit konteks aanhaal), en deur middel van my publikasies poog ek om groter bewustheid te kweek ten opsigte van die waarde en betekenis van die see in ons geskiedenis; trouens, vir ons voortbestaan. En dus ook die belangrikheid van ons Vloot."

Geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" – om te vergewe sónder om te vergeet

André Wessels Seminare en essays 2022-02-10

André Wessels lewer verslag oor die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium oor geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" wat in Januarie 2022 plaasgevind het.

Eerste daar deur WS van der Waals: ’n lesersindruk

André Wessels Lesersindrukke 2021-07-21

"En wat ’n ongelooflik interessante loopbaan in uniform het daar nie gevolg nie! Gelukkig het Van der Waals sy herinneringe opgeteken, en met die oog op die herdenking van sy geboortedag 80 jaar gelede is sy outobiografie in 2021 gepubliseer."

Bloemfontein as military headquarters in the second half of the 19th century, with special reference to the Reitz era, 1889–1895

Marianna Botes, André Wessels Academic research 2021-05-28

"The article clearly shows that although the OFS’s State Artillery was gradually expanded in the course of the second half of the 19th century and all the state’s presidents, including F.W. Reitz, took a keen interest in the defence of the OFS, it did not save the Boer republic from British conquest in 1900."

Bloemfontein as militêre setel in die tweede helfte van die 19de eeu, met spesiale verwysing na die Reitz-tydperk, 1889–1895

Marianna Botes, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-05-28

"Die OVS se militêre voorbereidings onder leiding van die Reitz-regering, en daarna dié van die Steyn-regering, was dus nie voldoende om die OVS (en dus ook Bloemfontein as regeringsetel) uit die kake van die Britse Ryk te red nie. Dit het egter nie eerloos vir die OVS afgeloop nie."

Roman North Africa: Environment, society and medical contribution deur Louise Cilliers: ’n resensie

André Wessels Resensies 2021-05-04

"Kennis van die Klassieke tale, geskiedenis en kulture verryk en verruim ’n mens se leefwêreld. Dit plaas van ons eietydse vraagstukke in historiese perspektief, en verskaf insig op talle terreine. Die Romeins-Hollandse regstelsel het immers ook aan die suidpunt van Afrika ’n voetspoor gelaat, en van die tale wat in Suid-Afrika gepraat word, is direk of indirek deur Latyn beïnvloed."

Ons was daar: Sektor 20 & 70 deur Johan van Wyngaard: ’n resensie

André Wessels Resensies 2020-12-22

"Hoewel die boek nie akademies-wetenskaplik nagevors is of aangebied word nie, sal die ernstige navorser wel inligting in die boek kan uitsnuffel wat nêrens anders te vinde is nie. Die persoonlike herinneringe van talle rolspelers wat in die boek opgeteken is, is op sigself ook waardevol."

Resensie: Move the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 deur Marius Scheepers

André Wessels Resensies 2020-08-03

"Nieteenstaande die kritiek wat hier en daar hier bo uitgespreek is, lewer Marius Scheepers se Moving the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 sonder enige twyfel ’n bydrae tot die beter verstaan van die sogenaamde Grensoorlog en is dit ’n belangrike toevoeging tot die Grensoorlog-historiografie."

Skepelinge: Aanloop tot ’n roman deur Karel Schoeman: ’n resensie

André Wessels Resensies 2017-12-06

"Maar soos wat die geskiedenis ’n debat sonder einde is en geen skryfwerk dus eintlik ooit voltooid is nie, moet die leser ook hier self die roman verbeeld, die legkaart voltooi, die karakters verder uitbou, en ook onthou dat ons ’n noue band met die see het."

Die oorlogsherinneringe van P.H. Roux: verontskuldiging of ’n juiste verklaring van die oorgawe in Julie 1900?

Jaco de Bruin, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-04-17

Jaco de Bruin en André Wessels ontleed die oorlogsherinneringe van een van die hoofkarakters in die drama wat in die Brandwaterkom ontvou het met oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en meer as 4 000 burgers gedurende die Anglo-Boereoorlog.

Top