Amanda du Preez

Amanda du Preez is medeprofessor in die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit van Pretoria, waar sy visuele kultuurstudies doseer. Sy behaal in 2003 ’n DLit et Phil in Engels van die Universiteit van Suid-Afrika wat handel oor kuberfeminisme en beliggaming. Sy is mederedakteur van die bundel South African Visual Culture (2005) en redakteur van die bundel Taking a Hard Look: Gender and Visual Culture (2009). In 2009 publiseer sy Gendered Bodies and New Technologies: rethinking Embodiment in a Cyber Era by Cambridge Scholars Press. Sy is assistentredakteur van twee Suid-Afrikaanse joernale, De Arte en Image & Text,en dien in die bestuursraad van die International Association for Visual Culture. Sy het al wyd gepubliseer oor onderwerpe wat handel oor feminisme, beliggaming, kuberkultuur en die sublieme.

Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning?

Amanda du Preez 2013-01-21 "Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns van die digitale era bestempel."
Top