Alewyn Burger

Alewyn Burger (gebore 1968) is ’n wiskundige analis in die Departement Logistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het die grade BSc (Wiskunde & Toegepaste Wiskunde) en Honneurs BSc (Toegepaste Wiskunde) in onderskeidelik 1988 en 1989 aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Verder het hy ’n MSc en PhD in Toegepaste Wiskunde in onderskeidelik 1994 en 1999 aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. Hy is sedert 2005 aan die Universiteit Stellenbosch verbonde, eers as ’n na-doktorale genoot by die Departement Toegepaste Wiskunde, en sedert 2009 as wiskundige analis by die Departement Logistiek. Sy navorsingsbelangstellings lê in grafiekteorie, kombinatorika en rekenaarmatige soektogte na oplossings.

 

Opgedateer/Updated: 2010-10-04

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.

Enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2010-10-20

In hierdie artikel word hierdie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10 in ’n groot parallelle berekeningspoging getel.

Top