Albert Maritz

Albert Maritz is akteur, regisseur, deeltydse joernalis, radio-omroeper, oud-onderwyser en kampvegter (as jy wil) vir die kunste. Hy was die afgelope twee jaar vervaardiger en regisseur van die bekroonde produksie, Faan se TREIN, asook Faan se STASIE. Hy behartig tans die regie van die produksies NP van Wyk Louw en die Meisies en Pottie Potgieter met Frank Opperman. Maritz is te sien as dominee Bloemfontein in die heruitsending van Arende (kykNET); hy is in Homeland se heruitsending, en was onlangs in Orion as Kaptein Nagel. Hy het pas saam met die legendes, Katinka Heyns en Koos Roets, gewerk aan FEAST of the UNINVITED vir M-Net. Hy was laas self op die verhoog in die eenmanstuk oor André Stander.


Opgedateer/Updated: 2007-1o-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Deon Stewardson – ’n huldeblyk

Albert Maritz In memoriam 2017-11-28

"Ek beskou toegewyde akteurs as die unieke boublokke van ’n kultuur – wat die mens vastrapplek gee; ’n holte vir die voet. ’n Kussing vir die kop. Dit was dalk die laaste keer wat ek Deon gesien het."

’n Huldeblyk aan Chris Fourie

Albert Maritz In memoriam 2017-10-23

"Chris was Kapenaar toe hy sy laaste asem uitgeblaas het. Mens kan maar sê sy trein het die Paarlstasie binnegestoom. Vir die man wat nog nie uitgespeel was nie. Hy sou nog graag die tamboer wou slaan. Hy sou nie graag sy uurglas wou laat leegloop nie."

Huldeblyk aan André Rossouw

Albert Maritz In memoriam 2017-10-05

"Speel kón hy – op die verhoog, op die mikrofoon, op die televisie en op aarde."

Johnny is nie dood nie, Albert Maritz se indrukke

Albert Maritz Film 2017-05-04

"Dis eg, soos die baard agter baardolie. Dié is jou kans. Die land beweeg. Jy kom regop. Jy sien die ander kant. Spring in die Olwagen, op die glybaan na die reënboogkant."

Die maan val bewusteloos by die KKNK 2017: ’n resensie

Albert Maritz KKNK 2017-03-17

"Die maan val bewusteloos is die mees vernuwende kunsrekwisiete-verbeeldingsvlug ooit. Die mees volmaakte gevallestudie van ouderdom, verval, Alzheimers, liefde."

In memoriam: Johan Malherbe

Albert Maritz In memoriam 2016-12-07

"Johnny wat nooit ophou gym nie. Johnny die superster van Kaapse verhoë in die 70’s. Johnny van Nerina Ferreira, Johnny van funny tantrums, Johnny die cowboy, die modeman ..."

In memoriam: Sybil Sands

Albert Maritz In memoriam 2016-11-02

"Meegevoel met die talle wie se lewens sy aangeraak het. Wie se lewens sy kon ophelder met ‘n ster tot die sterre – dié wat sy help maak het, dié wat sy waardeer het en dié vir wie sy geskyn het."

Liefde op papier: Wik

Albert Maritz 2015-01-07  

Liefde op papier: Hoe pragtig

Albert Maritz 2015-01-07  Tyd ons bravade
Wys deur die genade

Liefde op papier: Deur die jare

Albert Maritz 2015-01-06 Deur die jare het ek jou karamel
Jou bitterals
Jou erfgoed
Jou byster
Gesmaak
Deur liefde

Liefde op papier: Die ketting

Albert Maritz 2015-01-06 Kleintyd
Klim op en ry
Val af
Dis fietsry

Liefde op papier: Is dit liefde

Albert Maritz 2015-01-05 Is dit liefde
As jy maats was 

"Tree aan!"-seminaar: Gehore se reaksie is hulle eie saak

Albert Maritz 2013-12-11 "Ek mis erkenning van die realisme waarmee Opperman gereeld werk in Krüger se artikel. In my taal is wat Krüger gereeld beskryf as 'abstraksie', eerder die diepgaande realisme."

Mandela-herinnering

Albert Maritz 2013-12-06 Ek het eendag sy hand geskud, tydens die SABC se herinwyding. Tot vandag is ek bly oor my keuse – om vir hom op Afrikaans te sê: “Dis my voorreg.” Net dit. Niks minder nie; niks meer nie.

Wellington Produksiehuis se The Wizard op Oz

Albert Maritz 2013-11-27 “Vind die Wellington Produksiehuis; moenie verwag hulle moet jou vind nie. Deur hulle toedoen is die afgelope paar jaar die bekendste blyspele in die wêreld aangebied, net hier – om die draai, op ons voorstoep. Moenie dit misloop nie.”
Top