Adean van Dyk

Adean van Dyk studeer voorgraads aan Noordwes-Universiteit en behaal later ’n MA in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Tans is hy besig met ’n PhD by laasgenoemde instansie. Hy doseer Afrikaans Opvoedkunde aan Sol Plaatje-universiteit, Kimberley, en is ook die bestuurder van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA). Sy navorsingsbelangstellings sluit in die letterkunde, filmverwerking, intermedialiteit en ekfrasis.

Film adaptation as interpretation: The adaptation process from novel to film in reference to Marlene van Niekerk’s Triomf and Michael Raeburn’s Triomf

Adean van Dyk Academic research 2019-11-27

“To which degree does Michael Raeburn’s film adaptation of Marlene van Niekerk’s Triomf interpret the original story?”

Filmverwerking as interpretasie: Die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf

Adean van Dyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-11-27

“Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel?”

"Afrikaans: Kom saam | Come along"-simposium by Sol Plaatje-universiteit: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Adean van Dyk, Emma Groenewald Onderhoude 2019-10-01

"In Kimberley is Afrikaans die algemene gebruikstaal. Dit is werklik 'n inklusiewe taal wat oral gebruik word – by winkels, restaurante en besighede. Setswana is wel die taal wat deur die meerderheid SPU-studente gepraat word ..., maar tog word Afrikaans daagliks informeel op kampus gebruik."

Strafjaart deur Theo Kemp: ’n resensie

Adean van Dyk Resensies 2019-06-27

"Die roman lees soos ’n klassieke soektogverhaal in drie bedrywe: die held word deur die onbekende gekonfronteer; die held durf die onbekende aan; die held verkry nuwe insig. Die grootste kritiek hier is dat die simboliese verkenning van hierdie onbekende met tye die plotontwikkeling oorheers."

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Adean van Dyk Resensies 2017-09-20

"Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer."

Huis, woning, tuiste: Adean van Dyk se inskrywings

Adean van Dyk Skryfkompetisies 2017-02-21

Lees Adean van Dyk se inskrywings vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

Resensie: ATKV se Filmverse 2 spreek beelde

Adean van Dyk Film 2016-10-19

"Al 12 gekose gedigte en die mate waarin dit geanimeer is, is 'n hupstoot vir beide die animasiekuns en die digkuns, wat nuwe generasies van kunstenaars en skrywers sal aanwakker tot die potensiaal wat die Suid-Afrikaanse kunste inhou."

Silwerskermfees-kortfilms verken eenderse tema: Spoor(loos) en Vlees van my vlees

Adean van Dyk Film 2016-09-07

"Spoor(loos) en Vlees van my vlees is eersteklas kortfilms en getuig van ons plaaslike storietalent wat op 'n groter gehoor wag."

kykNET Silwerskermfees-resensie: Shepherds and butchers

Adean van Dyk kykNET Portaal 2016-09-05

"Elke nou en dan slaan 'n film jou wind uit, hetsy weens die manier waarop dit jou verbeelding kaap of weens die storie wat dit vertel."

Die 2016 kykNET Silwerskermfees: 'n Bloutapyt vir plaaslike filmtalent

Adean van Dyk kykNET Portaal 2016-09-02

"Die diversiteit in onderwerp, tema en uitbeelding in vanjaar se kortfilms getuig van die rykdom wat Suid-Afrika in jong storievertellers het."

Sing Street, 'n filmresensie

Adean van Dyk Film 2016-08-31

"John Carney se 2016-jeugfilm Sing Street herinner volwassenes dat tienerdrome 'n magtige houvas op die hart het, terwyl jonger kykers sien dat 'n bietjie dagdromery, harde werk en 'n kanniedood-houding jou lewe kán verander."

Einstein-kompetisie: Adean van Dyk

Adean van Dyk Einstein-kompetisie 2016-07-01

Adean sit graag op Muizenberg se strand en bedink die intertekstuele verhoudings tussen letterkunde, kuns en films.

Die doel van die kykNET Silwerskermfees 2014

Adean van Dyk 2014-09-03 "Twintig jaar ná demokrasie verstaan ons nog alte goed dat dinge wat nog ontwikkel, nie net leiding deur mentorskap nodig het nie, maar ook beskerming."

Die verwerkingsproses ten opsigte van toneelkeuse met verwysing na die rolprent Roepman

Elbie Adendorff, Adean van Dyk 2014-05-20 "Tradisioneel word die studie van filmverwerkings vanuit ’n literêre domein gedefinieer en die draaiboek en uiteindelike film staan sekondêr tot die literêre roman as bronteks. Die studie van die verwerking van ’n roman na ’n draaiboek is een waaroor tot dusver, in vergelyking met studies in letterkunde en filmkunde, min geteoretiseer is."
Top