Abraham H de Vries

Abraham Hermanus de Vries is op die plaas Volmoed in die distrik Ladismith gebore. Hy is ook die eerste ereburger van die dorp.

Hy behaal in 1962 Kandidaats en Doktoraal Litt et Phil aan die Gemeentelijke Universiteit, Amsterdam, Nederland, en in 1986 die DLitt van die Universiteit Stellenbosch.

Braam was van 1963 tot 1965 kunsredakteur van Die Vaderland in Johannesburg en is sedertdien ’n gerekende akademikus. Hy is die skrywer van 18 bundels kortverhale, ’n roman, ’n digbundel, drie reisverhale, drie speurverhale, en televisiereekse sonder tal, waaronder oor Adam Small en oor Abraham Phillips, asook oor Afrikaans en Nederlands ná apartheid. Hy is die samesteller van die standaardwerk Die Afrikaanse kortverhaalboek.

Pryse en erkennings: die Nederlandse Reina Prinsen-Geerlig-prys; Eugène Marais-prys; Perskor-prys; eerste prys in die De Kat-Potpourri-wedstryd; Artes vir die televisiereeks Die Klein Karoo; RAU-prys vir skeppende werk; en die Nadine Gordimer-kortverhaalprys van die South African Literature Awards. Die ATKV het aan hom ’n oorkonde vir die bevordering van Afrikaans toegeken. Hennie Aucamp se Kort voor lank, WA de Klerk se As die reier noord vlieg en Alan Paton se Ah, but your land is beautiful is aan hom opgedra. In 2021 ken die Universiteit van Pretoria ’n eredoktorsgraad aan hom toe vir sy bydrae tot die letterkunde.


Klik hier vir Abraham H de Vries se profiel op die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Om stories te vertel

Abraham H de Vries Boeke en skrywers 2017-05-11

"Stories werk soos magnete: dit trek aan, vergader self wat dit die nodigste het." Abraham H de Vries oor die skryf van kortverhale.

“Werkstaking by die kleigat”: Braam de Vries lewer kommentaar

Abraham H de Vries Menings 2017-03-28

"Toon van den Heever se 'Werkstaking by die kleigat' is die klassieke begin van juis die 'weerstandsmotief' (weerstand teen onregte) in die Afrikaanse kortverhaal."

Is Afrikaans nie miskien veel sterker as wat ons dink nie? Abraham de Vries gesels met Willem de Vries

Abraham H de Vries, Willem de Vries Skrywersonderhoude 2017-02-15

"Wat nie Jan [Rabie], en sekerlik ook nie die Gilde ooit sou glo nie, is dat mede-Afrikaanssprekendes die grootste vyand van Afrikaans sou word."

Boekresensie: 'n Vlag aan die tong saamgestel deur Hein Willemse en Steward van Wyk

Abraham H de Vries Resensies 2016-03-07

"Op reis deur die boek kry mens die een Afrikaanse vergesig op die ander."

In memoriam: Rus in vrede, Chris

Abraham H de Vries In memoriam 2015-12-30

"Chris kon 'n storie uitdink op die ingewing van die oomblik (soos 'n gewone mens 'n leuen), dis hoekom sy 'Chriskrasse' nie essays is nie, dis propvol stories. Dis ook hoekom hy opdragwerke kon lewer wat dan hoog aangeprys en selfs bekroon is."

Orwell aan die stuur?

Abraham H de Vries 2014-11-17 "Toe Amazon sonder toestemming van die kopers 1984 en Animal Farm elektronies afgehaal het van kopers se Kindles  – hulle het skielik besef hulle het die papierregte maar nie die e-regte nie – was die spook uit die fles ..."

Verdwyn die e-resensie in die digitale toekoms?

Abraham H de Vries 2014-10-16 "Die nuuskierige leser kan nou nog die papier-Rapport met Van Zyl se resensie iewers gaan soek. Maar ek wonder tog: Is in ’n toekoms sonder papierkoerante (wat al voorspel is) die wegval van negatiewe menings en die beskikbaarheid van slegs positiewes ondenkbaar?"

'n Ander land as wat ek ken?

Abraham H de Vries 2014-09-10 "Wat nóú gebeur het, is die African Bank-debakel, ’n ineenstorting wat volgens berigte lank al voorspel is, waarop enkele ingeligtes glo gespekuleer het, waarvan die waarheid nou hopelik in ’n hof duideliker gaan word vir die gewone belegger."

Aan Erik. Ter herinnering.

Abraham H de Vries 2013-06-12 "Dit was Erik. Dit is ook die eintlike storie van Cheviot Place 6. Dit is nou verby. Dit was nie net ’n gebou nie. Dit gaan nooit verby nie." Abraham H de Vries bring hulde aan Erik Laubscher.

Mooiloop|LitNet-skrywersdorp: Die wêreld agter nege passe

Abraham H de Vries Reis 2008-05-23

"Sy Kannaland is nie al wêreld wat aan Abraham H de Vries behoort nie. Hy ken ook ander klippe en rante as dié in die Klein-Karoo, maar ’n landskap waarsonder hy nie kán nie, is die horisonne van stories."

Woede

Abraham H de Vries 2008-01-29 12 Junie Amice Die begin van die beloofde verhaal stuur ek nou vir jou. Hoe verder, dit weet ek nog nie. Oor die geskiedenis rondom die storie sal ek jou in briewe inlig. Hoewel die opgekleide mure van die plaashuis op Vadersgawe vier ...

'n Skedonk van misterie
2005

Abraham H de Vries 2007-06-13 Tot verhaal kom Uitgewers: Human & Rousseau (Pty) Ltd ISBN: 0798143533 Publikasie datum: 2003 Bladsye: 128 Formaat: Sagteband Suspended between the choice of pure history and pure fiction, the contemporary writer ...

ABSA Chain: Kole Omotoso in conversation with Abraham H de Vries

Abraham H de Vries, Abraham H de Vries, Kole Omotoso 2006-07-30 Kole Omotose poses some questions to Abraham H de Vries

ABSA Chain: Abraham H de Vries in conversation with Mike Nicol

Abraham H de Vries 2006-07-30 Abraham H de Vries slightly changed the context of the questions put to him by Kole Omotosho, and asked the same questions to Mike Nicol.

ABSA Ketting: Abraham H de Vries gesels met Hennie Aucamp

Hennie Aucamp, Hennie Aucamp, Abraham H de Vries 2006-07-28 "Ek wil graag wegstuur van die gewone vrae en jou probeer uitlok."  Abraham de Vries stel vrae aan Hennie Aucamp 
Top