ATKV en Afrikaans

  • 31

Die ATKV wil nou ander tale ook inbring by die organisasie om dit glo meer inklusief te maak. Hul gaan blykbaar nog steeds omsien na Afrikaans en glo Afrikaans sal nie benadeel word deur hierdie veranderings nie. Die vraag is waarom doen die ATKV hierdie dinge? Hul is tog ’n Afrikaanse organisasie wat die belange van die Afrikaanse taal op die hart moet dra en dit maak geen sin om ander tale ook te betrek nie. Ander tale kan seer sekerlik na hulself omsien en hul eie organisasies stig of hoe?

Waarom probeer die ATKV iets vir almal wees, want uiteindelik gaan hul niks vir niemand beteken nie. Hierdie stap gaan die einde van die ATKV wees as ’n Afrikaanse organisasie en weereens is die groot verloorder die Afrikaanse taal. Dis kommerwekkend om te sien hoe Afrikaans oral uitgewerk word en vertrap word. Iets sal gedoen moet word om Afrikaans te beskerm want ons kan nie toelaat dat ons taal so stelselmatig vernietig word nie.

Frik Lotz.

  • 31

Kommentaar

  • Frik,
    Die ATKV is 'n Afrikaanse organisasie, nié 'n Afrikaner-organisasie nie. Laat ek dit vir jou nóg duideliker uitspel: Die ATKV bevorder Afrikaanse belange oor die spektrum van al sy sprekers, nié Afrikanerbelange nie. Kennelik besef jy nié die verskil nie.

  • Frik
    Pasop vir "Fake News", asook die verspreiding daarvan. Die realiteit is heel anders as wat jy hierbo voorstel. Die ATKV se amptelike benadering mbt Afrikaans en die Afrikaanse kultuur is vervat in die volgende skakel:
    https://www.atkv.org.za/Korporatief/Nuus/ArticleID/14251/Amptelike-verklaring-van-die-ATKV-Openbare-debat-rondom-Afrikaans-Plus
    Afrikaans en Engels is die enigste twee tale in hierdie land wat werklike groei toon. Engels groei agv swartes wat hulle taal wil misken, en Afrikaans agv juis die aktiwiteite en projekte wat die ATKV en die Taalraad aanwend om dit onder ander rasse te laat groei. Sonder enige strategie, gaan Engels uiteindelik Afrikaans heeltemal tot niet maak

    • Johannes Comestor

      Jaco, ek het meesal waardering vir jou standpunt oor Afrikaans en Afrikaners. Maar die ATKV en die Afrikaanse Taalraad bevorder nie Afrikaans ten beste nie en sekerlik ook nie die belange van Afrikaners nie. Ek het my mening hieroor in twee briewe op Praag (Menings, Briewe, 13.11.2016 en 20.06.2017) gepubliseer en geen verweer of enige reaksie hoegenaamd uit daardie geledere ontlok nie.

      • Johannes
        Dankie vir jou respons op my skrwye.
        Ek het jou twee lywige briewe in Praag gelees. Baie goed opgestel, pragtige Afrikaans, met goeie referate om jou standpunte te stel.
        Ek en jy sal verskil juis as gevolg van uiteenlopende benadering tot dieselfde onderwerp. Ek huldig die siening dat Afrikaans in die huidige konteks, selfs onder wit Afrikaners, vinnig besig is om 'n woordeskat asook letterkundige verandering te ondergaan. Ek self is nie daaroor danig nie, maar ja, ek is nie meer jonk nie (57), en die nuwe geslag het ander waardes as wat ek aan gewoond was, en hulle gaan beslis hulle eie ding doen, soos wat ons gedoen het toe ons jonk was.
        Ek kry die indruk dat jou klem meer op persoonlikhede gerig is met wie jy verskil, eerder as die werk wat die twee organisasies doen. Nou ek ken nie, en volg nie die doen en late van sodanige here nie, maar die werk, veral die ATKV onder gewone burgers wat Afrikaanssprekend is is wat vir my meer belangrik tel, veral die feit dat Afrikaans GROEI (met al sy variëteite) juis as gevolg van hulle aksies.

  • Frik, 'n ander voorbeeld:
    Afrikaans-in-Sowetoprojek
    Die ATKV-taalafdeling bevorder Afrikaanse taalverwerwing in ’n meertalige konteks.
    Die Afrikaans-in-Sowetoprojek is deel van die ATKV se meertaligheidsbenadering. Daar word weekliks Afrikaanse klasse op vyf verskillende plekke in Soweto aangebied. Klasse in ander Afrikatale word ook by die ATKV se hoofkantoor aangebied, en op hierdie manier word daar wedersydse goeie taalverhoudinge geskep.
    https://www.atkv.org.za/Taal/Meertaligheid/pageindex858/10

  • Om swart tale te bevorder is 'n verlore saak. My ervaring van swartmense was nog altyd dieselfde: swartmense het geen begeerte om hul eie tale te bevorder nie. Inteendeel, hulle wil verengels, omdat Engels so 'n aansien onder hulle het. Om hierdie rede kan hulle ook nie regtig verstaan hoekom Afrikaners hulle eie taal koester nie.

    • Felix,
      By 'n onlangse konferensie in Nederland oor die toename in verengelsing en die bedreiging wat dit inhou vir die toekoms van die Nederlandse taal by universiteite, het ek agtergekom watter bedreiging hierdie fenomeen vir moedertale regoor die wêreld inhou.
      Wat jou vooroordele oor ander inheemse tale betref, moet jy ook in ag neem die saamsnoerende politieke funksie wat Engels verrig het. Dit blyk egter of die domineering van Zulu-sprekers in die ANC begin om sy tol te eis. By Rhodes-universiteit (van alle plekke) is daar 'n oplewing in Xhosa, daar is reeds verskeie klasse wat in Xhosa aangebied word. Ons moet hierdie saak ondersteun. Dit sal jou nie kwaad doen om 'n paar basiese terme aan te leer wanneer jy interaksie met mense kommunikeer nie, sodat ons op elke moontlike wyse die globale aanslag van verengelsing kan teenwerk.
      Groete

    • Dankie vir jou weldeurdagte kommentaar Felix, ek stem volmondig saam.
      Dit is verblydend dat kommentare soos joune die lig sien, en oop en deurgrondelike debat moontlik maak, wat die realiteit reflekteer, en die kommentaar dus nie ontvanklik/kwesbaar maak vir aanvalle dat dit deurspek is van kognitiewe dissonansie nie.
      Ook my dank aan Johannes Comestor vir sy insette wat die spyker op sy kop slaan.
      Jy is OF onvoorwaardelik in die geveg vir Afrikaans(deur volledig jou plek as Afrikaner en jou breër plek as deel v/d Afrikaanses, te verstaan) of jy is nie.

  • Dankie aan almal wat kommentaar lewer op die brief, dit word waardeer. Ons moet saamstaan vir ons taal en nie toelaat dat dit geminag word nie.

  • Natuurlik moet geen taal geminag word nie, allermins Afrikaans. Waarom word Engels dan so beveg? Daarsonder is ons, en trouens die hele wêreld, stomgeslaan.
    Afrikaans is 'n mooi taal met wêreldgehalte letterkunde, en dis deel van die Afrikanerkultuur. Hier in Suid-Afrika dien dit sy doel as kommunikasiemiddel, maar dis ook al. Met die diaspora van die Afrikaner, word dit nogal op baie plekke in die buiteland gehoor, maar almal verengels maar mettertyd.
    Nee, sonder Engels kan ons nie klaarkom nie.

    • Afrikaans word gepraat en gebruik deur minderhede (meestal deur bruin en wit) en is dus geregtig op beskerming vanaf Engelstalige oorheersing; juis omdat die Engelse taal op 'n al hoe groter wordende en groeiende basis gebesig word deur swart mense ten koste van hulle eie tale, welke persone die meerderheid is in ons land en nie 'n snars omgee vir Afrikaans nie, met enkele uitsonderings natuurlik. Moet ons nou dieselfde doen? Nimmer as te nooit nie!

    • Angus, natuurlik moet Engels nie 'beveg' word nie. Wat wel beveg moet word is die verengelsing van, en dus moord op Afrikaans.

  • 'n Mens kan klaarkom sonder Afrikaans, maar nie sonder Engels nie. My Engelse vriende wat Suid-Afrika besoek bewys dit telkens. Hulle kom hier goed oor die weg, alhoewel hulle nie Afrikaans of een van die swart tale ken nie. Hulle was al op plekke in Suid-Afrika waar ek nog nie was nie, en hulle het nie honger gely nie.

    • 'n Onsinnige vergelyking Angus; dis soos om te sê jy kom beter met 'n hamer klaar as met 'n saag wanneer jy palette uitmekaar haal (of andersom). Om beter met een taal as 'n ander taal 'reg te kom' beteken nie jy moet jou eie versaak nie. Radyse groei beter as beet maar dit beteken nie beetboere moet ophou beet plant en oorskakel radyse toe nie.

    • Jou argumente maak glad nie sin nie ou maat.
      Buitelanders kan goed klaarkom in Engels, toegegee, natuurlik ja. Beteken dit ons moet ook nou as Afrikaners, en as Anglo-Afrikane (let wel die wat lief is vir Afrikaans), ons gedra soos die buitelanders, wat vir ooglopende redes geen snars Afrikaans kan praat of verstaan nie (hou in gedagte die toerismebedryf maak JUIS voorsiening IN Engels vir die buitelandse persone [Duitsers, Engelse, Franse] want wat anders gaan hulle in kan kommunikeer? Afrikaans? Dis te verstane gesien die globale aard van Engels, MAAR ONS IS besig met die PLAASLIKE kwessie van die opsetlike miskenning van ons pragtige en deur-bloed-en-trane verworwe tongval) en sommer lekker Afrikaans abandonneer?

    • Johannes Comestor

      Angus, sonder Engels kan "ons" nie klaarkom nie. Sonder Afrikaans sal en wil ek en my nie-verloopte mede-Afrikaners sekerlik glad nie klaarkom nie. Sonder Afrikaans ly jou Engelse vriende nie liggaamlik honger nie. Sonder Afrikaans sal ek en my nie-verloopte mede-Afrikaners kultureel/geestelik verhonger.

    • Ons is nie naïef en liggelowig nie.
      Ons het geleer uit die geskiedenis.
      Ons beskerm en koester ons taal met alles binne ons vermoë.

  • Ons is nie gekant teen Engels of enige ander taal nie. Ons is lief vir Afrikaans en wil hê die taal moet ook sy plek in die samelewing kan hê en nie vertrap en orals uitgewerk word nie. Ons het tog die reg om in Afrikaans onderrig te kry op skool en naskool en ook te kan kommunikeer in ons taal by die parlement, howe en ander staatsinstellings. O ja, ek dink ook mense in Europese lande soos België, Holland en dies meer sal jou eerder verstaan as jy in Afrikaans kommunikeer as in Engels. Ons sal nooit ophou veg vir ons lieflike taal nie. Lank leef Afrikaans!

    • Die houding van sommige persone verbaas my tog; net soos jy suggereer Frik.
      My hemel, Afrikaans maak DAN JUIS deure oop mbt studie in die Lae Lande, veral in Noord-Belgie(Vlaandere). Hoekom sal jy dan iets SO KOSBAARS wat vir jou moontlikhede oopmaak probeer vertrap?
      Dit is baie interessant; wanneer die Nederlanders ons Afrikaners teekom dan dink hulle ons is Duitsers hehe lol!
      Wys jou net hoe oulik, bevonk en vol intrige is Afrikaans en sy aksente!
      Ek wonder met betrekking tot die Kaapse Dialeksprekers(Afrikaaps); van watter land die Nederlanders dink hulle VANDAAN SAL KOM hehe!
      Afrikaans leef!

  • Beste Johannes Comestor,
    Het die kultureel/geestelike hongersnood jou verloopte mede-Afrikaners toe die gees laat gee? Ek weet van sulke verloopte Afrikaners wat nou 'n baie ryker kulturele lewe voer.
    Groete,
    Angus

    • Goed vir hulle, indien dit hulle keuse is. Dit pla my nie in die minste nie. Ek, nimmer as te nooit nie. Ek het te veel selfrespek, en is met 'n behoorlike ruggraat gebore en liefde vir MY mense, arm of ryk. Hoe lewe sulke soortes met hulself, wonder ek? Seker maar gemaksugtig, en hulle het sekerlik net een god, en gee nie om in watter taal die god geskryf is nie. Munte op die oë is skynbaar hul voorland.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top