Armblankes – die “onsigbare nuwe probleem in Suid-Afrika”

  • 2

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
 9780624056430

Armblankes
Edward-John Bottomley

Ook beskikbaar in Engels: Poor Whites

Weke voor die Sokker-wêreldbeker in 2010 het die New York Times ’n artikel gepubliseer oor die “onsigbare nuwe probleem in Suid-Afrika”: arm wit mense. Volgens die artikel is hierdie “probleem” ’n nuwe een wat ontstaan het ná demokrasie.
 
Edward-John Bottomley neem hierdie stelling onder die loep en neem die leser op ’n reis deur ’n Suid-Afrikaanse landskap waar daar nog altyd arm wit mense (en veral arm Afrikaanse mense) was. Bottomley wys hoe Christenskap en politiek saamgespan het om die idee van “blankes” en ’n “Afrikaner-volk” te skep en sodoende armblankes van hulself te probeer red. Hy wys hoe die “gevaar” van armoede juis was dat dit die eenheid van politieke en Christelike mag sou kon breek: deur onwelkome kontak met ander rasse in Suid-Afrika se kookpot.
 
Met die koms van die apartheidsregering het dié denkwyse versterk en is areas soos Ruiterwacht geskep – “tuisstede” waar arm wit mense onder wakende oog van die regering kon leef. Wat armblankes interessant maak, sê Bottomley, is nie die feit dat hulle arm of wit is nie, maar die reaksie wat hulle bestaan uitlok onder dié wat die mag het.

 

Klik hier en koop jou eksemplaar van Armblankes  nou van Kalahari.com!

  • 2

Kommentaar

  • Afrikaners asb gee om.....
    Ek is ’n blanke vrou en hierdie poging wat ek weer aanwend is die derde een ( GEEN TERUGVOERING OF HULP IS VERKRY MET die ander twee in 2015 nie - GOD HET MY LAAT BLY VERTROU) en ek het my vertroue in elke blanke persoon gesit vir die derde keer. Wees asb nie verplig om te help nie, maar gebed na hierdie e-pos sal ook genoeg wees.
    Ek gee om vir elke Mamma wat sukkel om haar gesin te voed met net die bietjie wat sy kry. Vir elke Pappa wat probeer beter werk kry en vir elke arm kindjie wat vir sy Mamma en Pappa bid om sterk te bly terwyl hulle skuldig voel dat hulle daar is.
    Moet tog asb nie hierdie e-pos oordeel voor jy nie ’n rede het nie asb. As ek moet sal ek alles voorlê wat verwag word voor jy instem om te help. Vra soveel as wat jy moet en ondersoek soveel as wat jy moet. Ek het MY EER EN LEWE AAN HIERDIE WERK GEGEE AAN ELKE ARM GESIN IN SUID-AFRIKA. Ek lewe vir jare al in die arm verwerpte kant van blanke wees. Ons kinders het hul groep by die skool en ons, ons plek in die dorp. Die situasie waarin ons verkeer maak dit baie moeilik om positief te bly ter wille van ons kinders en om konstant te weet jy is onder druk om te wees wat jy is.
    Daar is gesinne wat uitgesit word uit wonings al betaal hulle getrou en met baie sweet hulle huur en in die maand pand hulle en leen en bedel hulle om te kan eet.
    Ek het ’n vaste werk en maak daagliks planne om vir my en ander die lewe beter te kan maak wat struikel saam my. Ons wil net kan oorleef en nog steeds die doel dien wat vir ons bestem is. ’n Arm mens ken sy plek en weet wat is respek vir iemand wat die lewe vir hulle kinders beter maak en ons is gewoond om te werk vir oorlewing. As ons moet werk vir hulp dan doen ons dit met trots om ons kinders kos te gee.
    Ek sê dankie vir elke persoon wat hierdie ter harte neem en as dit gepaard gaan met net ’n gebed se ons uit ons hart dankie.
    Vir die man of vrou wat graag wil help asb voel vry met enige iets ons is nie kieskeurig nie en u kry die reg om vrae te vra en met die oog alles te sien wat u moet sien of graag wil sien.
    Ons kan werk vir hulp ook. Enige werk vir enige vergoeding asb wat ons kinders sal help asb.
    Blessings
    xxx

  • Wessel Badenhorst

    Corne Bouwer dit is nou 20 Februarie 2020 hier waar ek jou brief lees van
    28 Januarie 2016. Daar is so veel wat ek kan en wil byvoeg in jou skrywe.
    Tussen arm en politiek is daar feitlik so dun lyn, dat die lyn eintlik verdwyn.
    Om arm te wees is nie n skande nie, maar om arm gehou te word is iets wat
    nodig is om die sluier oor te lig.
    Dit sal die arm wees nie verlig nie maar dit sal oor waarom ek arm bly n ander perspektief gee.
    Ek sal graag na soveel jare weer wil hoor wat jy Corne Bouwer op die hart het.
    My e pos adres mag gepubliseer word, want ek sal graag met mense wil kontak maak wat in hierdie bootjie ry.
    wessbaden@gmail.com
    Groetnis

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top