Angus se profesie laat land gons

  • 265

Selde tevore, indien ooit, het ’n gebedsbyeenkoms in Suid-Afrika soveel uiteenlopende reaksies uitgelok soos die lekeprediker en voormalige aartappelboer Angus Buchan se Bloemfonteinpreek.

Die byeenkoms was ’n mengelmoes van goeie bedoelings, fopnuus en allerlei vergesogte aansprake en oordrywings van verskillende aard. Dit het gewissel van buitensporige getalle tot goddelike ingryping wat sou plaasvind of binnekort gaan gebeur.

Alles word mooi netjies onder die geklank van ramshorings toegedraai in ’n charismatiese kombersie met ’n goeie skoot draai-of-braai-teologie daarby. Buchan is immers ’n selferkende fundamentalis wat die Bybel letterlik lees en glo dat elke woord daarin deur God self geïnspireer is.

Oor die opregtheid van duisende Suid-Afrikaners wat hoopvol na die byeenkoms gestroom het, hoef daar nie twyfel te wees nie. Die meeste mense wat daarheen gegaan het, is waarskynlik goedgelowige Christene wat graag, soos elke ander Suid-Afrikaner, ’n beter land wil sien. Ek glo Buchan wil self ook ’n mooier Suid-Afrika sien.

Sonder om enigsins afbreuk te doen aan die geestelike ervaring wat baie gelowiges waarskynlik in Bloemfontein beleef het, moet daarteen gewaak word om nie oorboord te gaan met ongetoetste bewerings en om fopnuus die wêreld in te stuur nie.

Dit is nie die eerste keer dat goedgelowige mense hulle op dié manier tot lekepredikers wend met die hoop op gebedsverhoring en in die proses heeltemal meegevoer raak nie. Dit gebeur ook nie net op godsdienstige terrein nie. Politici neem hulle volgelinge dikwels op sleeptou met populistiese uitsprake wat die massa graag wil hoor.

Maar watter skade kan dit nou aanrig as daar saam gebid word? vra baie mense.

Dink maar aan so ’n paar jaar gelede toe mense soos die NG dominee Jannie Pelser en Isak Burger van die AGS talle Suid-Afrikaners na Lagos gelok het om deur die profeet TB Joshua gesond gebid te word.

Mense het letterlik tougestaan om saam met hulle en ander Lagos toe te gaan. Diegene wat nie die opgewondenheid oor die profeet gedeel het nie, is net so skepties aangekyk soos diegene wat nie die opgewondenheid oor die Bloemfonteinbyeenkoms deel nie.

Tot soveel as 30 000 mense, onder wie talle Suid-Afrikaners, het die tweeweekdiens in Joshua se SCOAN van die oggend vroeg tot die aand bygewoon.

“As die erediens só lank duur, kan dit net die Heilige Gees se werking wees,” het Pelser destyds aan Beeld gesê. Hy het gesê almal behoort te hoor van die wonderlike dinge wat plaasgevind het.

Vandag weet ons daar het dadels gekom van al daardie wonderlike dinge waarvan Pelser vertel het.

Die afgelope week het Buchan ook verklaar die Heilige Gees was in Bloemfontein teenwoordig. So het die NG Kerk se leiers ook verklaar toe die sinode in 2015 besluit het gays mag trou en wéér toe die sinode net die volgende jaar verklaar dit is sonde as hulle trou.

“Mense gaan geheel word vandag,” het Buchan verlede Saterdag in Bloemfontein volgens Rapport geskree. “Ek het begin huil toe ek vandag in my helikopter klim, want God is vandag hier in Suid-Afrika. Hy gaan dinge hier kom regruk, want hierdie land van ons is ’n Christenland.”

Dankie vader dié slag het hy gelukkig nie uitgevaar teen gays wat wil trou nie. Dit bly egter dieselfde man wat redelik onlangs nog gekeer is om in Skotland te gaan preek weens sy homofobiese uitlatings.

Op 16 Mei 2001 skryf Isak Burger van die AGS in Beeld dat talle, en soms direk teenstrydige, standpunte oor TB Joshua destyds uit kerklike geledere opgeklink het. Burger het aan die koerant gesê die skares het, net soos in die Nuwe Testament, daar saamgetrek omdat daar 'n “onweerlegbare openbaring van die bonatuurlike plaasgevind het”.

Vandag glo baie mense daar het ’n ook onweerlegbare openbaring in Bloemfontein plaasgevind en mens hoor dieselfde teenstrydighede as destyds met die profeet.

Onder die talle Suid-Afrikaners wat Lagos toe is om deur die profeet gesond gebid te word, was die gewese Springbok-flank, Ruben Kruger, en Wium Basson, wie se geloofsgenesing albei ’n tragiese einde gehad het. Kruger het ’n breingewas ontwikkel en na sy besoek aan Lagos was hy blykbaar "volkome" genees. Daarna het hy gereeld by kerke in Suid-Afrika oor sy genesing gaan praat. Op 23 Februarie 2005 sê Kruger aan Beeld: “Ek is volkome genees.”

Op 3 Februarie 2010 word Kruger begrawe nadat presies dieselfde gewas waarmee hy in 2000 gediagnoseer is, weer aggressief begin groei het.

Jannie Pelser, wat destyds saam met die groep in Lagos was, het in ’n radio-onderhoud gesê Kruger is op bonatuurlike wyse aangeraak. Die Springboklosskakel Jaco van der Westhuyzen het gesê hy is terug Nigerië toe om te gaan getuig dat hy volkome genees is en om dankie te sê.

Op 22 April 2001 sterf Wium Basson – minder as twee weke ná sy terugkeer uit Lagos (waarheen hy is in die geloof dat God hom deur TB Joshua van sy siekte sal genees).

Wium se ma vertel later dat hulle besoek aan Lagos oorweldigend was. Aanvanklik het sy dit self as 'n openbaring beskou, maar later het haar oë oopgegaan vir “vals profete”.

Hoewel Buchan se byeenkoms nie ’n genesingsdiens soos TB Joshua s’n was nie, is daar ooreenkomste van sogenaamde goddelike ingryping wat mens nie kan miskyk nie.

Beloftes wat in die naam van God gemaak word, laat ook hier die rooi ligte plek-plek flikker. Soos byvoorbeeld dat God mense wat Bloemfontein toe sou gaan, in hulle stoele sou genees, dat die parlement binnekort weer elke dag met gebed geopen sal word en dat Suid-Afrika binnekort weer ’n “Jesus-regering” oftewel ’n Christelike regering aan die bewind sal hê.

Is daar regtig Suid-Afrikaners wat dit glo? En het dit werklik so goed gegaan met Suid-Afrika tydens die apartheidsjare toe die parlement wel elke dag met gebed geopen is terwyl miljoene landsburgers se regte deur ’n Christelike regering misken en vertrap is?

Maar kom ons staan vir ’n oomblik stil by die aantal mense wat die byeenkoms bygewoon het, want baie mense sê dit is nie van belang nie. Wat maak dit nou saak hoeveel mense uiteindelik opgedaag het? vra hulle.

Natuurlik is getalle nie ’n deurslaggewende faktor wanneer mense aanbid nie, maar niemand anders as Buchan self nie het dit die fokuspunt van sy byeenkoms gemaak. Dit is hy self wat daarvan ’n getallelespel gemaak het.

Wanneer hy voor die tyd vol vertroue verklaar God het persoonlik en hoorbaar vir hom gesê daar gaan minstens ’n miljoen mense opdaag, raak dit nogal belangrik vir diegene wat op God se woord staatmaak om te bepaal of Buchan reg gehoor het.

Want as dit nie so is nie, kan daar net een van ’n paar gevolgtrekkings gemaak word: Óf God het nooit vir Buchan gesê daar gaan ’n miljoen mense wees soos wat hy beweer het nie, óf God het gejok of Buchan het verkeerd gehoor of dit uit sy duim gesuig. Daar kan tog geen ander verklaring wees waarom minstens 300 000 minder mense opgedaag het as wat God Buchan laat verstaan het nie, selfs al wás dit ’n buitengewoon groot byeenkoms.

In die Bybelse tyd is profete en vals profete van mekaar onderskei op grond van die uitkoms van dit wat hulle profeteer het. Indien hulle profesie nie waar geword het nie, is hulle as valse profete verklaar. Ek sê nie Buchan is ’n vals profeet nie, maar sy profesie het duidelik nie waar geword tot die mate wat hy geprofeteer het nie.

Ten spyte daarvan lees ons nog mediaberigte en rubrieke wat verkondig daar is 1,7 miljoen kaartjies uitgereik vir bywoning, en 280 000 kaartjies vir parkering, al ontken Hardus Zevenster, woordvoerder van die It’s Time-byeenkoms, self dat daar soveel kaartjies uitgereik is.

Mens vra jou af hoe verskil dit van die fopnuus wat met Donald Trump se inhuldiging versprei is toe gesê is meer mense het sy inhuldiging bygewoon as Obama s’n?

Oor die beweerde 400 ligte vliegtuie en helikopters wat die nuwe Tempe-lughawe asook die Braam Fischer-lughawe aangedoen het, kan mens maar net jou hande in ongeloof (no pun intended) saamslaan.

Mens sal graag wil weet wie die private helikoptermaatskappy is wat op hul Facebookblad sou aangedui dat hulle op Saterdagoggend bespreek was vir 200 vlugte vanaf die twee lughawens na die perseel by Wilde Als, waar die byeenkoms gehou was. Hoekom sien mens nêrens foto’s van al daardie helikopters nie?

Sak Sarel!

Oom Angus help ook nie juis om die oordrywings of fopnuus in die kiem te smoor nie.

“Dit was dalk die grootste bidbyeenkoms nóg in die wêreld,” spog hy à la Donald Trump ná die tyd.

Weer wil mens uitroep: Sak Sarel! Dit klink darem alte veel na Benny Hinn se Mighty Warriors Prayer Army in Action.

Die jaarlikse Moslempelgrimstog na Mekka is ’n veel groter gebedsbyeenkoms as oom Angus s’n en hier te lande maak die ZCC lankal daarop aanspraak dat meer as drie miljoen pelgrims elke jaar Moria toe stroom om die jaarlikse gebedsbyeenkoms daar by te woon.

Is dit dan verkeerd as gelowige Suid-Afrikaners van watter godsdiensoortuigings ook al saamkom om vir ’n beter Suid-Afrika te bid? Natuurlik nie! Dit moet verwelkom word as énige landsburger na ’n beter Suid-Afrika streef, ongeag geloof.

Wanneer godsdienstige leiers egter populistiese beloftes in God se naam predik, moet hulle verwag dat ’n groot deel van die bevolking net so skepties daarteenoor sal staan as teenoor politieke leiers wat in God se naam verkondig hulle sal regeer tot Jesus weer kom.

 

Lees ook:

Is dit tyd?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dis vreemd dat mense wat bereid is om aan optogte deel te neem om presies dieselfde oogmerk te bereik as Buchan, hom kritiseer vir die wyse waarop hy werk."

 

  • 265

Kommentaar

    • Jean een vraag: Is jy ’n wedergebore Christen of net ’n plein Christen van SA? Want sjoe, jy is darem negatief. Laat mens wonder. Alles wat Angus sê, is die antwoorde in die Bybel. Of iemand glo die Hele Bybel of net hier en daar. Ek glo elke bladsy, elke woord in die Bybel. Maar bottom Liné, ons moet mekaar respekteer en nie beledig nie. Dit sê Jesus.

      • Angus is net so vals soos die kerke. Hulle teologie is mensgemaak. Raak gereed vir die finale wegraping in 2026. Maak jou skoon voor God.

        Turn or Burn.

        It's now the time.

      • Om elke woord in die bybel to glo is een ding. Om elke woord te lewe, dis nou 'n ander. As jy dit doen, dan MOET jy vir my ASB kom wys hoe.

    • Hennie Alberts

      Watter evaluering het jy gelees Susan? Die een hierbo van Jean is baie ver verwyder van wat jy sê?

    • Ons aanbid v God nie Angus soos die beriggewer met die elle lange kritiek beweer. Jaloesie en miskien ateïsme is besig om hier kommentaar te lewer en almal se denkwyse te probeer verander.

      • Dankie, ja ek dink ook soos jy. As hy daar was het hy dalk anders daaroor geskrywe. Ek was daar en daar het genesings plaasgevind en as mens na die nuus kyk na goed wat besig is om te gebeur. Sal graag later weer hieroor wil gesels. Dan wil ek ook sommer noem die foto's in Rapport vernaam die wat op die voorblad was was baie ver van hoeveel mense daar werklik was. Daardie foto was lank voor dit begin het geneem.

      • Ek hoop dat die sogenaamde Christene sal wakker word deur ag te slaan op wat Jaen hier sê. Dit het tyd geword dat YHUH in GEES EN IN WAARHEID gedien moet word vir almal wat nou wil sê dat die skrywer van die berig negatief is en bla bla bla word wakker in die naam van Yeshuha en ondersoek die Skrifte sodat julle onder die misleiding van die hedendaagse predikers kan uitkom.

    • Op die ou end gaan ALLES nie oor die mens nie, nie oor sy opinies nie maar oor God. Dit gaan oor het jy Christus se geskenk ervaar wat verniet is. Dit wat Hy vir jou en my op die kruis gedoen het. Al die ander menings en en van mense is net 'n bysaak en beteken eintlik niks. Dit gaan oor God en Sy kinders wat Sy aangesig soek. Ek weet die liefdevolle Vader kyk na dit en sien Sy kinders se harte.

    • This "guy" and his bunch of Sheepherders smacks of "SHYSTERS, NEOLIBRALISM BIGOTRY Et Al"..... Criticisms of Buchan include:

      Teachings that reinforce male relational power; presenting a "soft patriarchy" with men assuming leadership roles that demand submission and obedience from women.
      A reliance on the concept of prosperity theology (that faith will maintain or increase one's material wealth); We ALL BELIEVE IN THE 'TOOTH FAIRY'
      His followers are mostly white, but his teachings fail to address the key issue of political or economic reconciliation between black and white South Africans.
      Buchan's unsubstantiated claims to have healed the sick at his services only for some of them to DIE only WEEKS LATER.
      In 2010 Bruce Winship, a Durban businessman and a Trustee of Shalom Ministries was quoted as saying "Not one cent goes to Angus. He lives in the same wattle and daub house that he built on his farm. He drives the same old car. He doesn't even have medical aid."[14] In 2014 Winship's relationship with Shalom Ministries came under press scrutiny when reports revealed that Winship's companies routinely withheld payments totalling thirty million rand from smaller construction contractors. In response, Buchan’s Shalom Trust established a twelve million rand fund to pay Winship's creditors.[15]

      Buchan's conservative views on topics such as homosexuality and female equality led to a local council in Scotland banning him from preaching in council-owned property in 2016.

  • Dis 'n ou resep, Jean.
    Jy maak buitensporige beloftes en belowe bonatuurlike ingrype. Wittes, veral Afrikaners, is nou al bykans twee dekades leierloos sonder politieke mag, ons ekonomiese invloed raak ook al minder. In sulke tye van onsekerheid en rigtingloosheid werp die deursnee gelowige sy gelaat na Bo. Anders gestel, is hierdie massabyeenkomste blote massale terapie vir angstiges.
    Voeg hierby naïewe bygeloof en jy het 'n perfekte resep vir opruiende en valse voorspellings en verwagtinge.Die ding met fundamentaliste is net dat hulle hierdie goed MOET glo.
    Indien nie tuimel hul hele lewensuitkyk in duie en is alles waarvoor hulle staan nutteloos. Hulle durf nie twyfel oor hierdie goed nie, want dan verbrokkel hul verwysingsraamwerk. Hul voorspelbare reaksie is gewoonlik dat die duiwel en sonde agter al hierdie vertwyfeling sit en dan begin die hele siklus van voor af. Dit was maar nog altyd so.

    • Ek stem heelhartig saam met jou, Charl. Hierdie is ’n uitstekende artikel van Jean Oosthuizen, wat op sig self en deur die kommentare daarop, fundamentalisme (en die uitbuiters daarvan, soos Jy-Weet-Wie met die Hoed-en-Bybel rekwisiete!) in sy mees onaangename vorm erg ontbloot. Die feit van die saak is: fundamentalisme verwring logika en verdring objektiwiteit, en selfs ordentlikheid bly in die slag. Vandaar die magdom persoonlike en selfs lekkerkry-wraaksugtige kommentaar op wat essensieel slegs objektiewe waarnemings van die skrywer is (kyk veral op Facebook!). Wanneer dit by hierdie emotiewe sake kom, speel mense mos graag die man en nie die bal nie. Argumentum ad hominem. Diesulkes kry ’n ril van lekkerte as hulle die outeur van ’n artikel of stuk kommentaar wat verskil van hulle eie mening, persoonlik aanval en, natuurlik baie gewild, selfs verdoem tot die hel. (Of amper erger nog, leedvermakerig vir hom sê hulle sal maar net vir hom bid!)Vir my is sulke kommentare klinkklare bewys dat hulle ander argumente opgedroog het en hulle uit desperaatheid moet gryp na ’n ander stok om mee te slaan.
      Vandaar ook die eindelose stroom van bevestigings vooroordeel, van subjektiewe bekragtiging en van verdraaide waarhede wat volg op die Bloemfontein-byeenkoms. Hier is post hoc beredenering ook op sy beste: die een ding volg op die ander, dus moet die tweede ding ’n direkte gevolg van die eerste wees, reg? Soos die een werklose outjie waarvoor tydens die byeenkoms gebid is en die volgende dag werk gekry het, wie se storie nou as ’n wonderwerk voorgehou word wat kwansuis nie sou gebeur het as die byeenkoms nie plaasgevind het nie.
      As Jacob Zuma vandag bedank, of die Guptas tronk toe gaan, of die land se krediet rommelstatus opgehef word, sal die fundamentaliste en die Bloemfontein-trekkers definitief hulle gebedsbyeenkoms en vir “OOM” (is dit nie aaklig nie?) Angus die eer gee (askies, hulle sal sê dat God alle eer moet kry, met ’n onderskriffie dat dit maar net die mag van gebed bewys). Kyk bietjie, dis die hele Facebook vol: die kernkrag hofuitspraak, die reën in die Wes-Kaap, die terugtrekking van Brian Molefe se R30 miljoen pakket (al het van die goed tegnies reeds die vorige week plaasgevind). Als word nou toegedig aan die Angus-byeenkoms. Gerieflikheidshalwe word in alle post hoc-argumente versuim om byvoorbeeld die verwoesting van Lichtenburg en Coligny hierdie week, die voortgesette werkloosheid (ook van talle wat by die byeenkoms was), die sterftes van vier mense op pad van die einste gebedsbyeenkoms af, die dood van die leeu-byt seun ten spyte van talle gebedsgroepe, en die volharding van die SABC-fiasco, te noem. Sulke gebeurtenisse is mos maar God se wil en die wil van God is aan ons onbekend!
      Maar jy is heeltemal reg: Hierdie gedrag van mense was egter van meet af voorspelbaar; niks is nuut nie en niks sal ongelukkig ook ooit verander nie. Nie solank mense nie die oogklappe van hulle oë afhaal en te lui is om self te dink nie, liggelowig bly en naïef genoeg is om nie voorspelbare en herhalende retoriek en selfs ooglopende swendelary vir dit wat dit werklik is, raak te sien nie.

      • Beleef die GEES, JA DIE HEILIGE GEES voordat jy die soort van ’n artikel skryf, aangesien jy dus duidelik sal verstaan waaroor dit gaan. Dit was glad nie oor Angus nie, maar oor GOD wat ’n duidelike boodskap gegee het. Probeer gerus "die persoon" uit die geleentheid haal, en fokus op die boodskap, dan sal alles vir jou duidelik word. Lees ASB ook die Woord van God, waar jy God sal vind en ook die maniere hoe HY optree. (Gees-geïnspireerd, anders maak dit geen sin nie.)

        • Hy probeer met geleerde woorde 'n indruk skep van iemand wat iets weet ... en so ook Jean! Sjym, eintlik, SKANDE!

  • So, dit staan vas, daar was nie 'n miljoen mense gewees nie? Wel ek was daar en ek het nie ervaar dat belaglike beloftes gemaak is nie. As ek kan aanvaar dat die outeur 'n Christen is, hoe sou die Here oor die samekoms voel? Ek sou sê redelik aangedaan - to say the least. Ek sê dit as 'n pa van twee kinders.

    • Kyk op sy webwerf - Angus sê dat God met hom gepraat het en dat daar 'n miljoen mense sal wees.

      Daar was nie. So wie lieg? Het God met Angus gepraat, of nie? As hy het, het hy gelieg? Of lieg Angus as hy sê God het met hom gepraat?

        • Rudie Van Heerden

          Die "It's Time" organiseerders en hul woordvoerder sê self, amptelik, dat daar nie meer as 700 000 mense was nie en hulle het bewyse daarvoor. Nee, nie die sogenaamde "negatiewe oposisie" nie. Persoonlik maak dit nie vir my saak of daar 1 000 of 1 000 000 was nie, maar hoekom dit 1 000 000+ maak as dit amptelik is dat daar nie meer as 700 000 was nie? Kom ons bly by die waarheid.

      • Jan-Harm - Grabou

        Ek was van Donderdag op die plaas saam met sewe ander gesinne. Ons het almal gekamp. Met my eie oë het ek gesien hoe honderde duisende mense voor ons in hoop en liefde afmarsjeer. Die nagte van Donderdag- en Vrydagaand was daar nie vir 'n sekonde stilte nie, al wat jy gehoor het was die gedreun van MIGHT FEET wat die offer gehoorsaam. Ek stem saam met Angus Buchan dat daar meer as 'n miljoen mense geestelik daar was . Dit kan mens aanvoel met die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat soos 'n vars briesie oor die veld Sy gees voelbaar gemaak het. Die hoorbare boodskap van Angus is deur die vars wind oor die ganse land gedra, van Wes tot Oos en Noord tot Suid het God die boodskap op Sy vlerke van ewigheid gedra.
        Die wat die byeenkoms gemis het, het 'n ewige sleutel van God begrawe.
        Ek sal met graagte wil sien dat Jean weer sy siel sal vind in die werke van die Here. Dit sal hom baie goed doen om 'n MMC by te woon en met eerstehandse kennis vertel wat daar gebeur. Ons almal kan sien hy is so nuuskierig (NUUS KIERIG)om te sien wat die waarheid is wat op MMC en ander Angus verrigtinge gebeur maar het nie die wil van die siel om dit soos 'n Mighty Man op te soek nie.
        Mense hierdie ding gaan net groter word. Ek sal graag wil sien wat gesê gaan word as die volgende byeenkom in hierdie tyd van verdrukking wel 10 miljoen gelowiges gaan oproep tot daad. Daar is reeds sprake dat die volgende herdenking oor 'n jaar wel die 5 miljoen moontlik 6 miljoen volgelinge kan trek.
        Hierdie wonderwerk is Goddelike ingryping. Net soos in die tyd van Moses, Simson en Joshua gaan hierdie byeenkoms alle perke en getalle oorskry. Dit kan groei tot 'n 100 000 000 byeenkoms van alle gelowiges in die wêreld.
        Sela.

      • Chrissie du Preez

        Hoe weet jy daar was nie miljoen nie? Kan jy dit dalk bewys? Nav verkeerde foto’s wat die media gebruik het in hul berigte? Oral is die foto gepos van die 2020 Mighty Men byeenkoms waar 400 000 mans teenwoordig was. Dit is voorgehou as die It's time byeenkoms. Net soos die media ewe slinks tydens Trump se inhuldiging foto’s geplaas het wat vroeg die oggend geneem is. Ek het foto’s gesien wat later geneem is wat die waarheid wys, maar dis nooit geplaas nie. Die lugfoto’s wat wel geplaas is, is ook duidelik vroeg die oggend al geneem. Ons was al agtuur die oggend daar, toe lyk dit alreeds só.

    • Linn Swanepoel

      Stem saam! Niks wat Angus gepraat het was nie in die woord nie. En ja, daar was beslis meer as 1 miljoen. En ja, daar word alreeds gebid in Tshwane.

    • Abert Juergen

      Dankie Gerhard was ook daar en weet nie van valse beloftes of aannames nie! Het mense Swart, Wit, Bruin en Indiër gesien wat hulle in opregtheid verootmoedig het voor 'n Lewende GOD, baie met wange vol trane!

    • Die skrywer van die artikel moet eerder besorg wees oor sy eie kerk wat besig is om dood te loop - talle gemeentes moes al toemaak weens gebrek aan getalle en belangstelling in sy dooie kerk.Jy sal sien dat oor so min as 10 jaar sal net enkele gemeentes van die hoofstroomkerke bestaan.
      Van die mense wat daar was het veranderde mense teruggekeer - daar was 'n kragtige Teenwoordigheid van Die Heilige Gees! Maar daavan sal Jean Oostuizen niks weet nie en dus nie sê nie!

      • Ek stem volkome saam met jou. Al was ek nie daar nie (bly in Zimbabwe) dink ek dit was wonderlik om soveel mense te sien wat nog die Here aanbid en in Hom glo.

      • Dorette Forrester

        Dit is darem baie hartseer dat hy so aangeval word. Ek was daar en glo my hy is die "real deal". Dat die heilige gees teenwoordig was is sonder twyfel. Meer as dit hoef ek nie te sê nie!!!

      • Amen dankie vir jou antwoord. Mense het of ek was daar oor gebed en geloof. Ek is en glo in wat reg is. Elke persoon het die reg tot sy eie opinie. Ons wat daar was weet hoekom en wat die ervaring was. As ’n persoon se geloof hom faal is dit sy eie skuld. Probleem is wanneer dit goed gaan dan vergeet mense daar is ’n God. Sodra dit sleg gaan - wat doen hul dan? Ek is ’n gelowige en is trots daarop. Ek dien ’n wonderlike God.

      • anna Ferreira

        Sak Sarel, beslis. Hy is 'n man vol truuks en kry goed geld daarvoor. Diegene wat val vir sulke twak laat my wonder oor die stelling: Opium vir die skare.

      • Pasop vir wat jy daar sê. Daar was net agt mense in die ark. So Noag en sy boodskap was ook nie populêr nie. Pasop vir wat populêr is. Geskiedenis bewys dat dit gewoonlik nie die regte pad is nie. Bestudeer die bybel en kyk wat God se woord sê. Bid en studeer. Dan sal jy nie mislei kan word nie.

      • My vraag is hoeveel van daai miljoen mense was wel die sondag weer in hul eie gemeentes? Meeste mense wat ek ken wat die gebedsdiens bygewoon het kom byna nooit in 'n kerk nie ...

        • Dit is dan ’n dag van seëninge, dat mense wat nie ‘n kerk bywoon nie, ook geleentheid gekry het om die teenwoordigheid van Heilige Gees te ervaar.

  • Francois Gouws

    Ek stem nie saam nie ! Ek dink dit was hoogtyd dat ons land weer op sy knieë staan en bid dat dit met ons beter sal gaan! Snaaks dat daar altyd diegene sal wees wat goeie bedoelinge moet veroordeel!

    • Marius van der Walt

      Stem heelhartig saam met jou. Dit is nie te betwyfel of die mense gelowiges is of nie. Maar duidelik kan jy sien die mense is op soeke na iets.

  • Stefaan de Jager

    Jean Oosthuizen het Christus vaarwel toegeroep en glo nie meer in Hom as Here en God nie. As hy dan enigsins oor die Christelike geloof en/of oor die pas afgelope saamtrek buite Bloemfontein uitsprake lewer, kan dit nooit gesaghebbend en ewewigtig wees nie. Ons sou dit ook nie van hom kan verwag nie, omdat hy buite Christus blind is vir die hart van die Meester. Hiermee wil ek geensins beweer dat ons met alles wat Angus Buchan verkondig mee moet saamstem nie.

    • Stefaan de Jager en Ernest
      Dankie tog vir Jean Oosthuizen wat nog bietjie logika en realisme onder gelowiges probeer tuisbring. Die tyd van die brandstapel is al 300 jaar gelede in die asblik gegooi. Al wat julle regkry is (gelukkig) om meer en meer mense weg te jaag van geloof.
      Eintlik behoort julle narre vir Jean te prys en te bedank vir die groot werk wat hy doen om geloof nog 'n ekstra asem te gee en dit minder bespotlik te laat klink. Of 'n ordelike oorgang van bespotlikheid na gesonde rede en selfondersoek.
      As 'n stelsel in duie stort soos bv in die Soviet Unie, Irak ens is daar 'n vakuum vir chaos. Die groot bastions van die verlede nl die susterkerke is jaar na jaar besig om nie net finansieel te verkrummel nie maar meer belangrik is hulle Middeleeuse teologie uitgedien.
      Hierdie uitgediende teologie waar die manne in hulle grys skoene en swart togas van Sinode na Sinode die realiteit en werklikheid van hulle besluite verdedig en herhaal het, het die vakuum vir Angus in SA oopgemaak.
      Dis tyd om eerder te erken dat Angus 'n groter gevaar vir die voortbestaan van julle Middeleeuse dogma is, as die verligte woorde van Jean wat presies die teendeel bevorder. In hierdie omgewing wat Jean probeer skep is daar hoop en 'n kans dat die kerke nie 'n Soviet Unie dag gaan beleef nie, en dus ook nie meer Angusse en Benny Hinns tot gevolg gaan het nie.
      Dit is direk in belang van ons land dat stemme soos Jean deur alle gelowiges gehoor word.
      Dit is baie belangrik dat die ou sg susterkerke na Jean luister. Julle uitgediende teologie is die petrol op die vuur wat veroorsaak het dat die land met iemand soos Angus Buchan sit. Julle verwarde 10de betalende lidmate is die hoogs vlambare hout. En dis julle skuld dat so baie mense vasgevang sit met julle sonde-teolgie.
      Dirk

      • Ai tog ! Behep met die susterskerke. Jean begin sommer by Angus, klap dan sommer vir Jannie Pelser en sleep dan sommer vir TB Joshua by. Christene verskil van mekaar, maar ek wonder of Jean ooit nog glo en of hy net 'n toeskouer is wat kat en klas die hele tyd. Angus sal nooit soveel tyd op Jean spandeer nie, lol.

  • Ek bid daadwerklik dat jy tot bekeering sal kom! Jy gaan hardloop tot jy in God vas hardloop. God laat nie met Hom spot of met Sy kinders nie. Mag jy regtig eendag God ervaar!

  • Alle mense is nie blind en slawe van hierdie holier than tho priesters nie, al is hulle in die minderheid soos Openbaring 13 vers 3 van praat.

  • Hennie Muller

    Net vir paar feite reg te stel. Ek is getuienis van seker so drie helikopters wat onverpoos opgestyg het net op Bfn.-lughawe. Ek self was in een van hulle. Het foto’s. Daar was ander landingsplek vanaf die Tempe-lughawe af. Met betrekking tot getalle. Die sitplek gebied was voorberei vir in geval so drie miljoen mense opdaag. Elke persoon se spasie was beplan vir 1.2vkm. Op foto wat ek het van agter af kon mens redelik akkuraat bepaal dat so 4p% van die gebied vol sou wees as mens alle kleiner groepe nader aan mekaar sit. Duidelik sigbaar was amper net soveel mense heel agter as heel voor. Dus is 40% van 3 miljoen naby aan die 1.2 miljoen.

    • Christo Smith

      Hennie jou beraming is foutief. Ek was daar. Daar is verskeie lugfoto's gepubliseer en ontleed deur kenners oor getalle. Nie een kenner beraam 'n miljoen nie. Die ruimste mening is ongeveer 700 000. Ek het wyd geloop op die terrein - daar was groot oop spasies weens die posisionering van die luidspreker- en tv-torings waar groepe in al kleiner getalle na agter saamgedrom het. Die foto's toon dit duidelik. Vanaf die grond en selfs vanaf die verhoog lyk dit egter soos een aaneenlopende skare. Dit was nie. 'n Redelike ingeligte van die omgewing het kort voor die aanvang vanaf die koppie sowat 300 000 mense beraam. Destyds by die Voortrekkermonument toe die KP saamgetrek het was daar ongeveer 100 000 mense. Ek was ook daar gewees en het daardie lugfoto. As jy weet hoe lyk 'n 100 duisend mense uit die lug dan weet jy min of meer hoe 'n miljoen lyk. Ons weet bv ook dat Ellispark-stadion ongeveer 50 000 mense huisves. 'n Miljoen mense sou dus 20 Ellisparke beteken. Na my mening was die getal ongeveer 500 duisend. Ek het die lang relaas gegee om te probeer perspektief gee en ter stawing. Getalle is nie so 'n eenvoudige ding nie. Ten slotte, behalwe sover dit geloofwaardigheid betref, is die getal nie belangrik nie. Die Here is aanbid. Dit is al wat saak maak ... dit en die waarheid.

      • Liewe hemel mense, julle kan nou maar ophou met hierdie eindelose debatte oor of daar een mil mense of net 700 000 mense was. Soek julle iets om julleself besig te hou? Val op julle knieë en begin liewer bid.

      • Gelukkig ken God die getalle en kan Hy tel. Kom ons bid liewer vir Angus Buchan en veral vir redding vir die mense wat sy boodskap gehoor het, dat hulle dit ter harte sal neem. Ons land kort 'n grootskaalse bekering na God toe.

  • En na die amazing saamtrek het absoluut niks verander nie ... maar oom Angus het 'n deposito vir nog 'n chopper. Nogal lonend, ne?

    • Miskien moet mense wat nie daar was nie eerder nie kommentaar lewer nie. Miskien het hy 'n deposito vir 'n chopper, ek weet nie. Wat ek wel weet is dat daar nie 'n sent gevra is by die byeenkoms nie. Daar is ook niks verkoop nie. As jy nou regtig moét kommentaar lewer, kry net eers jou feite agtermekaar.

      • Martin Geringer

        So as jy nie daar was nie, dan is jy nie regtig 'n Christen nie en moet jy liewer stilbly?

    • Oom Angus besit nie enige vliegtuie of choppers nie.
      Ek was al by die huis van sy seun Andy en die familie leef baie spartaans.
      Daar is ook nie een sent van enige iemand die dag gevra nie, geen toegangsfooie nie, geen donasies. Daar is nie eers enige kosstalletjies of koeldrankstalletjies toegelaat nie.

    • Deon, ek sal graag wil weet waar die "befondsing" vandaan kom? Was daar toegangsfooie? Wie moes wat waar betaal? Nie Oom Angus, of enige iemand anders, kan God se tyd bepaal nie. Dit was 'n gebedsdag - nie 'n quick fix nie?

    • Christo Smith

      Kan mense asb net hulle bewerings met feite staaf? Oom Angus gaan glo nou n nuwe helikopter koop met die wins wat hy uit die byeenkoms gemaak het. Hy wat dit beweer moet nou klippe gooi ... hoe het die byeenkoms geld ingebring? Geen kollekte, geen bywoningsfooi ... niks! Nou asb vertel vir ons wat is die grondslag van die stelling? Al mense wat geld gemaak het is gastehuise, vulstasies en eetplekke.

    • Hoekom glo mense dat daar geld gevra is. Is jy miskien jaloers as dit so was. Dit is oor en oor gesê geen geld is gevra behalwe vir kampeerders nie. Miskien kan van die wat NIE gekamp het nie, terugvoer of hulle enigiets moes betaal by die byeenkoms.

      • Daar is absoluut niks betaal en of verkoop nie. Elkeen moes sorg vir hul eie kos en drinkgoed. Almal het saam gebid en God geloof en geprys. God se teenwoordigheid is op n wonderbaarlike wyse beleef en ervaar. Alle eer aan God wat die biddag moontlik gemaak het en voorsien het in als.

    • Hi Deon was jy daar? Ek was daar en daar was geen gelde uitgegee nie. Nul vir parkering, nul vir ingang, Nul vir kos, want daar was NIKS te koop nie ... So oom Angus het soos in NUL geld gekry. Word wakker my ou!

    • Hi Deon dit was alles gebaseer op skenkings. Beslis het ons nie betaal vir enige ingang of kollektes nie.

    • Jean Oosthuizen ongelukkig kan jy ook nie geglo word nie want ander mense voor jou het ook onwaarhede geskryf. Dieselfde redenasie as wat jy het. Angus sê net wat die Bybel sê, dis al. But God ...

    • Karen Hardman

      Watse nonsens raak jy kwyt? Waar kom die geld vir die helikopter vandaan? As jy glo niks het verander nie, sal niks vir JOU verander nie. Vir my het die reën in Kaapstad net betyds geval. Pretoria se munisipale vergaderings is met gebed geopen ... Die kernkrag aansoek is afgekeur. Droom voort Deon.

    • Nou waar sou hy die deposito vandaan kry, want ek self was daar en het niemand ‘n sent betaal nie ... self nie eens ek nie, daar was nie eens ’n kollekte nie ... gaan liefs op jou knieë en sê dankie vir nog ’n dag wat jy gespaar is.

    • Jy was duidelik nie daar nie en weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Al wat dit my gekos het was my petrolgeld. Negatiewe kommentaar op iets so groots, getuig van n tekort aan Jesusliefde!

  • Emmie Stegmann

    Hi Jean, ek kan soos Jesus sê: Wat gaan dit jou aan wat God in mense se lewens doen en nie doen nie? Volg jy Hom?

  • Piet Badenhorst

    Die skrywer, soos n groot ander menigte eien hulself natuurlik die status toe as "Die Enigste Regverdige in Jerusalem ".
    So kan vele dan ook hul menings, seën en kritiek uitspreek, selfs ook oor "Its Time".
    Daar is ewe skielik ’n menigte Salomo’s onder ons wat beter weet, die Skrif beter ken en dit beter sal doen as die Aartappelboer.
    Laat ons almal vir ’n slag nederig aanvaar dat daardie byeenkoms nou verby is en, goed of sleg, ons die oordeel sal oorlaat aan ons Skepper.

  • Lynette van Rooyen

    Beide bostaande opinie en die skrywe van Bettina Wyngaard oor dieselfde onderwerp is van waarde. Waar die oom Angus sy geloogwaardigheid heeltemal verloor vir my, is die sg christelike regering waarvoor hulle gebid het. Ek wens net ook dat dieselfde mense wat so opgeruk het Wilde Als toe hul burgerlike plig sal nakom en aan protesoptogte ook gaan deelneem.

    • Lynette van Rooyen protesoptrede is soos die filistyne dit doen. Dit is geen verpligting nie. Eintlik is dit agterlik en die vrugte daarvan niksseggend.

  • Ag tog! Hoe pateties! Was die skrywer van dié artikel self daar? Waarom nou gaan staan en krap aan alles, wat eintlik niks met niks uit te waai gehad het nie? Die Woord van God sê: waar twee of meer in My Naam is, daar is Ek ook! Ek wil jou verseker, aangesien jy so tas na getalle, daar was meer as 2! Dus, God was daar! Daarom, hou op om die werk van mense soos Isak Burger, Jannie Pelzer, Angus Buchan of enige ander wat dalk al meer "vissers van mense" gemaak het as wat moontlik ek en die skrywer saam kon vermag het. (Dit is ons almal se roeping.) Gaan op jou knieë soos ek ook sal doen en vra God dat Hy deur Sy Gees, ons leiding sal gee waarmee ons elke dag wat God ons goedgunstiglik seën, moet besig hou en dan die dag aan te pak in geloof, die grootte van ' n mosterdsaadjie, en dié dag voluit vir Hom te lewe! (Tensy jy agnosties, ateïs of sommer net moedswillig is.) Daar is een skrif wat my bang maak en dit is die skrif wat sê dat ons nie mag oordeel nie, want soos ons oordeel, sal ons ook ge-oordeel word!

    • Charnell Jantjies

      Ek kan net met 'n smile sit oor hierdie reply. Ek het so te sê 'n maand terug a broadcast message uitgestuur na al my whatsapp contacts, waar die skrif Mattheus 7 praat van "MOENIE oordeel nie, die oordeel waarmee jy oordeel sal weer vir jou mee geoordeel word en die maat waarmee jy meet sal weer vir jou mee gemeet word en waarom sien jy die splint in jou broer se oog maar let nie die balk in jou eie op nie en ek het ook genoem dat ek so baie BANG is om te oordeel , want net om te weet die oordeel waarmee ons oordeel, ons word met dieselfde oordeel veroordeel ons dien 'n Vader van liefde en soos dit ook in die Bybel staan - Waar twee en drie in my Naam Vergader, Daar sal ek wees!* Psalm 91 - Hy Sal Sy Engele Aangaande ons bevel gee om oms te beskerm op al ons weë ek sien mense verwag dat God dadelik moes begin react het , maar wat nog altyd die mooie ding van onse Vader van Liefde is - Hy het dit alreeds gedoen, ons moet GELOOF hê, want soos met die vrou wat vir 12jaar aan bloedvloeiing gelei het, Sy Het haarself menigte kere bemoedig en gesê "as ek maar net Sy Soom kan aanraak" sowaar, toe sy Jesus se soom aanraak - draai Hy om en sê dat iemand aan Hom geraak het en Hy sê vir haar "Jou Geloof het jou gered" ek wil vir u hartlik bedank vir die motiverende en inspirerende comment / reply op daai berig. Mense wil rekenskap hou van alle negatiewe dinge en dus ontneem dit hul van hul fokuspunt , Johannes 10:10 - die dief/duiwel kom om te steel en dood te maak, maar Jesus het gekom om lewe te gee en oorvloed van lewe ek wil U net met ’n woord bemoedig -Jeremia 29:11 - Ek Weet Die Planne wat Ek aangaande jou koester verklaar die Here, nie planne om jou skade aan te doen nie maar planne om jou 'n hoopvolle toekoms te gee - God Seën in hierdie verdere dag en week en jaar, ek GLO dat God gaan deurkom vir S.A!* Dit verg GELOOF! Amen!

      • Ek’t net ’n vraag of 2 ... toe ek dit vra word ek deur familie gekruisig ,want sien ek nie di groter prentjie nie? Op die man se video waar hy bid gebeur die volgende: Ek kan sien en hoor hoe die man vir die mense dwing en sê julle SÁL op alles wat ÉK sê "Amen" sê. My vraag is - hoe kan enige iemand ’n ander dwing om Amen te sê? Is dit nie hoe elkeen in sy eie hart voel om dit te wil sê nie? Of moet ons voorgesê word om Amen te sê? Of gaan dit oor as almal gelyk Amen sê maak dit die prediker lyk hy’s belangrik? Ek verstaan nie die manier van doen nie? Ander ding hy sê aan al die mans om hul hoede af te haal virrie gebed. Hy begin bid op sy knieë met sy hoed af ... maar toe hy werklik oor God beginne bid - staan hy op - sit sy hoed op en stap na die klein tafeltjie toe? Waar is die tweesinnige gebeure dan nou reg? Ek verstaan dit glad nie ... help my asb want duidelik wat ek met my oë sien en wat ek hoor is twee verskillende dinge? Ek’t op vannie foto’s ook gesien hoe baie mense net vrae vra soos hoeveel swart en bruin mense was daar en was daar ooit? Hoekom so? Was daar Dan net mense by die samekoms om te sê "ek was daar”?

  • Pastoor Janni Roux, Kerk op Wiele

    Ek stem heelhartig saam ... baie geluk.
    Ek is van mening dat daar nie meer as 500 000 mense was nie. Ek het selfs so ver gegaan as om R 1 000 op die tafel te plaas en mense uitgedaag om die teendeel te bewys. Tot op datum is daar niemand. Ek is besig met navorsing op die verskeie foto’s wat geplaas was, en gaan kom met 'n finale syfer.
    In my 25 jaar voltyds in die bediening het ek menigte predikers gesien wat vals inligting verkondig, net om hulle eie koninkrykies te adverteer. Hulle is besig met 'n leun en die vader van die leun is Satan. Ons as Christene kan nie alles vir soetkoek eet nie; ons is die Sout van die aarde en juis daarom moet ons berigte soos die kry, sodat ons die gemeenskap kan skoon hou.
    Hou aan ... wonderlik en baie dankie vir die inligting.
    Janni Roux, Kerk op Wiele.

    • Jannie dit is net soooo jammer dat mense wat sê hulle is kinders van die Here, mekaar afkraak en nie saam in die stryd staan sodat die koninkryk van God gebou kan word nie. Ons moet waaksaam wees dat ons nie verly word nie, maar ek persoonlik dink dat daar wel mense is wat 'n ontmoeting met die Here gehad het. Maak nie saak wat die motief van wie ook al is nie. Die Here het gesê dat daar waar 2 of 3 in my naam vergader, daar is ek. Daarom glo ek God. Sy Woord is waarheid en ek verkies om die Waarheid van die Woord te glo. Mag jy 'n geseënde dag hê.

    • Trudie Webster

      Janni jy is vir my bietjie oorlopend van oordeel as nog 'n 'man van God'. Wat maak dit SAAK, al hierdie belaglike tegniese punte en analises? Die man (Angus) voel die Here het hom geroep en derduisende mede-landsburgers voel ook die behoefte om saam stil te raak voor God - einde van storie! Dit gaan waaragtig geen vlieg skade doen nie. Skerp 'n bietjie op met jou Afrikaanse spelling ook asb. Groete uit Namibië!

    • Is jy jaloers miskien? Kon jy al ooit 1000 mense in jou bediening by mekaar maak? Skaam jou! Ek is so dankbaar dat daar een persoon was wat deur God aangestel was om ons land weer op sy knieë te kry. Hou maar dop, daar gaan groot dinge gebeur maar in God se tyd. Dankie Here vir Angus.

    • Dat mense oor getalle redeneer. Sjoe almal mis die punt!'n Pastoor wat tot 'n weddenskap aangaan oor die getalle! Ag nee wat pastoor, jy behoort mos eerder te fokus op God en nie op mense nie.

    • Broer Miga van Wyk

      Pastoor ek is ontstig oor u uitlatings/mening omtrent die gebedsaamtrek. Bloedgewastes moet mekaar beskerm sodat die wêreld gered kan word. Hoeveel ongelowiges dink u Pastoor sal by 'n volgende geleentheid Evangelis Angus se preek oor bekering glo ? Ek wil graag afsluit deur u te bemoedig met Romeine 1:1-2.

    • Ai wat maak dit saak hoeveel mense daar was? Almal het saam gebid oral in die land op daardie dag, want almal kon nie daar wees nie. Wat wil jy bewys meneer?

    • Karen Hardman

      Ai Janni en WAT gaan jy doen as daar nou minder mense was? Wat gaan jy daardeur baat? Die idee het baie mense hoop gegee in 'n veranderde Suid-Afrika. Maar nee, jy is gepla oor syfers. Suur druiwe?

    • Hi Pastoor Jannie, waar beweeg kerk op wiele deesdae? Ek was by jou dienste op 'n klein dorpie in die Overberg. Daar het jy belowe ek sal sien daar gaan sommer net eendag 'n bees by my deur ingeloop kom😋 Wonder ek nou net wanneer kom die bees dan nou?

    • Is jy nie bang jy mis uit op die blessing nie? Sê nou net almal wat die byeenkoms ondersteun word mega gebless en jy mis uit daarop?

    • Jy noem jouself 'n pastoor?
      "Ek stem heelhartig saam ... baie geluk."
      Ek is van mening dat daar nie meer as 500 000 mense was nie. Ek het selfs so ver gegaan as om R 1 000 op die tafel te plaas en mense uitgedaag om die teendeel te bewys. Tot op datum is daar niemand. Ek is besig met navorsing op die verskeie foto’s wat geplaas was, en gaan kom met 'n finale syfer. Hoeveel mense was daar? Wat maak dit regtig saak? Hoeveel siele het hul harte daar vir die Here gegee? Het jy al daardie syfers?
      "In my 25 jaar voltyds in die bediening het ek menigte predikers gesien wat vals inligting verkondig, net om hulle eie koninkrykies te adverteer. Hulle is besig met 'n leun en die vader van die leun is Satan." Jy't Angus sommer klaar veroordeel nog voordat jy dit wat hy gepreek het getoets het soos God voorstel. En daarmee wil ek jou herinner dat God nie altyd dadelik reageer nie maar op Sy regte tyd.
      "Ons as Christene kan nie alles vir soetkoek eet nie; ons is die Sout van die aarde en juis daarom moet ons berigte soos die kry, sodat ons die gemeenskap kan skoon hou.
      Hou aan ... wonderlik en baie dankie vir die inligting." So, volgens ander kommentators hier wat duidelik meer weet van die skrywer glo Jean nie meer nie. Is hy nie ’n Christen nie. Maar sondermeer prys jy hom vir sy negatiewe skrywe teen ’n man wat God se Woord verkondig.
      Ek wag nog vir God om my te wys oor Angus se preek daardie dag, sonder veroordeling.
      Maar een ding is reeds by my seker. Uit jou kerk moet ek liewer wegbly want jy tree reeds verkeerd op.

    • Ai Shame oom Jannie, die mense het ingestroom van 8 uur tot na 1 uur. Daar was 'n see van mense, nog nooit so baie mense bymekaar gesien nie. Hulle het aanvanklik reggemaak vir 1/2 miljoen mense en dit later opgeskuif na 3 miljoen, die agterkant was 2 km van die verhoog waar die spreker was. Dit was verseker meer as 1 miljoen mense. PS ek sien jy’t nie die tyd in ag geneem van wanneer die foto’s geneem is nie lol. Maar hoekom pla dit jou?

    • Ek kan nie glo dat ’n "GESANT" van die Here ’n weddenskap wil aangaan oor die hoeveelheid aanwesiges by ’n Godsdienstige en Evangeliese vergadering nie. Dit is buitensporig!
      God was daar teenwoordig! Hy het alles in beheer! Hy weet wie daar met hul hart was en wie nie. Hy ken elkeen se gees, siel en verstand, sy begrip en sy liefde vir die Ewige Woord waarvoor Hy Sy dissipels aanstel om te verkondig.
      In hierdie saamkoms was Angus Sy dissipel of u nou daarvan hou of nie. Angus verkondig die Waarheid volgens die geskrifte neergelê en hy is baie nederig maar opgewonde oor die blye boodskap.
      Lees ek dalk jaloesie?

  • Kan iemand net volgende keer die mense tel asseblief, maar waaroor skryf - of liewer teem - ons dan?

  • Klink vir my na suur druiwe. Daar sal altyd negatiewe dinge gesê word deur die wat self nie in staat is om 'n leier te wees in tye wanneer dit nodig is.

  • Ja ek kon nie help om die hele affêre met 'n knippie sout in te neem nie. Alles was ook vir my net 'n bietjie "te veel dit" of "te veel dat".

  • Thank GOD for people like Angus Buchan who is trying to do Gods will and called to do His work on earth. Humans can say what they want and will never be satisfied with the Truth. Always trying to find a twist in the tail. The moral of it all is that thousands upon thousands stood firm to give glory to the King of Kings and to ask His forgiveness and heal our land. Yet every single person in South Africa wants to have a good peaceful life, yet they complain about silly things that really don't matter. Prayer is the only thing that will help our land and its people. Who cares about how many people this one or that one had. It was not a completion, it was a mass prayer to the King of Kings to heal our hearts and land.

    • Wow. Dankie baie mooi gesê, waarom gaan die skrywer so aan oor dinge wat onbelangrik is. Dit het alleenlik oor God gegaan en niks of niemand anders nie. Niemand is geoordeel of sleg gesê nie. Nee ons het gebid en die geesteswêreld verander alles as ons saam bid want ons stryd is nie teen mense nie maar die bose geeste in die lug. Ek neem aan dat jy die skrywer deur ander mense benadeel is en ek is regtig jammer dat jy seer gekry het. Sit jou vertroue in God alleen. Hoop dat jy by die volgende biddag gaan wees sodat jy die werking van die Heilige Gees kan ervaar. God is werklik lief vir ons almal.

  • Marinette Britz

    Ja in die Bybel leer ons van skrifgeleerdes en fariseërs! Meet als soos als aan God se woord in die Bybel en julle sal die antwoord kry! Volgens skrifgeleerdes is daar nie opregte predikers nie soos dit vir my lyk!

  • Nellie Corbett Kruger Liebenberg

    Hoekom altyd Godsdiens kritiseer. Waarom nie eerder jou onsekerheid in gebed met God bespreek nie? Dan sal daar minder verwarring wees ... elke mens wat soekend is, word verwar met hierdie negatiewe en kritiserende kommentaar. Jou geloof is iets persoonlik en elke individu hanteer dit soos wat hy gelei word deur die Heilige Gees. Waar daar saamgekom word om te bid, is die krag van gebed sterker ... dit leer ons uit God se Woord. My mening is dat almal wat op die kant van die wal staan die verwarring bring en nie Angus Buchan nie.

    • Baie waar Nellie. Net die Heilige Gees kan ons van die waarheid oortuig. En ongelukkig wil dit vir my voorkom of mense uit hulself dink ipv om die Heilige Gees se leiding te vra. Ek moet wonder of die wat so oordeel al ooit die Heilige Gees ervaar het. Kan verstaan dat hul dit dan nie sal begryp. Maar die feit dat hul so aanval wys watse gees daaragter skuil. Jesus het baie gepraat van die Skrifgeleerdes & Fariseers ... (hul tot 'n addergeslag genoem). Sy eie dissipels wou iemand keer om te preek & wonderwerke in Sy naam te doen omdat hy nie saam met hulle gewandel het nie. Maar Jesus het gesê, los hom want wie nie teen My is nie is vir My ... Lukas 7:33-35 som eintlik alles op. Asook Lukas 11:49 en vele meer.
      En terloops vir enige een wat hier lees. Ek was al by baie byeenkomste waar oom Angus gepraat het ... en geld was die laaste ding waaroor dit gegaan het, inteendeel hy het al baie boeke ook geskryf en baie al verniet weggegee ...
      Van elke ligsinnige woord gaan almal nog rekenskap gee ... die vrees van die Here ontbreek by baie 'gelowiges' ook en dit sê baie oor hul verhouding of tekort daaraan met ons Almagtige Here.

  • Skrywer en Angus is verlief op die reënboognasie. Kan jul nie sien dat dit God se volk is wat soekende en desperaat is nie? Apart lewe word voorgeskryf deur ons God. Dit kan nie gesien word as 'vertrap' nie.

    • We must not stop talking to each other where we Differ. And pray with each or for each other. We all, as my friend mentioned to me, all winners and special. This rainbow nation has to see eye to eye. To build this nation and create jobs. There so much more I want say. God bless this country.

  • Maggie Hoffmann

    Ek is baie dankbaar oor die artikel, want ek voel presies dieselfde. Hy bid op die dag van 'Jesus fearing people', ek glo regtig nie ons het enige rede om vir Jesus te vrees nie. Angus Buchan se hele grondslag is 'fire and brimstone' en dit sweep mense op. Hy werk met mense se emosies en mense word baie emosioneel by sulke byeenkomste. Ek het ook 'n post op FB geplaas waarin ek gevra het, waar is die liefde van Jesus, in wat hy preek? Ek hoor dit nie. Ek is baie aangevat op die post, maar ek het glad nie terug reageer nie. Daar is feitelike foute in die Bybel en dit het ek in al in 1985 geleer in Bybelkunde 3. Dis deur mense geskryf en mense maak foute. Die artikel verwys na valse profesie, ek stem saam dit is. Vir my persoonlik kan ek nie aanklank vind by iemand wat dit glo wat hy glo en verkondig nie. Ek glo in die liefde van Jesus en die drie-enige God, maar ek dink dit is afwesig in die land. Ons behoort meer op liefde te fokus, dit kan soveel meer doen.

    • Trudie Webster

      Maggie - uiteindelik iemand wat na die groter prentjie kyk. Mooi gesê! Met respek, jy is reg - daar is baie foute en mispersepsies en verdraaiings in die Bybel en ja - dit IS 'n mens-geskrewe Boek. Dit is en bly ons 'Gids' tot die Goddelikheid en basis van ons geloof - maar onthou altyd wat Christus gesê het in Thessalonisense--- "Test all things; hold fast what is good." Seën en liefde vir jou!

    • Die "Jesus fearing people" verwys nie direk as "vrees" nie. As jy terug navors na die oorspronklike teks in Hebrew dan berwys die woord eintlik na RESPEK.

    • Maggie, as jy miskien meer van sy preke luister sal jy agterkom dat hy eintlik net liefde preek. Ek vang myself wonder waar is jou liefde vir jou medemens wat jy voorstel ons moet doen ... as jy so van hom kan praat ...
      En die feit dat jy nie die vrees van die Here ken nie en dit as iets negatiefs sien. Mens, ek sal vir jou bid. Maar stel voor jy bid ook tot ons Here dat Hy jou wys wat die Vrees van die Here is oa wysheid begin met die dien van die Here. In Gees en in Waarheid ... Shalom.

  • Weet jy wat meneer. As julle kan ophou kommentaar lewer en eerder saam bid vir Suid-Afrika. Haal die balk uit jou oog voor jy die splinter in ander se oog sien. Asseblief hou net op om hierdie man van God in julle redenasies te gebruik. Oom Angus het niks aan julle gedoen nie behalwe om vir almal te bid. Onthou niks is onmoontlik by God en oom Angus is 'n kind van God wat bid vir sy land en mense. Please kry net end.

  • Ongelowiges kan hulle maar regtig met hul eie siele (wat hulle seker nie het nie), besig hou.

    • Elkeen van ons het ‘n siel, maar anders as dit waarmee die Christene ons dreig, het dit wat jy glo of nie glo nie, geen invloed op waarheen jy na jou dood gaan nie.

      Ons almal se siele keer eendag terug na dieselfde plek. Ons eintlike tuiste in ‘n ander dimensie.

  • Lazerus het intussen ook gesterf- onthou,Angus ,TB Joshua ,ens is maar gebroke kruike in Die Here se hande ... In elk geval, Jesus het vir my sondes gesterf, nie een van sy volgelinge nie. Ek sien duidelik dat die skrywer van die artikel sonder twyfel lid is van die dooie bababesprinkelingkerke.

    • André Oberholzer

      En wie sê vir jou dit is dood? Is dit nie Jesus Christus self se kerk wat jy nou as dood beskryf nie? Is dit nie miljoene mense wat jy nou as dood beskryf nie? Ek sou versigtig wees om so 'n hoogmoedige houding en uitspraak te maak. Klink nie vir my na die tipe opmerking wat 'n volgeling van Jesus sal maak nie? Jesus is immers ook hoof van daardie kerke.

      • André, ek was vir 39 jaar weggehou van Jesus my Verlosser deur my dooie kerk wat die dwaalleer 'glo net'
        (sonder bekering en wedergeboorte) verkondig, maar op 20/3/83 is ek vrygemaak en nuutgemaak, ek was daarna bevoorreg om op die bybelse wyse (soos Jesus) gedoop te word ... dws onderdompel (Baptizmos).

  • Dit klink vir my al of die skrywer van die berig 'n bietjie stuur drive eet? Die eerste opmerking wat my vang is "hy het gelukkig nie uitgevaar teen gays wat wil trou nie". Dan die hoeveelheid mense - maak dit regtig saak? Net solank ons nog ons knieë buig vir die Here is vir my van belang en om mense bymekaar te bring is vir my goed genoeg.

  • Salome Marais

    Dit is so waar ek is bly dat ek een van die skapies was wat gehoorsaam was aan JESUS. Om na Augnus te gaan luister in Bloemfontein mors mense met GOD se karakter.

  • Justus Carstens

    Ek vertroos my daaraan dat, met Jesus se byeenkomste, daar diesulkes was wat Hom aangeval het en selfs Skrif gebruik het. Die hoë priester in die tyd het Hom juis veroordeel dat hy godslastering gepleeg het en Hom tot dood veroordeel (Die persoon wat Godslasterlik was moes gestenig word).
    So Angus Buchan is in goeie geselskap.

  • ...and so Angus made another few thousand Rand and said NOTHING ! And achieved NOTHING more than anyone could have had in their own church on a Sunday. He is taking gullible people for a ride, saying what they WANT to hear.

    • ... again, Angus didn't ask a cent from anyone. There was no collection, nothing to purchase, so please explain your comment. How did he make a few thousand? Also, this day was about praying together as a nation. It was not about any single person. All Angus did was lead us in prayer. And EVERYTHING changed for most of us that were there. It starts at home. But GOD ...

    • Oh he made a few thousand rand Peter? You based that false accusation on what exactly? Were you there? Facts please facts ...

    • Op groot skaal of klein (in die klein gemeentes) waar is die krag van God? Really? Ons wil sien wat ons wil sien. Regardless of the facts.

    • Peter. We did not pay to go to the prayer meeting, nor for parking and no money was collected, so waar het oom Angus dan die sogenaamde duisende rande gekry?. Ons was daar, nie vir oom Angus, maar om gehoorsaam te wees aan die dringendheid wat op ons harte gelê het en om moeite te doen om saam met ander gelowiges te bid vir ons land. Vir niks anders nie. Dat die Heilige Gees teenwoordig was, kan ek getuig en dat daar derduisende mense was kan ek ook getuig. Om presies te sê hoeveel daar was is nie regtig moontlik nie, juis as gevolg van die baie mense en is dit werklik irrelevant. Enige iemand wat nie daar was nie, kan nie regtig reageer en kommentaar lewer as jy nie self dit ervaar het nie. Daar is nie ’n magic wand wat alles ewe skielik gaan verander nie, maar kom ons hou op om mekaar te kritiseer en gaan eerder almal op ons knieë en bid vir Sy Genade oor ons mooie land.

  • Sjoe! Soveel menings ... Tussendeur ontglip alles die waarheid... Dit waarop dit neerkom. Hou julle daarmee op. Is jy vir GOD en Sy beginsels of daarteen?

  • Johnny Hattingh

    Wat baie seergemaak het is dat Angus ’n katolieke fout by die byeenkoms gemaak het. Met sy voorsê van die besoekers se "geloofsbelydenis" het hy gesê: Ek glo in Jesus Christus wat gesterwe het en" NA HEL NEERGEDAAL HET" "Ek glo in die HEILIGE KATOLIEKE KERK.” Aggenee man! Jesus het nie na die hel neergedaal nie, hy het vir die geeste in die gevangenis gaan preek - 1 Petrus 3:19 en 20. Ons is ook nie katolieke nie! Derdens het hy met ’n groot swart hoed op sy kop gepreek. Dit is teenstrydig met die bybel: 1 Kor. 11:4 tot 7. So hy het homself oneer aangedoen. Volgens Openbaring is swart die kleur van die dood. Hy wil net vir die mense wys dat hy Angus Buchan Is. Siestog! Sy "profesieë" gaan in die hek duik. Hy kan nie vir God vertel wat om te doen nie. Hy is pelle met Rick Joyner - n vyand van ons christelike beginsels. Lees maar in Google van hulle vriendskap. Angus is katoliek georiënteer. Ek bly by die huis en bid vir die land en mense se siele en ook genesing. Hoekom sakke vol rande uitgee vir sy saak?

    • Johnny het laat gekom. Katolieke Kerk verwys na die universele kerk. Dit is van die hervorming tot 'n paar jaar gelede nog in die protestantse kerke gebruik - ook hier in SA. Jammerlik dat X-tine so min van hulle eie dogma en kerke af weet. Dis hoekom hulle so aan Angus vashaak.

  • Jean Oosthuizen jy ken nie my god nie. YHW/h, hy wat was, is en sal kom. Die god van Abraham, Isak en Jacob!!!

    Mag jy nooit val in die hande van hd lewende god nie!

    Die woord waarsku ons om voorbereid te wees op die laaste dae, wat sal wees soos in die dae van Noag. Almal het hom gespot en uitgelag, maar nie een wou hoor nie en kon nie die ark ingaan nie.

  • Heinie Scheepers

    Matt 6:5,6: Daar sê Jesus eerstens, om NIE soos die geveinsdes te wees nie, want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op hoeke van strate te staan en bid om deur mense gesien te word, wat sê Jesus dan verder, "maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit die deur en bid jou Vader wat in die verborgene is, en jou Vader wat in die verborgene is, sal jou in die openbaar vergelde". As mens dus die hele gedeelte lees, sien mens dat Jesus teen hierdie openbare vertoon praat. My vraag is dus: Sal Jesus dan vir 'n mens 'n opdrag gee, om iets te doen wat teenstrydig teen Sy woord is? Ek persoonlik voel dis elkeen se persoonlike verantwoordelikheid om die waarheid in God se woord se soek, eerder as om blindelings agter al hierdie valse profete aan te hardloop. Daar is net EEN waarheid en dis God se waarheid.

    • Julle is nou net soos die Israeliete wat Jesus nie erken het toe God hom aarde toe gestuur het nie! So sou Jesus vandag ook op aarde kom en julle sal Hom kruisig want julle sal Hom nie herken nie!

  • Pastoor jammer maar net gou vinnig iets oor die feit dat jy se jy't 'n R1000 neergesit so dit sê vir my jy dobbel op God se byeenkomste. Interessant. Verder mense gaan die hele byeenkoms oor hoeveel mense daar was of hoeveel helikopters daar was of gaan dit dat Suid-Afrika saamgestaan het om vir ons land te bid. Dis mos die belangrikste is dit nie? Al was daar net 10 mense is dit amazing want daai 10 mense doen iets wat ons ander nie gedoen het nie. Wat het ons land nodig, GEBED of kritiek?

  • Die skrywer sit die pot heel mis met verskeie stellings en maak van 'n mooi en Goddelike geleentheid 'n bespotting.😬😡

  • Kleingelowiges! Ons moet bid vir ons land, vir mekaar, vir ons jeug, ons toekomstige leiers, ons vyande, wie mag oordeel? Pleks ons meer saambid, want God sê self, waar daar 2 of meer in my Naam bymekaar kom is EK teenwoordig. Kan ons Afrikanervolk op geen manier die son oor enigeen se kop laat skyn nie? Als in die lewe gaan nie oor rand en sent nie, soms is HOOP al wat mens nodig het, ek wens ek was daar, ek glo dit was 'n belewenis gewees.

  • Lees gerus 2 Kronieke 7:14-15
    "En my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan."

  • Hand.5:38-39 Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensgemaak is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle self teen God gestry het nie!

  • Enige negatiewe reaksie laat my dink aan dié wat Noag gespot het oor sy ark, dit was nie Noag wat dit laat reën het nie, hy het gedoen wat God hom gesê het. Meeste het gespot, nogtans het hy God gedien en gehoorsaam gedoen. Min is hulle wat gehoorsaam is en gered is. So is geloof, elke een vry om te kies wat jy wil glo. Vir die wat glo dat God ons fokus is, laat ons die ark bou, dit is ons keuse om kinders van God te wees. So jou keuse om te wees wie en wat jy wil?
    Die byeenkoms was verniet.

  • Davina Venter

    Jean ek is sò jammer vir jou! Ek vertrou dat jy weer eendag 'n sagte hart van geloof sal hê.

  • Net die feit dat daar so baie mense gekom het na 'n biddag vir SA, maak nie saak oor presiese getalle nie, is klaar 'n wonderwerk en mense het opgeoffer om te gaan. Die Here het dit raakgesien. Maak nie saak wat mense sê nie, die Here het hulle begeerte en gehoorsaamheid raak gesien om hulle te kom verootmoedig voor die Here. Hy sien dit raak en sal antwoord op hulle gebede.

  • Ai as die wat so negatief is net wil POSITIEF wees vir ons land. Ek kla nie meer nie want God het gesê wees POSITIEF en ek sal gehoorsaam wees. Meeste kla oor alles maar ek weet God is besig. Hou julle eerder besig met God se dinge as om uit te vind hoeveel mense daar was, wat maak dit saak, God was daar en ons ander wat POSITIEF gaan wees.

  • Liewe broers en susters!
    Wanneer gaan Christene begin om gehoorsaam te word aan God se Woord? Hoekom al hierdie twis en tweedrag? Dit spreek nie van geestelike volwassenheid en ware broederliefde nie. Dit stel ons hele saak voor ongeredde mense in 'n baie swak lig. Laat God oordeel en sien elkeen om na sy eie wandel in Christus. Jesus bid vir eenheid in Johannes 17 en op baie ander plekke beveel hy dat ons mekaar opreg moet liefhê en vergewe en verdraagsaam wees.
    My voorstel is dat na gebed moet ons oorgaan tot dade deur die geloof. Kom ons petisie die Regering dat hulle amptelike erkenning gee aan die Bybel as terapiehandboek en dat opgeleide Bybelse Terapeute aangestel mag word om dwelmverslaafdes en hulle gesinne te help. Kom ons bewys dat die Bybel weer erkenning moet kry en beskikbaar moet wees in skole, tronke en hospitale. Ander gelowe kan vir hulle eie sake verantwoordelikheid vat. Bid vir mekaar en vir verandering in ons nasie se harte. Help die boere om hulself op plase te beskerm. Vorm kommunikasienetwerke wat positief en behoudend is vir ons geloof in Jesus Christus. Wat dink julle daarvan?

  • By die ateïs gaan dit oor getalle en 'n kits God. Reageer God volgens hul te stadig of voldoen nie aan hul verwagtinge nie, is God impotent of bestaan nie, want God is dan 'n skepping van menslike denke.

    Ongelukkig het daar by baie Christene, onder prediking van baie predikante, ook die idee van 'n kits God posgevat onder die denkwyse van 'n kits 6-dag skepping en 6000 jaar oue aarde.

    So 'n God het dan 'n soort van 'paniekknoppie'-God geword, wat soos 'n sekuriteitmaatskappy sal reageer, want daar is talle Bybeltekste wat die gedagtegang onderskryf soos:

    Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Matteus 7:7

    As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Johannes 15:7

    Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie. Jeremia 33:3

    En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. Jeremia 29:13

    En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. Jesaja65:24

    Wat egter uit die oog verloor word dat dit nie gaan oor wat ek wil hê, maar wel wat God daarmee wil bereik.

    In Mat 26 lees 'n mens dan ook:
    36. Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.”

    37
    Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword

    38
    en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.”

    39
    Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

    40
    Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?

    41
    Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”

    Dit gaan dus daaroor wat God deur die byeenkoms wil bereik en nie wat ons as mense se verwagtinge daarvan is nie. Sou dit dan God se wil wees dat mense se oë sal oopgaan en Jesus Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker sal aanvaar, moet ek my daarin berus, soos Jesus in sy Vader se wil berus het.

    Dit is dus die kern van die saak en nie wat mense daarvan sê nie en wat hul verwagtige daarvan is nie.

  • Dit is heeltemal verstaanbaar dat Jean Oosthuizen en die NG Kerk sal protesteer en beswaar aanteken teen Buchan se byeenkoms. Die NGK loop met mense soos Buchan die risiko om nog meer lidmate te verloor. Ons weet almal lidmate wat loop is $$$'s wat loop en dit kan die kerk nie bekostig nie, daar is immers die kinders se universiteitsgelde, die vakansiehuis by Hermanus en die Mercedes Benz se paaiemente wat moet betaal word ... Instede daarvan om te kla hoekom hou die NGK nie sy eie byeenkoms van gelowiges en kyk dan hoeveel mense daar sal opdaag nie? Wat van Hermanus, dit sal seker die grootste samekoms van NGK dominees in die geskiedenis van die kerk wees. Dan praat Jean van ongetoetse bewerings en fopnuus wat die wêreld ingestuur word? Nou hoeveel ongetoetse bewerings en fopnuus het die NGK nie al die wêreld ingesteur nie, is die geheue dan so kort? Word dit nou gerieflikheidshalwe vergeet dat die Nasionale Party en die NGK op 'n tyd een was? En het Jean ook nou vergeet dat hy gedurende sy studentejare en jeug dié groot kampvegter vir die NP jeug was?

  • Gerhard Strydom

    Jean, Angus is nie TB Joshua nie, hy het nie 'n sent uit die byeenkoms gemaak nie, die kostes om só byeenkoms te rëel is onbeskryflik hoog. Was daar 'n miljoen mense, miskien. Was daar 700 000? Miskien. Wat maak dit saak, ek daag jou uit om soveel mense bymekaar te kry om watookal te doen. Net God kon soveel mense bymekaar kry wat almal dieselfde doel voor oë gehad het en dit was om vir die land en sy mense te bid. Dit sal meer vermag as enige optog. Sal daar resultate wees? Verseker, nie oornag nie, ook nie soos ons dink dit moet gebeur nie, net God alleen weet, Hy alleen weet wat is reg en goed vir ons. En ja Jean, jy gaan ook daardeur gesëen word, want God laat dit rëen op die gelowiges en ongelowiges.

  • Chris Prinsloo

    Met die maat waarmee jy oordeel sal jy geoordeel word. God was en is die outeur van alle dinge. Die Heilige Gees werk op 'n unieke verassende wyse wat geen mens ooit sal verstaan nie. Dis goed en wel om 'n opinie te lewer maar moet tog nie iemand se woorde verdraai nie. Oom Angus het uitdruklik dit gestel dat die Here se stem nie hoorbaar is nie, maar dat hy God se stem ken as Hy met hom praat. Dit is daardie soort verdraaiing van die waarheid wat die wêreld in nood het. Ek voel dit is net my plig om dit uit te wys want geen Geesgeïnspireerde artikel sal die waarheid verdraai nie. Dan vrae ek myself deur wie se inspirasie die artikel geskryf is. Mense is almal instrumente wat gebruik word deur hetsy die Drie-enige God of deur die Bose. Wie gebruik jou? ...

  • Carol -Anne Dreyer

    Jy skryf presies soos ek voel! Dankie vir die realistiese en insiggewende manier waarmee jy hierdie byeenkoms opgesom het. Ek hoop dat almal wat daar was, steeds bly bid en nie maar net deel was van 'n euforiese byeenkom nie.

  • Connie Taljaardt

    Kry jy binne ses weke +- een miljoen mense bymekaar vir n twee ure gebedstyd van alle dinge en sê dit is nie God wat hom gebruik het nie. Ek is nou al 24jr ’n Christen en nog elke keer wat ’n gebedstyd geroep is by kerke, kry jy ’n handjievol mense. Die wat nie daar kon wees nie het saam gebid. MILJOENE gebede het Saterdag opgegaan. Our comments reveal our hearts!

  • William Davies

    Dit is die laaste sin wat die belangrikste is: Wanneer godsdienstige leiers egter populistiese beloftes in God se naam predik, moet hulle verwag dat ’n groot deel van die bevolking net so skepties daarteenoor sal staan as teenoor politieke leiers wat in God se naam verkondig hulle sal regeer tot Jesus weer kom.
    Bliksem ... wanneer "Christene" met mekaar baklei, spat die vonke!

  • Hou op on mense se goedbedoelde geloofsoortuigings te veroordeel en word eerder deel daarvan. God sal met jou ook praat op Sy tyd.

  • Tokkie van Vuuren

    Jean Oosthuizen se bek klink vir my maar baie bitter. Wonder wat loop oor die siel se lewer?

  • Geen wonder dit gaan so in ons land nie. Ons kan nie eers saam staan as 'n volk nie. Ons sal altyd iets negatiefs vind om oor te kla. Mense het met opregte harte vir ons land gebid. Volg maar net die nuus dan besef mens ons land is in 'n krisistyd, 'n donker tyd. En die enigtste Lig wat ons kan red is God. En mense wat saam gestaan het in gebed besef dit.

  • Juistement veroorsaak satan al hierdie kommentare en probeer hard skade doen aan dit wat God vir Suid-Afrika doen. Dankie vir gehoorsame kinders van God om so biddag te kon reël. Natuurlik is almal wat so skepties en negatief is glad nie bewus daarvan hoeveel tyd hulle mors en eerder hulself besig hou met opbouing van die volk as om af te breek nie. Hou op afbreek en Angus is myns insien GEEN VALSE PROFEET NIE!

  • Daar staan geskrywe: WYSHEID VAN HIERDIE AARDE IS DWAASHEID BY GOD! Hou op om julle so slim te hou. Daar staan geskrywe JULLE SAL NOU NET TEN DELE KEN MAAR EENDAG TEN VOLLE!

  • Die gebedsbyeenkoms was 'n wonderlike oorwinning vir al die kinders van die here in Suid-Afrika.
    Die duiwel skarrel nou rond soos 'n afkop hoender ...
    Die vurige gebede van die regverdiges het groot krag.

  • Jou ja moet ja wees en jou nee nee. As daar nie
    'n miljoen mense was nie ... Die Volksblad in Bloemfontein het ook die getal by om-en-by 500 000 geraam.

  • Maak nie saak wat almal sê nie, dis in mense se gene om negatief te wees. Maar glo vir my, miskien sien julle nie nou al die veranderinge nie, maar in die geesteswêreld het daar iets groot plaas gevind, ons GOD slaap nie. GOD IS NOT DEAD. Do you BELIEVE?

  • Die duiwel sidder en beef en so sy trawante!!!
    My God is Groot!
    As jy nie daar was nie kan jy nie kommentaar lewer ,punt.
    En dié wat dink Oom Angus maak geld uit die byeenkomste, daar is nie 'n sent gevra nie.
    Die skrywer van die berig moet ook maar met 'n knippe sout geneem word, het hy hom nie self al "bewys" nie!

  • Peter slaan die spyker op die kop: He is taking gullible people for a ride, saying what they WANT to hear.

    Groete,
    Angus (Nie die een wie se aartappeloes 'n misoes was nie.)

  • Wat is die waarheid?

    Ek het gedink die artikel is baie neutraal geskryf. Maar julle lesers hol nou weg met vreeslike kommentare en elkeen probeer 'n slimmer Christen as sy buurman wees.
    Sien julle ook wat besig is om hier te gebeur?
    Net een ding: Al wat hier gebeur het is 'n groot gebedsbyeenkoms. Tema/Begeerte: Maak SA 'n beter land.
    Maar wat volg nou op die gebeurtenis?
    1) beledigings onder mekaar.
    2) slegsêery en regsienery oor jou kerk vs my kerk.
    3) kommentaarleweraars wil wys een is 'n slimmer Christen en heiliger as sy naaste.
    4) opregte en suiwer waar getuienisse word versuur deur vals berigte, vals foto's en vals getuienisse.
    5) liggelowige mense wat vals berigte as waarheid sien en dit die wêreld vol aanstuur en verkondig, beledig die wat hul gesonde verstand gebruik en die valsheid raaksien en waag om dit te noem. En so begin die liggelowiges en diepgelowiges mekaar aanvat.
    6) ens
    Wie is nou eintlik die wenner?
    a) God?
    b) Die profete (of opreg of vals)?
    c) Die mense wat valse getuies lewer saam met die wat dit net glo en goedgelowig aanstuur?
    d) Die wat werklik iets daaruit gekry het?
    Die duiwel is die een wat smile want kyk wat het hy reggekry: God se kinders val mekaar aan oor nietighede - plaas van versterk mekaar se geloof en gaan demonstreer God se Liefde in jou huis en jou gemeenskap.
    Sien julle dit ook? Wat dink julle dink God van al die kommentare want Hy lees dit ook?
    Ek weet nie, maar sou miskien gehuil het as ek Hy was.
    Hoekom is dit enigsins nodig om getalle te noem? Is dit dan waaroor die gegaan het - oor getalle? Ek hoop die organiseerders het ook nou besef getalle trek meer aandag as Angus. Hopelik sal hulle vlge keer 'n onbetwyfelbare bewys lewer hoeveel mense daar was, want die stryery rondom dit maak dat die gebeurtenis afgewater word tot 'n byeenkoms vir Christelike dispute.

  • God is groot. It's time event was life changing. Ek het nie een sent betaal nie. Alles was gratis ... stem saam die ou duiwel probeer.

  • Angus Buchan verkondig verseker nie Jesus se LIEFDE nie. As dit so was, sou hy nie gays veroordeel het nie.
    Hy is absoluut die " wolf in skaapsklere" waarteen Mattheus waarsku.
    EN moenie my vertel " dit was gratis" nie - hoeveel TV-kameras was daar? En die "sagte kollekte" wat gehou is? Hoeveel geld dink jy maak hy uit die donasies op sy website ... ek sien jy kan nou selfs 'n " herdenkingsvoorskoot" koop.

    • Hampie Bester

      Miskien moet jy ’n slag bybel lees. Dalk verstaan jy dan rakende "gays". Die bybel noem sulke dade onnatuurlik, daarom die "veroordeling". God het hulle Lief (want so lief het God die wêreld ... )
      Almal word in sonde gebore maar sommige kom tot bekering en sommige van sulkes word weergebore. Let op DAT daar twee soorte christene is. Laasgenoemde beoordeel geestelik en dis waar die kruks van die saak lê. Die vleeslike kan die dinge van die Gees nie verstaan nie, dit is vir hom dwaasheid! Vandaar die kritiek.

      • Whaahaahaa " onnatuurlik"

        Ek DAAG jou uit - gee my EEN teksvers in die Evalgelies waar Jesus sê dat mense mekaar nie moet liefhê nie, en dat gay wees "onnatuurlik" is.

        Ek weet, jy kan nie, daar bestaan nie so 'n vers nie.

        Jou argument is ongelding. Probeer weer.

  • Jammer dat "mede gelowiges" mekaar so uithaal. Dalk moes jy ook maar die dag bygewoon het en daar kon dalk 'n lewensverandering in jou lewe plaas gevind het dus as God se behoeftes eerste gestel word en nie joune nie.

  • Hannes Slabbert

    Ek glo in God, nie in Angus Buchan nie. Ek kan nie ophou dink waarom duisende (NIE MILJOENE NIE) mense na sy diens stroom en nie hule eie kerk volmaak nie. Word die saak of die man aangehang? Ek oordeel hom nie maar is beslis nie 'n aanhanger nie.

  • Ek dink dat die Rooms-Katolieke kerk baie bly is om te sien dat hulle so baie steun onder die Suid-Afrikaanse publiek het. Angus glo en preek hulle leerstellings, en ALMAL sê AMEN!

  • Loof Die Here vir die geleentheid, gebedsdiens, wat bonatuurlik was uit die staanspoor tot uitvoering en almal se terugkeur en aan die brand vir Jesus. Ek het reeds op verskeie gebiede die positiewe impak van die naweek se gebede/ saamkoms / beskerming op die paaie gewaar, alle eer aan ons verlosser en Saligmaker, Jesus Christus. My sister het na ses jaar se depressie God se aanraking na die naweek ervaar en haar getuienis is een van menigte, loof Die Here. Die feit van die saak is dat getalle genoem eintlik ’n druppel in die emmer is aangesien Saterdag se byeenkoms van ’n magdom gelowiges in Bloemfontein was een deel van miljoene Suid-Afrikaners plaaslik, groepies tuis asook oorsee wat saam in gebed was. Glo my, dit was miljoene. Ek is ’n trotse wedergebore Suid-Afrikaner en geweldig opgewonde oor ons land, ons toekoms hier, die vervulling van profesië oor ons pragtige land en sal beslis saam met honderde duisende andere volhard in gebed vir ’n Godvresende regering en president, wat ek glo binnekort sal wees. Hy is die skepper van die hemele en die aarde, alles, ja alles is by Hom moontlik. Loof Die Here O my siel!

  • Ek kan regtig nie glo dat mense steeds dink dat al hierdie massa-gebiddery enige nut het nie. Almal wat in 'n almagtige, alwetende God glo, is mos ook gewoonlik maar daarvan oortuig dat God in sy wysheid lankal voor die tyd besluit het wat alles in die toekoms gaan gaan gebeur, of hoe? Dink hulle God gaan sy planne verander as 'n groot klomp mense tegelyk daarvoor vra?

  • Jy mis die hele punt vriend. Dit was 'n gebedsbyeenkoms van mense wat tot ons God genader het ... nie 1 mens nie. As ons dit weer doen, moet jy eerder saam kom.

  • M.b Oosthuizen

    Duidelik suur druiwe en die skrywer was nie daar nie, daar was meer as 'n miljoen en die Here was daar!!! Waar was hulle?
    Satan is besig on twyfel te saai ...

  • Cornelis Kruger

    Lyk my die NG Kerk gebruik nou ook al PR companies om negatiwe kommentaar oor mense wat 'n verhouding direk met JESUS het af te kraak. Angus het 'n verhouding met die Here, nie met 'n kerk nie.

    Jesus is die middeweg na God, nie die kerk nie.

    Die NGK behoort lankal aan Rome.

  • Nogal Andersdenkend

    Is dit nodig om so 'n massasaamtrek te hou om 'n punt te maak? Nou weet ek daar is ongeveer 700 000 mense wat dink dat hulle dinge kan verander deur saam te bid en dalk ook reën vir die Kaap te bring.

    Persoonlik bly ek skepties en is geregtig daarop. Ek hoop ek word my standpunt gegun, sonder veroordeling.

  • Getalle wat maak dit saak. Of nee, maak groot saak! Indien daardie 700 000 minder of meer, plus diegene wat nie daar was nie, en ook, hul hoofde gebuig het in gebed, by hulself begin, selfondersoek, eie huis in orde kry! Dan moet elke gelowige slegs na 55 mense uitreik en Jesus se liefde, liefde ongeag, nie veroordelend. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou wese. Dan moet jy jou naaste liefhê soos jouself. Een persoon kan 55 mense help om God se liefde ook vir hul te ontdek. Dus oom Angus dankie vir u wat die pad gestap het, self God se liefde ontdek het, en nou, mense in gebed saamroep. Dit is ook my gebed vir die skrywer.

  • Hennie Alberts

    Jean, dit wil voorkom of jy jouself skuldig maak aan presies dieselfde as wat jy aan Angus toedig ... letterlike interpretasie? Ek soek iets meer in jou skryfstuk. Iets wat effens "dieper" is as jou interpretasie. Daarmee skiet ek nie jou bevraagtekening en meriete van sekere denke af nie. Ek staan ook beslis nie vir vals profete nie. Maar is jyself nie ook 'n vals profeet nie? Dit blyk of jy probeer om (in jou opinie) 'n "slim" manier te gebruik om Angus en sy optrede/doelwitte/aksies/resultate verdag te maak en jou eie opinie te bevorder? Waar bevorder jy byvoorbeeld die Almagtige? Het jy dalk enige verklaring vir die suksesse uit die byeenkoms wat nie letterlik vir jou sigbaar is nie? Miskien moet jy bietjie die ander dimensies van die mens se lewe bespreek ... of kan jy nie? Dink jy werklik ons as mens beskik oor alle kennis en mag? Nie ek of jy of welke mens ook al kan enige aanspraak maak op volmaaktheid en volledige kennis van elke ding in die lewe nie. Daar is elemente in elke mens se lewe waarvan geen ander mens weet nie ... dit begin by gedagtes. Ek sien en ervaar nie hierdie dimensies in jou skryfstuk nie. Maar nouja, ek kan nie jou gedagtes alles lees uit wat jy hierbo gesê het nie ... ek glo ook nie jy uit wat Angus alles gesê het nie ...

  • It strikes me that much is said about Angus but one thing not mentioned is the clear desire of many who are running out of hope, desperate for someone or something to be done for our country and all her people. The fact so many attended is a clear indication that people are crying out for help. At least Angus tried.

  • Elke knie sal eendag buig en elke tong sal bely dat Jesus Christus onse Here is. Hoop en bid jou saak met God is reg.

  • Ek is net ’n gewone Suid-Afrikaner wat soos baie ’n beter Suid-Afrika soek. En dit maak seer om te sien dat daar nog sulke mense soos Oosthuizen is wat alles sal doen om te keer dat ons (wit, swart) saam staan vir ’n beter land. Ek kan sien dat dinge besig is om te verander en dat ons land elke dag meer en meer saam begin staan.
    Oor Angus ... ek was al soos MILJOENE saam my by sy byeenkomste en weet jy wat.
    ek het nog ELKE KEER DIE HEILIGE GEES daar raakgeloop. So ja, sover nog net by Angus se byeenkomste het iets elke keer gebeur wat ek en ter duisende mense gevoel het, beleef het.
    Wyk Satan.
    ONS STAAN SAAM MET GOD en Angus.

  • Willem Franck

    Angus se hele evangelie is 'n vermenging van wet en genade. Dus verkondig hy 'n mengelmoes evangelie. Dan maak hy aanspraak hy is deur God gestuur?
    Bybelprofesie voorspel soos ons die eindtye nader chaos, goddeloosheid ens sal toeneem. Dit gees van die Antichris is al aan die werk. Al hierdie dinge is deel van die eindtye. Dinge moet een of ander tyd tot 'n punt kom. Dit is deel van God se plan. Geen massabyeenkoms gaan God se plan verander nie.
    Angus se profesie is nog dieselfde dag, en al die daaropvolgende dae ontbloot as leuens. Misdaad, korrupsie, opstande, goddelose regering gaan voort.
    Angus gebruik onophoudelik Israel se ou Testamentiese beloftes asof dit op ons van toepassing is. Geen ou Testamentiese beloftes wat aan Israel in die ou dispensasie van die wet belowe is, is op ons van toepassing in ons dispensasie van die genade van God nie. Dus het hy geen aanspraak om God te herinner aan Sy beloftes nie.
    Massas gaan God nie beweeg om teen Sy Woord op te tree nie.
    In ons dispensasie van die genade van God handel God nie meer met nasies en massas nie soos in die ou dispensasie van die wet nie - Hy handel met individue. Daarom sê Hy gaan na jou binnekamer ... nie straathoeke waar almal jou kan sien nie.
    Daar is nog baie om te noem.

  • Op die ou einde maak dit saak wat enige iemand dink of sê nie. Wat God dink is belangrik. En wat persoonlik in elkeen se hart aangaan. Ons gaan almal eendag as 'n individu voor God staan.

  • In jou artikel Jean sê jy, "Buchan is immers ’n selferkende fundamentalis wat die Bybel letterlik lees en glo dat elke woord daarin deur God self geïnspireer is."
    Alhoewel ek nie `n Angus fan is nie, glo ek ook die Bybel is deur God geïnspireer, die hele Bybel, elke woord. Dit meen egter nie mens kan die Bybel uit konteks lees en `n versie verdraai om te laat pas by jou verdraaiing van die Bybel nie.
    Dis goed as mense bymekaar kom en bid tot die Here Jesus Christus, ons verlosser en redder en ons God wat in die vlees na die aarde toe gekom het om ons van ons sonde te red, ek glo dit.
    Dis egter nie goed as `n charismatiese agenda "word of faith" tipe beweging saam met dit gaan nie, en as ons met alle respek gesê, iets spreek, dan "moet" God skielik iets doen. Ek dink byvoorbeeld aan die vers in die Bybel "deur Sy wonde is daar vir julle genesing". Daai vers meen immers genesing van ons sonde-toestand en in die konteks wat dit geskryf is is dit duidelik, maar mense verdraai daai vers om Goddelike genesing aan Almal te beloof solank hulle net glo. Dit doen egter mense se geloof skade aan want as hulle dan nie gesond gemaak word nie, blameer hulle God of hulself. Ons moet tog een of ander tyd doodgaan en dis God se besluit hoe of wanneer. Ek glo egter in Goddelike genesing, maar soos God wil, wanneer Hy wil. En as hy my nie gesond maak nie as ek sou siek wees, sal ek Hom steeds dien en prys want hierdie lewe is tydelik en mense mis die punt, dis nie "my best life" nou nie, dit kom eendag ... maar nie op die siek aarde nie. Die belangrikste is dat mens die geloof behou en jou tot die Here Jesus bekeer, die ewigheid is `n baie lang tyd ... soos die woord sê in Mat 28:13 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Dis wat ons moet doen. Amen.

    • Die mees sinvolle en korrekte inset van al die kommentare wat gelewer is: "Julle sal die waarheid ken en die KENNIS van die waarheid sal julle vrymaak."

  • Gelukkig is die net 'n onbelangrike mening van iemand wat God nie ken nie! Dit sal geen verskil maak nie en het geen impak nie!

  • Annalize Delport

    Jy is besig om met God en sy werk te spot. My vraag is "was jy daar?" Getalle, helikopters ens maak nie saak nie. Die Here het die harte van die mense raakgesien wat bereid was om Hom te kom eer. Nie mense nie. Ek het gesien en ervaar. Alle eer aan Hom, want menslik was so dag met al die reëlings nie moontlik nie. Die vrede en rustigheid wat alle verstand te bowe gaan was daar. Die Here het duisende se harte aangeraak en myne ook. Is dit nie wat belangrik is nie? Ek kan getuig oor die dag maar kan jy? NEE, want jy was nie daar nie ...

  • Vicky Sandilands

    Dis baie duidelik dat die geslaagdheid van hierdie byeenkoms by die skrywer en baie ander wat saam met hom stem , 'n onrustigheid en onsekerheid .veroorsaak wat weerspieel word in die desperate verdediging van standpunte met behulp van blindelingse argumente en opinies. Ek dink julle worstel snags in julle beddens met jul eie onsekerheid oor jul geloofsoortuiging!

  • Johan Engelbrecht

    Jean, jy slaan die spyker op die kop. Die konsep van saam bid is goed maar die dae van profete is verby. Jesus was die laaste en na die Apostels wat die gawe van handoplegging gehad het, is daardie sogenaamde 'beplande' genesing verby. Die Heilige Gees is met ons vandag. God praat met ons deur sy Woord. Die wat nie saamstem nie, kyk na Openbaring 22:18,19

  • All that this person could do is put stuff on paper and use it to discredit Godly men. Be careful to judge Gods anointed ... This was not promises from anyone but the promise of God according to His Word. Oom Angus through the grace of God and many many others who helped to put this event together was obedient to God and God only. It is time for us to stand together and pray. No one made money or profit through this event. But we are not fighting against flesh the word says, we have to do our fighting through prayer and when we stand together things shift in the Spirit and God is at work. If you see it or not, that is faith. We have hope in Christ and according to my knowledge of the Word we should not neglect coming together to pray as one in Christ. We need strong leaders like Oom Angus that can take the vision and rally believers together to pray and humble themselves before God and through His mercy and grace heal our land. No one will get the glory, only God and if you sit down with Oom Angus you will meet the real man with a heart after God and a love for people and that is what God use to get people together. We are the hands and feet of Jesus and to everyone that was involved in putting this event together I say well done. Because of your obedience you will surely reap a good harvest. The harvest is ready but labourers few, so stop criticising and get behind God’s men and women with vision and make a real difference.

  • Ai, Jean. Objektief??? Nee. Beterweterige postulering met 'n maerte in die gees. Skryf liewer oor iets anders.

  • Ek het nie al die kommentaar gelees nie ma my hart is seer as ek lees hoe negatief mense is wat NIE die Heilige Gees ken nie. God het geensins verander nie, Hy is gister, vandag en more dieselfde. Met oor 'n miljoen Israeliete wat as slawe in Egipte gewerk het, het God een man geroep om Sy volk uit gevangeskap te lei. Hoekom kon Hy nie een man is Suid Afrika oproep nie? Moses het nie die Israeliete onmiddellik uit gelei nie, daar was eers sekere plae wat moes plaasvind. Di feit dat ons land nie onmiddellik verander nie wys vir my weereens julle onkunde. God is God en gaan nie na mense se pype dans nie. Baie keer verstaan ons nie waarom dinge op Sy tyd gebeur nie, maar later as jy terug kyk, sien jy Sy wyse hand in alles. Moet nie maak of julle wat so negatief en pessimisties is maak of julle alle antwoorde ken nie. God is na dese in beheer want of dit nou 700 000 of 'n miljoen of 1.2 miljoen was, wat saam gebid het, dit is mense se gesindheid waarmee hulle daar was wat belangrik is. Dit is wat vir Hom belangrik is. Gehoorsaamheid en nederigheid, liefde en geduld, nie kritiek uit onkunde nie. Ek glo in God want ek het Hom al soveel in my lewe ondervind en ervaar, as jy nie het nie, kan jy nie saam praat nie. Profete, apostels en evangeliste bestaan nog vandag. Luister jy na Sy stem of na jou eie ego. Jou eie ek maak jou doof vir Sy stem en leiding.

  • Jesus sê julle dwaal want julle ken nie die skrifte nie. Paulus sê ons predik dinge wat met die gees beoordeel moet word nie met die verstand nie. Vir hom wat die Gees van God nie het nie is hierdie dinge onsin. Natuurlik gaan mense probeer gaan na iemand wat die gawe van genesing gekry het. Vertel die bybel ons dan nie dat een van die gawes van die Gees die gawe van gesondmaking by sekere mense is nie. Wie gee jou die reg om mense wat met ’n ongeneeslike siekte gediagnoseer was te probeer afmaak as niks en om hulle omstandighede vir jou Godslasterlike artikel te gebruik? Mag die Here in Sy groot genade gee dat jy nooit met ’n dodelike kanker gediagnoseer word en die wanhoop ervaar as medici nie meer iets vir jou kan doen nie. Nie TB Joshua of oom Angus kan genees nie maar God kan wel. Deur geloofsgenesing as ’n foefie af te maak is jy besig om die Lewende God uit te daag. Wat maak dit saak hoeveel mense daar was? Sê Jesus nie duidelik waar twee in my Naam vergader daar sal ek wees nie. Is dit daarom dan verkeerd om te verwag dat as Hy in Sy groot genade daar is dat Hy nie ook sal genees nie? Is geloof dan nie juis om ’n vaste vertroue te hê in dit wat ons nie kan sien nie. As jy daar was sou jy geweet het dat Angus Buchan gesê het dat verandering by elkeen begin wat daar was. Ek wil jou nie oordeel nie maar in liefde wil ek vir jou sê dat dit duidelik uit jou artikel blyk dat jy baie min van die God van die bybel weet. Miskien het jy geleerdheid oor kerk en oor kerklering wat op universiteite geleer word. Die eenvoudigste boodskap in die bybel is dat God liefde is. Is dit dan nie logies dat wanneer mense begin om liefde uit te deel dat daar verandering in gesindhede sal kom wat dan tot gevolg sal hê dat daar verandering in ’n land sal kom nie. Dink jy dat God nie by magte is om te help as mense gehoorsaam begin raak en in liefde begin leef nie. Is dit nie so dat die bybel sê moenie kwaad word nie, moenie die satan ’n vatkans gee nie? Al die negatiewe praatjies en kwaad is absoluut net voeding vir die bose en gaan hierdie land vernietig. Hoekom wil mense dit nie verstaan nie? Waarom dink mense dat God ’n kitsoplossing moet bring sonder dat ons van ons kant af moeite moet doen om gehoorsaam te raak aan Sy woord. Waarom dink jy dat Angus Buchan gesê het dat as jy niks positief kan sê oor hierdie land nie bly dan eerder stil. Om terug te kom na die kerk toe. Hoe min kerke bid regtig vir verandering in die land en hoeveel gaan maar net aan op hul trant. Hoeveel kerke probeer regtig nog ’n verskil maak. Ek kan net sowel redeneer dat as die kerk ’n verskik kon maak dit teen die tyd al sou plaasvind. Daarom is dit nodig dat ons kerke weer van voor af ’n vuur van liefde in hul binneste sal moet kry om ’n verskil te maak en dit is wat Angus Buchan mense gevra het om te doen. Gaan terug na jou kerk toe en begin werk en liefde uitdeel. Natuurlik is hy ook maar net ’n mens wat ook sondig net soos almal van ons. Hy het baie duidelik gesê dat hy nog nooit God met ’n hoorbare stem hoor praat het nie maar dat God in sy hart met hom praat. Almal spekuleer oor die aantal mense maar net soos Angus nie met sekerheid kan sê dat daar wel ’n miljoen was nie, net so min kan jy bewys dat daar nie was nie. Die verskil is net dat hy glo dat daar ’n miljoen was omdat hy glo wat God vir hom in sy hart laat verstaan het. Ongelukkig is die geloof wat jy in jou artikel ten toon stel die absolute teenoorgestelde net om onmin te saai.

  • Jean vra dat die Heilige Gees jou doop met krag en vuur want dit is al hoe jy jou oë oop gaan kry,want die letter maak dood en die Gees maak lewend.

    • Askies? Toemaar, ek ken die misleidende uitdrukking al te goed. Ek kan jou verseker God het in ewigheid nooit verander nie. Ook nie Sy Woord nie.

      • Ja ek stem saam. God het nie verander nie. Sy woord ook nie. As ons Hom lief het, sal ons baie versigtig wees wat ons van sy kinders sê. Want dit is duidelik dat Hy sê ons moet basies sy kinders uitlos en geen skade aan hulle doen nie. Ons moet vir die wêreld wys dat ons mekaar lief het.

  • Chris Marnewick SC

    Ek wonder, Jean, of jy die jaarlikse byeenkoms in Mecca wat jy noem een of ander tyd gaan aanvat? Oor sy getalle. Oor sy beginsels. Oor sy gebiddery. Oor sy houding teenoor gays en vroue. Oor die effektiwiteit van sy gebede. Oor sy volgelinge hier.

    Of is dit net Christene wat onder skoot kom? Miskien omdat jy die beskerming van die draai-die-ander-wang beginsel geniet?

  • Mens kan met 'n stok aanvoel dat baie van die mense wat hierbo kommentaar gelewer het nog nie so in die teenwoordigheid van die Heilige Gees was en God se teenwoordigheid aangevoel het nie.
    Daar was ongetwyfeld meer as 'n miljoen mense en daar het genesings plaasgevind.
    Weet nie hoekom word dit met Lagos se goed vergelyk nie. Dit was 'n gebedsbyeenkoms en nie iets anders nie en kan nie glo dat nog mense ook dink dat daar geld by betrokke was nie.

  • As jy nie self daar was nie hou op oom Angus sleg sê, julle almal is vals! Ons was daar en God was daar! Dit was die beste oomblik van my lewe om God so te ervaar. Julle is vals en jaloers. Wonder wie oordeel nou!

  • Maak nie saak hoeveel mense teenwoordig was nie, daar was kerke in verskillende dele van die land wat ook daardie dag n biddag uitgeroep het, so regoor SA was daar gebid, God kyk nie na getalle nie, maar na die hart van die regverdige en die gehoorsaamheid van die mens! Oom Aartappel en duisende ander wat daardie dag gebid het was gehoorsaam en DIT IS WAT TEL! God is en was en sal altyd in beheer wees ...

  • Karen Opperman

    Ek was daar, en nes ek weet almal wat daar was wat hulle ervaar het ... Dit was my eerste keer by een van oom Angus se aanbiddingsbyeenkomste! Dit was beslis nie glory glory nie ... Daar was mense al van sesuur die oggend ... Ek het ’n parkeerkaartjie gekry, en volgens record was daar 350 000 kaartjies uitgegee. Werk dit vir jouself uit minimum vier mense per kar = 1.4 miljoen? Dis sonder die busse, vliegtuie ens. Ek het drie helikopters gesien wat heen en weer gevlieg het ... So werk dit vir julself uit. Ek het karre/bussies vol mense gesien! Oom Angus het eers tweeuur gekom, aanvanklik sou die diens twaalfuur begin, maar daar is toe besluit om eers te wag dat almal arriveer. Mense het gesit en bid en luister na die musiek tot die gebedsdiens begin het. Ja, Oom Angus het gesê vandag sal daar genesing plaasvind - hy het nie individueel vir elkeen gebid en gesê nou is jy gesond nie! Almal het saam gebid! Hy het gesê jou geloof sal jou gesond maak ... Ons het gebid vir ons land en regering vir verandering, wat hy ook gesê het ons sal nie more/dadelik verandering sien nie, maar ons moet aanhou bid en glo God gaan antwoord! Ons boere en mense is moeg vir die moorde ... Hierdie byeenkoms is grotendeels geroep deur ons boere! As jy daar was, gelowig is en glo sal jy alreeds verandering in jou lewe ondervind!

  • Dieselfde God wat ek en Angus aanbid se tyd is nie ons tyd nie. God laat hom nie voorskryf wanneer hy wat moet doen nie. Niemand het gesê die regering gaan Maandag al verander nie.

  • Hampie Bester

    Aan alle negatiewe kommentators net die volgende :
    Waarmee hou julle jul besig? Is julle versamelaars of verstrooiers met julle Geestelose kommentaar.
    Moenie Geestelike in die vlees probeer beoordeel nie. Jy saL maar altyd jou antwoorde verkeerd kry en by Jesus se koms die eksamen PLUK!

  • Die oomblik toe ek lees Buchan is 'n Christen-fundementalis; het ek geweet die res is ook 'n klomp snert. Ek is van mening dat hy 'n klad is op die naam van Christen-fundamentaliste.

    • Zeti, Let us be aware of the fact that God said - touch not mine anointed, do my children no harm. He also said judge not, for as you judge - so shall you be judged.

  • Kan ek asseblief voorstel dat julle onderskeiding tussen ware profete en vals profete (so ook boodskappers) so uitken:
    Vleiende taal soos die wat verklaar die gehoor is uitverkore of spesiaal, boodskappe wat voorspoed belowe, 'n mens gesentreerde (maw wat kan die mens hieruit baat) - is als van Lucifer af.
    'n Boodskapper wat verkondig dat God eerste gestel moet word; hoe moet die mens leef om God te behaag, wat God se vereistes is - die is ware boodskappers. Daar word reguit gepraat en verkeerde dade word verdoem.
    Die pad na die ewige lewe is nou, moeilik en baie mense wil nie die opofferinge maak wat dit vereis nie.
    Die 'gees' het nie God se woord of sy gebooie vervang nie. Al wat die Gees doen is om leiding te gee, om jou te onderwerp aan die wil van God.
    Ons is met ’n perfekte eie wil geskape - maar die wat kies om nie die eie wil na te streef nie, maar God se wil - is vir die ewige lewe beskore.
    Enige boodskapper wat aankondig "God is vandag hier" (en nie by 'n ander plek nie) praat loutere onsin.
    God is alomteenwoordig, alwetend en almagtig. Buite God bestaan daar geen skepping nie.

  • Die Bybel sê ons sal hulle aan hulle vrugte ken. Dit geld vir beide Angus Buchan en Jean Oosthuizen, en ook vir die res van ons.

  • It is so sad that people can pass remarks about Angus Buchan. He is God's child and doing what he feels God is leading him to do. We ask God to heal our land as He has promised - Honour God and He will heal our land. Going in to a mass prayer is people who are crying out to God, due to our land being in such a mess. Yet instead of praying and repenting ourselves we judge God's child and find fault with him. This cannot be honouring God.

  • Hans Richardt

    Geloof-obsessie het groot element van skisofrenie. Die satan vervolg jou chronies en die weermag van mense moet heeltyd vir Jesus veg, want hy is skynbaar nie Almagtig genoeg om die satan agter elke bos te verslaan nie. Terselfdertyd moet jy nie vergeet om mildelik tiendes te gee nie, hy werk met winsoogmerk ...

  • Juis in hierdie dae van Angus se skouspel lees ek die grensroman Buys deur Willem Anker. Die sendeling Kemp is 'n koorsige sielejagter. Buys se siening daarvan : " ... As hy dink hy, of die leerskares sendelinge wat die Kolonie binnestroom, gaan die mense hier op die een of ander wyse veredel, dat eendrag moontlik is in hierdie wildernis, dan is hy in die moeilikheid. Hier vreet ons mekaar ... Dit is een groot jagveld ... Hy kan 'n paar verdwaalde siele probeer red. Maar die mensdom is lank reeds nie te redde nie".

  • Hoe sinies moet ’n mens wees om nie alreeds te sien dat daar interessante onverwagte skuiwe plaasvind nie. Suid-Afrika is op ’n verwoestende glybaan wat onkeerbaar blyk te wees.
    Menslik is daar niks wat dit kan afwend nie. Tog lewer hierdie week positiewe nuus sover dit die politiek aangaan.
    Daar is ander tekens wat jy sal gewaar indien jy jou skeptisisme vir ’n oomblik sou laat vaar.
    Vrede vir jou Ou Grote.

  • Vergeet gou van die berig, van die gebeure en stel julle voor ek is ’n nie-gelowige wat nuuskierig is en nie daar was nie en nou deur die kommentare gelees het ... al die comments. Dan blyk dit asof mense wat daar was, net soveel oordeel en haat en eiewysheid het soos waarvan die skrywer en die wat nie daar was nie beskuldig word. Daar is selfs aanvalle op kerke en ander christene wat ek nie mooi kan plaas wat dit te doen het met die saak nie behalwe dat daai naasteliefde-ding net sover strek soos die mense in jou eie kampie. Ek is nuuskierig oor die Jesus, maar al die verligte en veranderde mense wat hom volg klink maar net so verbitterd en eiewys soos my ongelowige vriende. Dat daar baie mense saam gekom het maak nie vir my soveel saak soos om ’n enkele mens te ontmoet wat leef met daai liefde-ding nie ... ek weet nou nie van Angus of Jean of hierdie of daai kerk nie (wat blykbaar almal ongelowig en vals is vir een of ander rede as ek die kommentare so lees) maar julle wat hier comment het my nog nie oortuig dat gelowiges anders is as nie-gelowiges nie.

  • Dit is verstommend om te sien hoe baie tyd en energie deur ongelowiges gespandeer word op 'n kultus-figuur waarin hulle nie glo nie. Miskien glo hulle maar tog ...

  • Ek daag hiermee ENIGE IEMAND uit om vir my verkeerd te bewys dat daar NIE n God is nie, insluitende die Oom Angus.

  • I am glad to see that you acknowledge that their is a God. We cannot live without Him and surely not Die without Him.

  • Lees asb. 1 Kor 11:3 en 4. Toets die geeste en sien of hulle van God is. Die Bybel is jou enigste maatstaf om dit te doen.

  • Al wat ek keer op keer hier sien, is dat mense, Christenmense, nie meer die liefde van God het nie. Hulle maak vir hulle predikers bymekaar om hul gehoor te streel, hulle volg evangeliste en predikers wat hul eie dwaling regverdig. Voordoeners, geveinstes en skynheiliges. Gaan sit in die kerkbanke om gesien te word en intussen maak hulle die verleiers van siele ryk.

  • Angus Buchan's net worth is estimated to be in the range of approximately $759 713 149 in 2019, according to the users of vipfaq. The estimated net worth includes stocks, properties and luxury goods such as yachts and private airplanes.

  • Die byeenkomste deesdae is net vir kerkgangers of sogenaamde Christene. Nie vir dié wat soekend is na God nie. Die preke is dieselfde. Waneer laas het jy ’n harde preek gehoor wat jou diep aanraak en die verkeerde dinge by die naam noem? Preke is vir dié wat vermoeid en belas is, asook vir die rou sondaar. Maar as julle sulke preke hoor, neem julle die stryd op en die kerke is leeg en die tiendes en offergawes (wat terloops geheim gehou moet word) is baie minder. Daarom preek vals predikers wat mense wil hoor.

  • 2 Korintiërs 4:3-4 wys dit vir ons: “Maar as ons evangelie dan ... Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.”

  • Ai tog Angus, jy is seker familie, daarom sal jy weet. Ek weer, kyk na die vrugte wat in die boom sit. Vir al wat ons weet het al die onse nie 'n clue wat dit is om 'n gees van onderskeiding te hê nie.

  • ... dat die parlement binnekort weer elke dag met gebed geopen sal word en dat Suid-Afrika binnekort weer ’n “Jesus-regering”....

    Laat ons maar sien of die Korona virus mense na hulle kniee toe sal laat terugkeer. Jou veragting teenoor gelowiges is so sigbaar. Sies.

    Groete.

  • Mense weet julle hoekom kom ons land se mense nie bymekaar uit nie? Daar is te veel afguns, jaloesie en veroordeling onder wedergeborenes. Die Here kan julle nie seën as julle so lelik van mekaar praat nie. Begin glo, moenie mense veroordeel wat profiteer nie. Almal probeer maar om te help. En wie van julle het nog nie ’n fout gemaak nie? Staan mekaar by. Dalk het Angus ’n fout gemaak, maar dit maak nie van hom ’n slegte mens nie. Ten minste het hy die guts om iets te sê. Dit vat baie aan ’n mens om te profiteer. Kom ons sit ons geloof op God. Leiers word gewoonlik veroordeel.

  • Ek wil graag vra, die mense wat soveel kommentaar lewer oor die profeet: Ek dink julle het nog nie die krag van die Here ervaar nie. Ek dink dit kos guts om ’n profeet te wees. En wie van julle het nog nie ’n fout gemaak nie?

  • Een ding wil ek sê: as jy nie iets goeds oor ’n ander persoon kan sê nie, bly liewer stil. Ons land sal nie regkom voordat die afguns en jaloesie stop nie.

  • Een ding is seker: as ek 'n plaas gehad het, en die aartappeltjies wil my nie ryk maak nie, en ek het oom Angus se persoonlikheid gehad, dan het ek ook soos hy gemaak. Die mens is nou maar eenmaal 'n snaakse wese; hy sal bleddie duur betaal om hemel toe te gaan.

  • Toe die waterkrisis in die Kaap op sy ergste was, het Oom Angus gekom en gebid, en daarna het dit verskriklik baie gereën. So, dit wys julle. Hy moet in Port Elizabeth ook gaan bid waar die water ook amper op is dan sal julle sien hoe word die probleem opgelos. Ek is seker as Oom Angus 'n nasionale biddag hou teen die coronavirus sal dit virus ook weggaan.

  • Martie, of dit nou profeteer is of profiteer, dit sit geld in jou sak. Pragtige woordspeling! (Kan sowaar ook spelling wees!)

  • Elaine Maartens

    Mense, glo net dat ons Hemelse Vader jou kan en bowe alles WIL genees. Solank jy, of wie ook al dit vra in die naam van Jesus en jy dit glo, sal jy dit verkry. Die mense wat by Angus Buchan se byeenkoms was het ten minste nie tyd by 'n kroeg of ontkleeklub verwyl nie. Ek gun hulle wat hulle daar ervaar het. As daar mense was wat werklik met hulle hele hart glo sou Jesus daar in hulle midde gewees het. As daar dinge gebeur het wat nie binne God se wil was nie kom die wraak Hom toe. Laat ons mekaar net liefhê.

  • Snaakse ou, die God. Hy is kastig almagtig, maar daar kan dinge gebeur wat nie binne sy wil is nie. En dan gooi hy al sy speelgoed uit die kot uit. Intussen moet ons mekaar maar net liefhê.

  • Sê my eers, siniese, skeptiese, skerppuntpotloodskryfster van die artikel: is jy 'n gelowige? Is jy 'n wedergebore, Jesusbloedgewaste kind van die Enigste God? Iemand anders het in 'n kommentaar dankbaar verwys na 'n 'onemosionele, objektiewe' skryfstuk. Objektief? Skaars. Objektief bestaan nie meer in die media nie. Onemosioneel? Is aggressie en minagting dan nie emosies nie. Moenie oordeel nie sodat jy nie geoordeel word nie. Pasop.

  • Johan Terbanche

    Dis nou hoe Afrikaners maak. Julle kan nie eers saamsit by Angus se diens nie, dan wil julle praat van saamstaan???

    Dan wil julle my vertel julle is ’n verbondsvolk!! Ek sal saamstem dat julle ’n verbond met die duiwel het.

    En kom stemdag wil julle hê ons moet saam ’n nuwe Suid Afrika bou en julle het allerhande stroopsoet beloftes!!

    Kom hierdie oom vertel julle fortuin vir julle. Julle is jaloers en galsterig want geen ander lekeprediker of prof dokter kon ooit soveel mense trek nie! Ook nie eers julle Afrikaner afgod-tempel Loftus Versveld nie. Maar kom 16 Desember wil julle die sontempel op die hoogte volpak en kyk hoe skyn die son op ’n doodskis vol stink bene en dan kom julle baie vroom en heilig voor.

    Sies.

    Het julle nog nooit Hebr 4:12-13 gelees nie? God is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart, en ons is almal oop en bloot voor Hom met wie ons te doen het.

    Julle spoeg gal oor Angus net omdat julle sondes anders lyk as syne.

    Ek vra jou, het jy al met God versoen deur Jesus Christus?

    As jy vanaand doodgaan voordat jy met God versoen het, is dit GAME OVER vir jou, dan draai en braai jy in die hel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top